Kameel – Partytjie

2019-11-30 19.52.35

My hart se punt kleinseun het agtien geword. Marlé het besluit sy gaan vir hom ‘n partytjie gee…. klaar!!! Niks se “Ag ma ek en my vriende en vriendinne kuier sommer hier by die huis,” nie. Ons dogters en hulle mans is lankal lus vir ‘n lekker dans… en hierdie was ‘n gulde geleentheid. Ouers en tieners  saam op die dansbaan. Niks “fancy” nie, net ‘n informele partytjie. Die lokaal is gehuur. Spyseniers vir ‘n spitbraai en bykosse gekry…. en natuurlik ‘n lekker DJ.

Alles het heerlik afgeloop. Die gees was uitbundig. Die musiek luid. Gelukkig is die tieners se “musiek” afgewissel met musiek waarop daar gesokkie kon word. En dan was daar musiek waarop ma’s die tieners se dans probeer naboots het. Skoonseun wou ‘n toespraak lewer, maar sy gemoed het te vol geraak…. die damwal het gebreek, en pa en seun het mekaar vasgehou terwyl hulle trane afvee. Nou goed, dit was nie net pa en seun wat gehuil het nie.

Mooi loop!!!

24 gedagtes oor “Kameel – Partytjie

    1. Dit was rêgtig lekker om ouers en tieners so saam te sien partytjie hou. Ek het lekker gelag toe my kleinseun kom vertel sy ma dring aan op ‘n partytjie met van sy vriende se ouers… en natuurlik sy tannies en hulle kinders daarby. Ek het vir hom gesê ek is bly want nou kan ek die klomp tieners sien dans. Dit was ‘n groot sukses…. en hy en sy vriende wat hier oorgeslaap het was Saterdag uit soos ‘n kers van moegheid.

      Like

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s