Kameel – Vlug

depositphotos_45478049-stock-photo-crisis-management

Die wêreld staan op sy kop. My huishulp is al ‘n maand afsiek; sy het ‘n miskraam gehad – fetus was in tube – en sy word Donderdag  opereer. Ja, die  strykwerk het opgehoop en die voëlnes is net bolangs skoon. Nee, geen  besoekers op die oomblik nie dankie!!! Die tuin is oorgroei met onkruid… en tamatieplante wat alles om hulle toerank. Ek moes ‘n foto  geneem het as bewys van die oerwoud, maar vir vandag het ek ‘n tuinman en sy vrou gehuur om my te red van myself. Intussen was daar die skok dat die stilkind swanger is. Vir die wat haar storie ken hoef ek nie meer te sê nie. Uiteindelik kom aanvaarding, en toe begin die boodskappe… die swangerskap verloop nie goed nie. Sondag het sy ‘n miskraam gehad. Haar hart is bitter seer. “Hulle het hom sommer langs die asdrom gegooi,” huil sy. En dan is daar Ken!!! Terug van Polokwane, en die man is in soveel pyn dat hy sommer Sondagoggend noodgevalle toe gaan. Hy kom terug met sy arm en been geharnas. Hy kan homself nie help nie; nou sit ek met ‘n baba in die huis… ‘n baie groot baba bygesê. Dokter reken daar wag ‘n knievervanging en skoueroperasie op hom. As julle my soek… nee wag ek gaan nie sê waarheen het ek gevlug nie.

Mood loop!!!

26 gedagtes oor “Kameel – Vlug

  1. woordnoot

    Sorry dat ek weer agterossie speel, Kameel….my hart is seer saam jou kind. En dan wens ek jou ALLE sterkte toe met die nuwe “baba” in die huis…..sterkte sommer net vir jou ook net omdat ….jy dit nodig het, en omdat jy dit verdien..

    Liked by 1 person

    1. Dankie Woordnoot. Kan ook soos Hester sê voel asof 2020 vroeg vroeg my wind uitgeslaan het. Meteens kom die liedjie “My God is so groot, so sterk en so magtig, daar is niks wat my God nie kan doen,” in my gedagtes op. Dis waar ons hulp lê!!! Ons gaan ok wees.

      Like

Gesels met my ...