Kameel – Briewe

Scrapy se Maandag = Wasdag Uitdaging. Geskrewe Briewe.

icon-letter-envelope-design1

Nie my gunsteling onderwerp nie; ek hou niks van skryf nie. Daarmee bedoel ek met pen op papier skryf. ‘n Mooi handskrif is… wel mooi, maar dis nie my beskore nie. My krappery lyk baie na die van ‘n dokter. Miskien was my handskrif ‘n aanduiding dat ek ‘n dokter moes word – maar dis nou te laat. Liewe, ek kon ryk gewees het, nou moet ek sente omdraai want kinders was my voorland, en almal sal saamstem hulle bring nie geld in nie. Inteendeel!!!

Die brief waaroor ek die hartseerste is, is die een wat ek van ‘n vriendin ontvang, en nooit beantwoord het nie. Ons was van graad 1 tot matriek beste vriendinne. Ons paaie het uiteen geloop, en jare later ontvang ek ‘n brief van haar. Sy het my adres by my ma gekry. Haar dogtertjie se naam was Marlene. Net so oud soos my Timothy. Hulle het in Pretoria op die basis gebly. Veel meer as dit onthou ek nie. Hoekom ek daardie brief nie beantwoord het nie was seker oor my deurmekaar lewe.. Ek was swanger met die verlore seun, en nie in ‘n goeie spasie nie. Na al die jare soek ek nogsteeds na Pauline. Sy is die rede dat ek by FB aangesluit het.

Daar was ‘n boks briewe en die pragtigste poskaarte op ‘n rak in die stoepkamer op die plaas. Die poskaarte was in Hollands, van my oupa aan my ouma geskryf. Om te dink hy was ook ‘n jong verliefde man. Ek is so spyt ek het nooit hulle storie gehoor nie. Die briewe was liefdesbriewe van my tannie wat nog op universiteit was se kêrel. Sy sou ons seker afgeslag het, het sy geweet ons lees haar briewe. Daardie liefdesverhouding was een van die mooistes wat ek nog gesien het, en een met die hartseerste einde.

En dan was daar die briewe wat ek vir ‘n persoon in die tronk getik het. Hy het terug geskryf. My eerste brief het ek na ‘n predikant wat tronkdiens doen gestuur met ‘n briefie daarby dat daar miskien iemand is wat daarby baat sal vind. My idee was ‘n vrou, maar hy het dit vir ‘n man gegee. Die korrespondensie het redelik lank aangehou. Hy het nie oor die tronklewe self geskryf nie, maar redelik baie oor kinders, en oor sy drome wanneer hy eendag uitkom. Die predikant het gesê ek moet hom direk vra hoekom hy in die tronk is. Sy antwoord was vaag. Deur ‘n vriend van Ken wat ook tronkdiens doen vind ek toe uit hy is in die tronk vir kindermolestering… en net daar skop ek viervoet vas.

Ek en Ken het nooit vir mekaar briewe geskryf nie maar blokkiesraaisels gemaak. Daarin het ons dan gesê wat ons op die hart het. Nouwel nie die romantieste manier nie, maar romanties genoeg vir ‘n Engelsman, en beslis uniek.

Mooi loop!!

25 gedagtes oor “Kameel – Briewe

  1. Baie interessant die blokkiesraaisel vryery. Sal my nogal pas want eks mal oor blokraaisels. Jy het beslis n paar goeie stelle afgetrap met jou skrywery. Tog is dit n deel van die lewe wat nou verby is en seker nie weer sal terugkom nie. Dankie vir die deelneem jy is beslis n baie goeie deelnemer aan my uitdagings. Of jy daarvan hou of nie, jy doen dit en skryf iets. Tien uit tien vir jou. My laaste Wasdag gaan die jaar in oënskou wees. Jy kansolank daaraan begin dink.

    Liked by 1 person

  2. Terugklingel: Maandag=Wasdag no 19 van 2019: Sintuie – Kreukels en plooie

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s