Kameel – Drome

Scrapy se Maandag = Wasdag Uitdaging No. 21.

Drome. Was slaap maar soos na ‘n narkose inspuiting… daardie wegsak in niks. Maar nou vat slaap jou na ‘n droomwêreld toe. ‘n Droomwêreld waar jy kan vlieg, al wil jy nie. Dieselfde tipe droom kan vir jare aanhou en dan een nag verander dit eensklaps en jy is op ‘n nuwe droompad.

Was ek maar een van daardie mense wat sê hulle droom nie, of as hulle droom weet hulle nie daarvan nie. Ek droom al gaan lê ek net skuins vir ‘n halfuur. Die laaste paar jaar verdwaal ek. Daar is altyd hierdie massas mense, hier en daar ‘n bekende gesig (gewoonlik dié famililede wat al oorlede is) en ek wat tussen mense en geboue my pad soek. Dis frustrerend, erger as die drome waar ek vir jare nie beheer oor die motor het wat ek bestuur nie. As ek nie in ‘n boom vasry nie, het die motor nie remme nie, en ek moet remloos my pad tussen ander voertuie deurvleg. Nee wat, droom is sommer ‘n spul nonsens.

Daar is egter dié drome wat God jou gee. Wanneer jy wakker word is die droom duidelik, en dit hou ‘n boodskap in. Gewoonlik is dit ‘n waarskuwing oor wat gaan kom. So het ek jare gelede ‘n droom gehad waar die Here my nie net gewys het wat gaan gebeur nie, maar ook hoe ontsettend moeg ek gaan wees. Ek het met ‘n kort blou nagrok, deurmekaar hare, kaalvoet, en grimeerloos op die kerkbank lê en slaap. ‘n Engel het gesê “Die Here sê jy is moeg.” En dis presies waar ek my nou bevind. Dit wat ek in die droom gesien het, het deur die jare gebeur…. en ek is moeg. Baie, baie moeg.

Mooi loop!!

25 gedagtes oor “Kameel – Drome

  1. Kameel ek verstaan jou moegheid. Dit kom saam met al daai ander drome se lang pad wat jy gery of geloop het, obstacles in jou pad gehad, in boom vasry. Ek dink mens ry soms in die lewe in ‘n situasie vas wat mens so tot stilstand ruk. Die struggle om heel op die regte pad te bly is soms onmenslik. Maar jy is ‘n wenner en ons klompie staan langs die pad om onder jou arms in te skuif sodat jy saam met ons oor die wenstreep kan gaan. Ons is lief vir jou en bid dat jy rus in Hom sal vind en sommer weer recharge sal word.

    Liked by 3 people

  2. Ai, Kameeltjie, ek wens ek kon help om jou laste te verlig…drukkie.
    Op ‘n vroliker noot, ek droom baie keer ek is poedelkaal en loop tussen mense rond en niemand sien my raak nie. Dis altyd ‘n verligting as ek dit besef en natgesweet wakker word. Miskien moet ons ‘n nudistekamp naby Rebusfontein stig. Ek sal die eerste klant wees😄😄

    Liked by 1 person

  3. Drome, snaaks hoe selfs mens se drome seisoene het. Ek is ook ń dromer, hierdie tyd kuier-droom ek, by almal wat ek liefhet en wat ver is, vreemd, een plek op ń keer. Kameel, ons kan net vashou en in Sy rus ingaan. Na waters waar rus is en wees stil en weet dat God by jou is, let go and let God. Stywe drukkies.

    Liked by 1 person

  4. Terugklingel: Maandag=Wasdag: no 22: Geskenk/geskenke. – Kreukels en plooie

  5. Terugklingel: Kameel – Kluisenaar No 7 – Ontmasker – Kameel se gebabbel

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s