Kameel – 2020 “BANG”

Scrapy se Maandag = Wasdag Uitdaging No 20. Eerste 2020 Indrukke

Die nuwe jaar is stilletjies betreë. Geen “Big Bang” om 2020 aan te kondig nie. Soos enige ander dag was ontbyt ‘n vervelige bakkie Post Toasties. Ek het aan my ouerhuis gedink.. miskien bietjie terugverlang na die familiepieknieks waaraan my ma so vas geglo het. Nuwejaar word met ‘n piekniek afgeskop. Lekker tradisie, maar ons is lankal verby sy vervaldatum.

Daar was ‘n demper op Nuwejaarsdag. Ons kleinseun sou vanaf 28 Desember tot 4 Januarie by sy beste vriend in die Kaap aangesluit het vir ‘n wegbreek. Die vliegtuigkaartjie was klaar gekoop toe die vriend se pa in die hospitaal opgeneem is vir breinkanker. Hy is kort voor middernag op Nuwejaarsdag oorlede. Ons kleinseun het sy vriend al die pad bygestaan, maar ons kon sien en hoor hoe diep dit hom geraak het. Skoonseun wou hê ek moet die vliegtuigkaartjie gebruik en vir my seun in die Kaap gaan kuier. Op die einde het ek die kaartjie aan ‘n vriendin gegee wat familie in die Kaap het. Die een se dood is sowaar ‘n ander se brood. Sy was diep dankbaar oor die geleentheid wat uit die bloute haar kant toe gekom het.

Vir julle wat die stil kind se storie ken weet dat dit nie goed gaan met haar nie. Haar keuses in die lewe het haar, haar twee dogters gekos, en sy lewe al jare saam met ‘n man wat aan haar slaan, en nie geld in bring nie. Haar omstandighede is nie goed nie. Die 3de Januarie bel ek haar. Ek ken haar goed genoeg om aan haar stemtoon te hoor sy steek iets vir my weg. Ek praat verby dit en nie lank nie toe vee ek trane af soos ek lag. Sy het van kleinsaf die gawe gehad om ‘n gewone ding te vertel dat dit soos ‘n komedie voor jou oë afspeel. Sowat ‘n halfuur later kry ek ‘n whatsapp boodskap. Sy het iets om my te vertel. Sy is swanger!!! Het ek werklik gedink 2020 het nie met ‘n “BANG,” afgeskop nie. Ek was sprakeloos. Ek was terug by daardie dag negentien jaar gelede toe sy as agtienjarige “kind,” vir my vertel het sy is swanger. Ek onthou haar woede toe ek haar gesmeek het om die baba te laat aanneem. Jare later sou sy vir my sê sy moes na my geluister het. Sy is nou ouer – trek veertig se kant toe – maar haar omstandighede is niks beter nie.

Dit is dan hoe 2020 begin het. Ek gooi handdoek in… die pad is te lank, te rof, ‘n ‘n DIK!!! maar volgens dit wat Bondels op die Towerinne se FB geplaas het, moet ek die handdoek vat, my gesig afvee en aangaan. Ons is amper daar.

Mooi loop!!

21 gedagtes oor “Kameel – 2020 “BANG”

  1. Ag Kameeltjie….. ek is so jammer as my mond te gou oopgaan. Dis net daai prentjie het my aangemoedig en ek het gehoop dit sal julle ook hoop gee.
    Ek het iewers raak gelees dat saam met so iets is daar altyd reeds ‘n antwoord of oplossing byderhand. Ek hoop julle kry dit vinnig raakgevat. Ek stuur drukkies

    Liked by 1 person

    1. Jou boodskap het weer moed gegee Bondels. God bly in beheer. Vir Hom gesê as Hy voor die grondlegging reeds besluit het oor elke mens moet ek aanvaar hierdie kind was deur Hom beplan. Ek weet net nie hoe die mensie in daardie omstandighede gaan grootword nie. Dis ‘n siel met ‘n ewige destiny… nie net ‘n oulike bondeltjie om mee pop te speel nie.

