Kameel – Kluisenaar No 7 – Ontmasker

Screenshot_2020-01-25-16-15-41-1

Rebusfontein slaap nog toe Camilla aan No 4 se voordeur klop. “Kom kom Kameel, roer jou,” prewel sy half ongeduldig. “Camilla!!!” Die blye stem laat haar omdraai. Bruingebrand, met ‘n breë glimlag om sy mond en albei hande na haar toe uitgestrek kom Lorenzo die tuinpaadjie afgestap. “Lorenzo!!” roep Camilla bly uit. Hy spring die paar trappies tot op die stoep en kom voor haar tot stilstand. Dat hulle bly is om mekaar te sien is duidelik. Vir ‘n paar oomblikke staar hulle net na mekaar, dan lig Camilla haar hand en met haar wysvinger trek sy saggies oor die kontoer van sy gesig. “You look well Lorenzo.” Sy hand sluit om hare – sy lippe streel saggies oor haar vingers. “Camilla,” sê hy met ‘n skor stem, sy oë brandend in hare. Camilla sluit haar oë. Sy hoor weer Kameel se prediking soos sy dit altyd noem. “Jy los Lorenzo uit Camilla… die Towerinne sal jou verkwalik as jy sy hart breek en hy moet terug na sy ma toe in Italië.” Camilla sug, trek haar hand uit Lorenzo s’n en vra waar Kameel is dat sy nie die deur oopmaak nie. “I not no,” antwoord Lorenzo. “I on holieday wif Hester, I come home last nite.”  Dit blyk spoedig dat Lorenzo ook opsoek is na Kameel want in opdrag van Hester moet hy en Kameel agter die kluisenaar se identiteit kom. Camilla is dadelik die ene opgewondenheid. “Oooooo ‘n kluisenaar… dit klink so romanties” sug sy behaaglik.

Die Towerinne is hard besig om reg te maak vir die musiekaand by Vuurvliegie aan huis. Toorts gaan sing, Perdebytjie klavier speel…. en dan praat almal oor die kluisenaar wat viool gaan speel. Die ure gaan te stadig om maar uiteindelik is almal behalwe die kluisenaar in Vuurvliegie se sitkamer vergader. Dit lag en gesels met meer animasie as gewoonlik. Almal staan met ‘n groen drankie in die hand… dit is behalwe Camilla en Lorenzo. Die oomblik toe Woordnoot ‘n drankie met ‘”proe net hoe divine,” in haar hand gesit het, het Lorenzo dit by Camilla weggevat. Sy het hom verbaas aangekyk, wou protesteer maar hy het sy kop geskud en vir haar ‘n glasie wyn geskink. “Not you drink dat green stuf, it no good Hester say.” Una was toe net besig om aan almal te vertel hoe Hester se visse geleer het om agteruit te swem, dus het Camilla dit vir eers gelos. Sy sou wel deur die aand tyd kry vir groen drankies… laat die kluisenaar net eers kom.

Die vertrek raak stil toe ‘n mansfiguur in die deuropening verskyn. Vanwaar sy staan kan Camilla nie sy gesig sien nie, net die swart hare wat netjies oor sy skouers hang. Hy buig dan hier oor ‘n hand, glimlag daar, sê iets vir ‘n persoon wat haar laat lag. Heel duidelik kan die Towerinne nie wag vir hulle groetbeurt nie. “Hy beweeg soos ‘n koninlike tussen sy onderdane,” fluister Camilla vir Lorenzo wat langs haar staan. Sy vergeet hy verstaan nie Afrikaans nie. Uiteindelik kan sy die man in sy geheel sien. Lank en atleties gebou. Sy wit “poet shirt,” en swart langbroek pas perfek by sy lenige liggaam. “Oooooo wat ‘n kluisenaar!!”  prewel Camilla. “Geen wonder die Towerinne is skoon liries oor die man nie.” Sy glimlag skalks en draai weg. Hy moenie dink sy is een van sy onderdane nie. “Kom ontmoet vir Camilla,” hoor sy Vuurvliegie sê. Stadig draai sy om. Die oomblik toe hulle oë ontmoet snak Camilla na asem. “Alexander,” prewel sy verskrik en tree terug. Die wynglas val uit haar hand en breek in skerwe op die vloer. Was dit nie vir Lorenzo se vinnige reaksie nie sou sy nie staande kon bly nie. Hy alleen het die triomf in die kluisenaar se oë gesien toe Camilla aan hom voorgestel is. Met sy arm styf om Camilla se middel kyk hy die kluisenaar uitdagend aan aan sê ferm, “Meet MY Camilla.” Met oë vol haat kyk die kluisenaar terug, maar dan glimlag hy en hou sy hand na Camilla toe uit. “UITEINDELIK!!!…. ontmoet ek die skone dame wat ridders se voete onder hulle uitslaan.

