Kameel – Lovedaystraat

CoolClips_vc026687Lovedaystraat. Dit is waar dit alles begin het… die drama wat my lewensverhaal sou word.

By die bushalte voor die Lovedaykafee sit ‘n donkerkopmeisie en wag. Behalwe vir ‘n siel wat nog hier en daar ronddwaal, of ‘n motor of twee is Johannesburg se middestad stil. ‘n Blonde krulkopman verskyn op die toneel en neem sy plek langs die meisie op die bankie in. Die stilte tussen hulle getuig dat hulle mekaar nie ken nie – maar dan begin hy praat. Sy is heel duidelik nie skaam vir vreemdelinge nie, en gesels terug. Die bus daag op, en vertrek ‘n rukkie later met net hulle twee aan boord. By die tyd dat die bus Randburg binnery weet hulle al redelik baie van mekaar. Sy klim eerste af, wuif vir hom en stap oor die straat na haar ouerhuis toe. Sy sou sekerlik van hom vergeet het, het hy nie ‘n paar aande later by hulle voordeur opgedaag nie. Haar pa se vraende blik kon syself nie beantwoord nie. Dit blyk toe dat sy hom nie haar adres gegee het nie, maar wel gesê het dat sy oorkant die bushalte bly. Sy kuiers het meer gereeld geword. Hy was ‘n introvert, en sy ‘n defnitiewe ekstrovert. Hulle het van mekaar gehou, “verlief” geraak, mekaar vasgehou en gesòen. Wat sy nie geweet het nie was van die meisie in Krugersdorp met wie hy al twee jaar ‘n verhouding het. Hy was in ‘n tweestryd gewikkel waarvan sy salig onbewus was. Sy het daarvan gehou wanneer hy oor sy baie broers en twee susters praat. Veral die een broer wat in Hillbrow bly se stories het haar geammuseer omdat hy so wild was. Die horlosie het aangestap en nader beweeg na die “noodlottige” Saterdagoggend toe dié broer die Lovedaykaffee in Lovedaystraat binnegestap het.

Mooi loop!!!

32 gedagtes oor “Kameel – Lovedaystraat

    1. Dit was net vir my ironies dat soveel drama en trane in ‘n straat met die naam Loveday begin het. Nooit voorheen daaraan gedink nie. Nog meer intenser dinge het hulle oorsprong in Lovedaystraat gehad… maar ek is nog vêr van gereed om daaroor te praat.

      Like

      1. Ek moet skuus sê dat ek geskryf het oor iets wat ek nie nou kan klaarmaak nie. Die ironie van die straatnaam en die hartseerverhaal wat daar begin het, het my uit die bloute getref…. daarom die skrywe. 😐

        Like

  1. Kameeltjie dis wonderlik dat jy hierdie al kon neerpen, al was dit versigtig, seer. Jy het ‘n deel van my genesing gevolg. Jy weet dis terapeuties. Ek bid dat jy die courage sal kry om te skryf en te genees. Op jou en Dierbaarste se tyd en manier. Jy weet hier is liefmense wat jou storie sal omvou en troos wanneer jy gereed is. Jy is teer in my hart en ek maak jou toe met omgee gebed.

    Liked by 1 person

  2. Weet jy, nou het jy my hart diep geraak. Op ons ouderdom, as mens terugdink, kan mens nie glo dat jy tog op die einde oorwin het nie. My skrywe hierdie maand het my ook nader gebring om neer te skryf waarvoor ek heeltyd wegskram. Wegskram omdat die mense sê mens vertel nie sulke dinge nie. Tog is dit n deel van jou en jy kan dit nie wegwens nie. Daardie vervloekte broer wat nie daar moes wees nie kan nie weggewens word nie. Jy het egter so n mooi vloeiende skryfstyl dat dit moeilik is om nie daarvan te hou nie. WEns ek kon so lekker skryf. Baie liefde vanuit die poskaart wat die week heerlik warm is.

    Liked by 1 person

    1. Dankie Scrapy ❤ Dis moeilik in die sin van daardie diep under currents in ‘n mens se siel waar die werklike stryd gestry word. Wil ‘n mens dit oopmaak en vir ander wys? Lekker bly daar in jou poskaart!!!

      Like

      1. Daar gaan baie wees wat mens sal wil stenig of wil kapittel. Dis ook meestal die wat naaste aan jou is wat nie regtig alles wil weet nie. En in jou geval gaan dit jou dalk help om te verduidelik sodat gelifdes kan verstaan hoekom jy so optree in sekere omstandighede. Toe die eerste ouens begin om te sê hoekom het ek bv kon sê as jy geen sonde het nie kan jy maar die klippe gooi. Dan bly hul stil. Dis maar moeilik om te weet wat om te doen.

        Liked by 1 person

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s