Scrapy se Maandag = Wasdag Uitdaging. Sintuie
Die soet reuk van die Murraya Exotica se blomme hang nou al vir ‘n paar dae swaar in die lug. Dis nie net ‘n mooi gesig nie, maar ook ‘n lieflike geur wat die lug in en om die huis vul, en al jou sintuie aantas. Nog donker vanoggend word ek wakker en so oorweldigend is die reuk dat ek my vir ‘n oomblik verbeel ek lê op ‘n bed van wit blommetjies, en kan die sagtheid daarvan onder my vingerpunte voel. Ek asem die reuk diep in en proe die soet op my tong. Dit laat my aan Salomo en die Shulamite vrou se liefdesverklarings dink. Hoe wonderlik dat God ons die vermoë gegee het om al hierdie dinge te geniet. Dan hoor ek dit; ‘n voëltjie begin sy dag met ‘n loflied aan sy Skepper. Stadig maar seker ontwaak die wêreld en ek wonder of ons aardse aanbidding aan ons God nie ook voor Hom opstyg soos die lieflike geur van die Murraya Exotica nie.
Mag hierdie Kersgety vir julle ‘n lieflike geur afgee, wat julle nog lank sal bybly.
Mooi loop!!!
Baie mooi geskryf. Voel ruik en hoor alles duidelik.
LikeLiked by 1 person
Dankie. My dogter hulle is oppad terug van vakansie. Sy gaan nie vyf minute hier wees nie dan soek sy ‘n anti hestamien pil. Haar woorde is altyd “Daardie boom van mamma!!!” Ek moet ook in hierdie tyd die pille sluk, maar die mooi en heerlike geur maak meer dan op vir die hooikoors. 😊 Lekker slaap.
LikeLike
Ja die liewe hooikoors. Ek is half genees lyk dit vir my(touch wood) Miskien is my sinusse nou doodgebrand van al die jare se genies en geproes as dit lente is. Lekker slaap en geniet Kersdag more.
LikeLiked by 1 person
Alles van die beaste vir jou en jou gesin ook, Kameel. Mag daar nog baie mooi geure in jou lewe wees.
LikeLiked by 1 person
Dankie Hester. Weet nie van jou nie maar na dié etery en kuier is ek nou poegaai. Vanaand roep daardie bed vroeg. Moeg of te nie, die soet reuk volg my. 😊 Vertrou julle het ‘n lekker dag gehad.
LikeLiked by 1 person
Heerlike lui dag, dankie Kameel
LikeLiked by 1 person
❤🌹🌹🌹🤗
LikeLike
Baie mooi, dankie vd deel
LikeLiked by 1 person
😊❤
LikeLike
Terugklingel: Maandag=Wasdag no 20: Eerste vir 2020. Eerste indruk/ke. – Kreukels en plooie