Die aand is vir Camilla ‘n marteling. Waar sy met neergeslaande oë sit, met Lorenzo soos ‘n lyfwag langs haar stoel voel sy “daardie” oë op haar. Perdebytjie sug behaaglik toe die kluisenaar sy lang hare in ‘n poniestert vasmaak. Hy neem die viool en die volgende oomblik vul hemelse klanke die lug. Die Towerinne gryp na hulle sneesdoekies en laat hulself wegvoer na kammaland. Camilla weet daardie oë is op haar gerig. Of hy nou deur die aand gaan viool speel, of met sy bariton stem Towerinne gaan betower, hy gaan na haar kyk soos hy oor die koninlike etenstafel na haar gekyk het. Soos hy by elke bal na haar gekyk het… en soos hy daardie dag oor Marco se lewelose liggaam na haar gekyk het. Sy moet wegkom, maar waarheen?

Met die verskoning dat sy ‘n hoofpyn het is Camilla vroeër huistoe. Die straat is stil, net haar en Lorenzo se voetstappe weerklink op die teerpad. Sy is bly vir sy beskermende arm om haar, maar besef dat dit net tydelike vertroosting bied. Sy begin praat, vertel hom van Marco en haar lewe in die paleis. Hy onderbreek haar net eenmaal. “You luv him Camilla?” Sy skud haar kop, dan antwoord sy stilweg. “Yes Lorenzo, I loved him…. but he is dead.” Hulle was baie gelukkig vertel sy totdat sy ouer broer teruggekeer het van sy jarelange wêreldtoer. Hy is ‘n bombastiese, wrede mens wat ook die vermoë besit om mense om sy pinkie te draai. Hy was eers kwaad oor Marco se “common” vrou, maar een aand op ‘n bal het alles verander. Daardie aand het hy haar gevra om te dans. Hy het haar te styf vasgehou, in haar oor gefluister dat Marco nie mansgenoeg is vir haar nie. Dat hy van plan is om haar syne te maak. Sy het sovêr moontlik uit sy pad probeer bly, gehoop dat sy maniese fassinering sal verby gaan maar dit het nie. Een aand het hy en Marco woorde gehad. Sy kon hoor dit was oor haar. Die volgende dag het die mans gaan jag, en Marco is oor die rug van sy perd dood teruggebring. Dit was ‘n skietongeluk het die verslae mans gesê, maar sy het in Alexander se oë die waarheid gelees.

Tannie Frannie sal jy asseblief verder vertel.

Mooi loop!!

36 gedagtes oor “Kameel – Kluisenaar No 7 – Ontmasker

    1. Dat ons nou in Rebus met so ‘n karakter deurmekaar moes raak. Ek het van die begin af nie lekker oor die man gevoel nie. Hy was vir my net te glad. Weet nie wat Camilla nou gaan doen nie. Die Towerinne gaan dit swaar vat…. hulle is gemesmerized.

      Liked by 2 people

  1. Sjoe, watter fantastiese kinkel in ons kluisenaardrama, wat nou begin neig na ‘n Griekse tragedie – g’n wonder die vent se naam is Alexander nie! Ofskoon ek my vir Camilla vervies het oor die arme weerlose Lorenzo, het ek gewonder oor haar onderliggende hartseer. Gee my so ‘n dag of twee om te dink, julle…

    Liked by 1 person

  2. Briljant Kameel. Ek is bly Lorenzo is daar om beskerming te bied. Ek het nog altyd gewonder oor mans wat so maklik ‘n vrou se snare stryk. ‘n Viool. Ek bedoel ‘n viool. Hoor hier, het jy vir Positief by die partytjie gesien – het Lorenzo haar gaan haal daar by die “vlieënde piering”?

    Liked by 1 person

    1. Ek verstaan…. ‘n viool Hester, ‘n viool 😂😂😂 Positief was by die partytjie ja… bekommer my oor daardie groen drankies wat sy so wegslaan. Haar voete is definitief nie op die grond nie. Dis wat Lorenzo vertel… Kameel moes mos ook terug rêrige wêreld toe.

      Liked by 1 person

  3. Iets van alles! Amper mis ek weer uit om te lees. Ek volg jou dan en het niks kennis gekry nie. Ek voel sommer beswaard oor die manier waarop die elendige Alexander Camille behandel. Sy is mos een van ons en ons kan nie toelaat dat daardie misbaksel iets met haar gaan doen nie. Jy het n reuse sukses van jou vertelling gemaak, kinkels en al.

    Liked by 1 person

    1. Ek dnk jy slaan die spyker op die kop Positief. Dis definitief dit met die baie alkohol daarin. As van Gogh sy oor kon afsny onder die invloed…. verstaan ons al die hallusinasies. (spelling) So by my kool jy het agter die geheim gekom.
      .

      Liked by 1 person

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s