Kameel – Sport

Scrapy se Maandag = Wasdag No 24. Sport/s

arc-de-triomphe-2630583_1280

Mý ousus was die sportiewe een… en die mooi een… en die slim een…en die voorbeeldige een, en…. wag waarheen voeter ek nou, ons gesels oor sport. Sport!!! Watse sport? O ja, ek het mos op laerskool korfbal gespeel… doel gegooi… die meeste mis, maar darem. Die beste deel van korfbal speel was halftyd se lemoenskyfie.

Laerskool atletiek was ek in die Kareespan. Na al hierdie jare onthou ek dit nog… merkwaardig!!! Ek het vroeg vroeg uitgeval, maar ek onthou een voorval. Ek het met die aflosstokkie gehardloop en langs my het ‘n langerige seun gehardloop. Daar was net hierdie iets in my wat besluit het hy gaan my nie wen nie. Dit was soos ‘n energieinspuiting. Ek het hom gewen. Was daar ‘n Arc de Triomphe sou ek soos ‘n wafferse oorwinnaar nie langs nie, maar onder hom deurmasjeer het, met die verowerde seun geketting, en kop onderstebo agter my aan. Hoor julle die skare, die applous!! Nie? Helaas, laat my terugkeer werklikheid toe… jip, ek het hom gewen en was baie bly daaroor. Eintlik was ek in ekstase.

Hoërskool het my nie op ‘n sportveld gesien nie. Helpmekaar Hoër Meisieskool was ‘n prestige skool, so ook die seunsskool. Hulle het ‘n gedugte atletiekspan gehad wat gewoonlik met interhoër die beker huistoe gebring het. Gelukkig het ek van al daardie gesing, en geskreeu op die pawiljoen, om nie eers te praat van die pragtige dirigente nie, gehou. Ek sê gelukkig want dit het vir my in die toekoms lê en wag met Marlé en Kenneth wat vanaf graad 1 tot matriek hulle skole op die atletiekbaan verteenwoordig het. As ma was ek ‘n ywerige toeskouer… oorywerig miskien, maar hulle kannie vandag na my vingerwys en sê ek het nie belanggestel nie.

Ek weet nie of tafeltennis as ‘n sport tel nie, maar een ding weet ek, ek het daarin uitgeblink en die manne by die werk les laat opsê. Hoekom voel my hart ewe skielik so warm hier binne my?

Mooi loop!!

13 gedagtes oor “Kameel – Sport

    1. Dan het ek darem in een sport presteer. Moet my eie beuel so bietjie blaas. Ek moes teen die mans speel want ek was te sterk vir die vrouens. Toe wil die klomp my insktyf vir kompetisies maar ek wou niks weet nie. Het juis so daarvan gehou omdat daar kompeterend wel, maar vir die lekker onder ons klomp gespeel is. Ai waar is al daardie energie nou?

      Like

      1. Ek sit op oomblik op ‘n plot in Polokwane. Maar moet sê daar is nie stilte nie. Hier is 15 swart kindertjies hier. Deel van huis is ‘n koshuis. Maar ek sien darem bokke en hoenders en mielies en voëls. Sal jou strand verkies 😊

        Liked by 1 person

      2. Ag, jy weet wat hulle sê: a change is as good as a holiday. Ek het net vanaand vir my seun gesê ek kom Aprilmaand by hom in Johannesburg kuier vir ‘n week. Ek het ‘n vakansie nodig. Nie noodwendig by die see nie, want dit het ek die hele dag om my.

        Liked by 1 person

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s