      Like

  2. Jy begin met die pieknieks en dan kom BANG jy met die nuwe verwagting. Ai mensig wat kan mens se. Is ook soos jy se Die pad is reeds uitgele voor die geboorte. Jy kan dalk maar n groot aandeel he met die grootmaak. Probleem is sulke mense/kinders vra nie sommer hulp nie. Net af van die punt af. Ek het die wonderlike ondervinding gehad om ons nuwe babie se hartjie te sien klop. Die outjie is nou 13 weke.

    Liked by 1 person

    1. Gaan Bea ‘n boetie/sussie kry??? Wonderlik, daardie een het ek gemis.
      Sal nie werklik kan help met baba nie. Sy bly in Krugersdorp, ons in Pretoria Oos. Sy sê nou die fag vir my sy het vir haarself in die spieël gekyk en gewonder hoe het sy op die plek gekom. Sy is so anderste grootgemaak. Keuses, keuses, keuses was my antwoord.

      Like

      1. Jong die Bea boetie of sussie hou ek maar bietjie stil vir ingeval ek weer moeilikheid optel. Hul(eintlik my seun) het darem vir my die sonar foto gewys en opname laat luister.
        Ja jong, daardie besluite wat geneem word. Bertus was op n stadium ook in n stormagtige verhouding gewees waar ouers maar rof was en die meisie het probeer wegsteek. Hy trek toe by hul in en ek gaan kuier. Konnie glo waarin hy hom begewe het nie. Dis toe waar hy op die einde by sy huidige vrou uitgekom het wat hom eintlik soort van ander een afgevry het. Haha, nou vertel ek vir jou n lekker storie. Kinders dink mens is stupid! Ek kon hom darem van daardie wilde een half red omdat hy nie meer geweet het wat om te doen nie.

        Liked by 1 person

      2. Ai Scrapy die lewe loop maar snaakse draaie. Bly jou seun het die strik vrygespring. Toe die stil kind se eerste huwelik op die rotse geloop het (dit omdat sy met haar boeties wat in tehuis grootgeword het.. en die welsynswerkster haar gewaarsku het om nie kontak te maak nie) deurmekaar geraak het, was my raad aan haar om die kinders in ‘n Sondagskool te sit, en te kyk of sy nie by ‘n Christelike groep betrokke kan raak nie. Waar gaan sy toe heen? Na ‘n club toe waar sy haar huidige partner ontmoet het. Hy was ‘n bouncer. Lang storie kort… haar man (na tien jaar is sy nog nie geskei nie) het kort daarna die twee dogters kom vat, en grootgemaak. Sy en gewese bouncer bly nou in ander mense se agterplaas. Nou wat help dit die welsyn het haar op 16 maande weggevat by haar ouers wat haar nie kon versorg nie… by ons laat grootword..maar sy bly keuses maak wat haar terugvat na dit waaruit sy as kind gehaal is.

        Like

      3. Dis tog interessant dat sulke persone regtig n sterk teensin moet kry in die harde lewenswyse. Hul kry dit reg mbv hulp terwyl die wat terugval in ou gewoontes nie regtig gehelp of belangstel om te verbeter nie. Het gesien met my buurvrou ook. Tydperke as mens haar ondersteun het en gehelp het het sy regtig verbeter met haar leefwyse. Dan spring die drank en daggarook weer aan die werk en mens kan haar gladnie bereik nie. Baie hartseer om dit so te sien.

        Liked by 1 person

  3. woordnoot

    BANG! Ek verstaan daai een van ‘n swangerskap wat aangekondig word op die tyd wat mens dit nie minste kan verstaan/verwag/bekostig. Ek was Februarie verlede jaar daar. My dogter het ‘n aborsie oorweeg, was by die kliniek maar hulle kon nie die baba kry nie. Net daar het sy besluit om haar te hou en vandag sien ek hoekom…..my kind se fight is terug en sy het weer rede om te lewe. Sterkte vir jou…..en ek hou van jou antwoord: Keuses…..

    Liked by 1 person

      1. woordnoot

        Glo my….ek wou nie verstaan dat daar ‘n doel is daarmee nie. Het net vasgekyk teen finansies en n klomp goed…ons dogtertjie is die ster van die familie….

        Liked by 1 person

  4. Terugklingel: Maandag=Wasdag no 21 2020: Drome – Kreukels en plooie

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s