Kameel – Geskenke

Scrapy se Maandag = Wasdag Uitdaging. Geskenke

1991 -0062

Dit is nie dat ek nie dankbaar is vir geskenke wat ek ontvang nie… inteendeel, maar ek is nie een van daardie mense wat op en af spring en hulle hande saamklap van opgewondenheid nie. Jay is so, en dis ‘n belewenis om haar dop te hou. Geskenke is vir my iewat van ‘n nagmerrie… ek weet nooit wat om vir ‘n ander persoon te koop nie. Die kinders se verjaarsdae en kersfees het nooit vir my om geskenke gedraai nie, veel eerder die feestelikheid rondom die geleentheid. Die vroeg opstaan terwyl almal nog slaap. ‘n Skinkbord dek met ‘n blommetjie, en natuurlik ‘n sjokolade. Vrugtesap en ‘n lekker ontbyt. Almal behalwe die verjaarsdagkind word wakker gemaak, en met oë nog dik van die slaap en lang gape word die “kind” wakker gesing. Daar word gesoen, gedruk, gelukgewens en saam met die ontbyt ‘n geskenkie oorhandig. Die verjaarsdagkind weet dat hierdie net die begin is van ‘n dag vol lag en speel. Daar word nie op jou verjaarsdag gewerk nie was een van Kameel se wette, dus kon dié die kind skool toe gaan sonder om bed op te maak. Wat ‘n geskenk!!! Met die huis uiteindelik stil word ‘n koek gebak, en alles in gereedheid gebring vir die middag se partytjie. Om al die speletjies uit te dink, en reg te maak daarvoor was die lekkerste lekker. Ek kon myself uitleef en dit was my geskenk. Wat ‘n heerlikheid was dit om die middag saam met my kinders en hulle maatjies om te speel. Die hele dag was een groot geskenk. Wanneer ek oor my lewe terugkyk besef ek dat kinders een van die grootste geskenke in my lewe was. My skoonseuns mor en kla oor die ontbyt wat hulle moet maak wanneer een van my dogters verjaar. “Ma het hulle bederf, en nou sit ons met dit.” Die beste was Chanté wat heel ernstig vir haar baas gaan sê het sy kom nie die volgende dag werk nie want sy verjaar. Jy kon hom seker met ‘n veertjie omtik toe sy verder verduidelik dat haar ma sê jy werk nie op jou verjaarsdag nie. Hy het dit ewe gedweë aanvaar. Nog groter was sy verbasing toe hy op sy verjaarsdag inkom en ‘n feestelike tafel met lekkernye wag hom in. Die personeellede het vir hom gesing, en nadat almal geeët en drink het, het hy gehoor Chanté het al sy vergaderings geskuif en dat hy huistoe kan gaan waar sy vrou hom inwag om verder te bederf. Is dit nie ‘n heerlike geskenk nie?

Daar is egter geen groter geskenk as Jesus Christus nie. God se geskenk aan die wêreld as ons Hom net wil aanvaar.

Mooi loop!!

20 gedagtes oor “Kameel – Geskenke

  1. woordnoot

    Ons het grootgeword sonder verjaarsdagpartytjies en groot hoeha. Ek kan my verluister as ander mense praat oor dit. Hartseer genoeg is dat ek ook nie my kinders blootgestel het aan verjaarsdag vieringe nie…tot so mate dat my seun my verjaarsdag elke jaar vergeet!

    Liked by 1 person

    1. Ag Woordnoot jammer maar ek wou nou lag. Ek was seker so twaalf jaar oud toe ek somder enige feesviering verjaar. Die middag na skool het ek versiersuiker en water aangemaak… dot op mariebeskuitjies gesmeer en opmekaar gestapel. Ek het ‘n kersie êrens in ‘n laai gelry hom bo-op gesit aan die brand gesteek en daar ‘n belofte gemaak dat my kinders eendag sal weet hulle verjaar en dis spesiaal. My kinders hou die tradisie lewendig met ontbyt en partytjies vir hulle man en kroos. Daaroor is ek baie bly.

      Liked by 1 person

      1. woordnoot

        Daar was n tyd toe dit my seergemaak het veral omdat ek een week voor Xmas verjaar en ek net een geskenkie gekry het sommer vir altwee geleenthede maar my sus verjaar in maart dan het sy iets gekry….nou lag ek daaroor. Ek het darem vir my twee bloedeie kleinkinders regte partytjie gehou met hulle 1e bday…sal nou in Aug weer Jaelin se bday vier…..

        Liked by 2 people

  2. Ek het gisteraand n hele stukkie geskryf as antwoord toe besluit die Laptop om te dooi! Was skoon ontsteld daaroor. Nou kan ek nie meer onthou wat ek gesê het nie. Weet wel dat dit vir my n mooi stukkie is. Ons het ook nie partytjies gehou en ek het darem vir Bertus altyd n spesiale ding gedoen. Aaaa nou onthou ek wat ek gesê het. Jou laaste sin is die grootste geskenk wat ons as mense ontvang het. Geniet jou dag. Ek gaan met Trompman loop en dan aandete maak!

    Liked by 1 person

  3. Terugklingel: Maandag=Wasdag no 23: Hand/e/werk – Kreukels en plooie

Gesels met my ...