Kameel – Slange en Paddas

20190502_0745384122567742364075296

Vuurvliegie se November Woordsnoer

Nie vir sensitiewe lesers nie. Jammer ek het bietjie vergeet van humoristies.

Vector illustration of a cartoon green frog thumb up for design element

Wanneer jy selfoon in die hand met jou ma in jou agterplaas loop en gesels, en jy trap amper op ‘n opgekrulde slang, gaan jy gil, ‘n paar blertse los en hardloop… of gaan jy met ‘n egalige stem sê, “Mom I nearly stepped on a snake. I’ll phone you back later I just want to move him to the field before the dogs get to him?” Eweso, sonder om jou stemtoon ‘n oktaaf te verhoog? Die eerste sal my reaksie wees, die tweede is die reaksie van ons Engelse seun teenoor alle ongediertes. In sy wêreld is Adoons met al sy trawante tot die kleinste miertjie welkom, en moet deur die mens beskerm word. Doom bestaan nie in sy woordeskat nie. Ek het gehoop hierdie houding van hom teenoor die gruwels op hierdie aarde is net groeipyne, maar toe nie… hy het links van die beskawing gebly.

Die probleem is ek en Ken gaan kuier weke lank by hom en sy gesin aan die Suidkus. Wetende hoe hy voel kan ‘n mens nie net doodtrap of ‘n oorveeg gee waar nodig nie… nee mens moet mooi kyk voordat jy moor of smoor. Asof die lewe nie genoeg sorge het nie!!! Dus word die vlieënde paddas gelos vir wanneer die huis stil en donker is. Hierdie nagtelike eskepades van Ken is soos dié van ‘n stout kind.  Ding is op hulle voorstoep is daar ‘n visdam waar al KZN se paddas in die nag bymekaar kom om vir die jaarlikse opera te oefen. Dis ‘n klug dat hulle in die nag by hulle noîens in die vlei gaan opsit!!!  Wegja help nie. Slaap is dus onmoontlik, en die volgende dag sit ek en Ken soos twee lomerige ou fossiele, te moeg om te lewe. Ons het saam gekoukus. Is daar nie een of ander doepa wat hulle sal verjaag nie? Wat van ‘n Lennon essens wat stembande vries? Waarop ons ookal besluit sal in die geheim gedoen moet word. Op die einde was die enigste oplossing dat Ken – gewapen met ‘n langsteel strandgrafie – na buite sluip wanneer dit veilig is en die paddas een vir een deur die lug laat vlieg tot oorkant die muur. Die sleutel moet natuurlik so stilletjies as moontlik in die slot gedraai word; die laaste persoon wat ons op die misdaadtoneel soek is die baas van die plaas. Daar steek ook nie ‘n tikseltjie waarheid daarin dat dit die kat is wat weer kom nie… dis paddas!!! Klokslag die volgende aand is hulle terug, en kwaak uit volle bors

“Die padda is ‘n kanniedood meneer aham…. Ons wou nog by Vuurvliegie haar liggie leen, toe trek ons deur die lug so een vir een aham….”

Mooi loop!!

https://fresh.inlinkz.com/p/b4994a70bde246a8aca2b9b45ddb2193

 

37 gedagtes oor “Kameel – Slange en Paddas

  1. Kameel ek gaan jou nou eers kapittel weens die leuns wat jy versprei. Dit betaam nie ‘n vrou soos jy, ‘n pilaar van die gemeenskap om so blatant vir ons te jok nie. Hierdie is definitief humoristies en goed geskryf. Die woordsnoer ding het al so bietjie oor getob, maar nee die woordsnoer gee my op my … uh snoer.

    Liked by 3 people

    1. Sorry Abrie wou nie jok nie… maar dit het vir my bietjie moordadig geklink om humoristies te wees. Dink nog bietjie… met jou humor gaan jy definitief vir ons ‘n treffer saamsnoer.

      Like

      1. Ek het altyd vir my kinders gesê hulle kan niks in die geheim doen nie want in die bybel staan dit die voëltjies sal vertel. Eers wou hulle my nie glo nie… toe lees ek dit vir hulle. Hopenlik werk dit nou nie so met ons geheim nie.

        Like

    1. Dankie Scrapy, bly jy het dit geniet. Ek het altyd gedink dit klink so mooi wanneer die paddas daar doer onder in die vlei op die plaas kwaak. Maar onderdak amper regvoor jou kamervenster is ‘n ander storie. Lekker slaap!!!

      Like

      1. Kan jou goed glo van die koor so onder die venster. Dis amper soos die katte wat so lekker inmens se tuin kom sit en kattermaai. Ons kry steeds nog reen en dis deur die nag nog regtig koud ook. Kinders kan bv nog nie swem nie omdat dit te koud is. Ek gaan beslis lekker slaap want dis Vrydagaand en more is dit Saterdag. Kan bietjie later opstaan. Jy moet jou dag en naweek geniet. Ek hoor daar het bietjie reën geval ook daar by julle.

        Liked by 1 person

      2. Sjoe jy het my nou deurmekaar gehad met die tyd. Hoe op aarde kan dit Saterdag wees wanneer jy opstaan!! Besef jy jy is ‘n dag ouer as wat jy in SA sou wees 😂😂😂 Ja, dit het heerlik gereën…. sommer lekker om te sien hoe groen is die gras. Ons het ook al baie baie warm weer gehad en dis nog nie eens vol somer nie. Word dit by julle ook soooo warm?

        Like

      3. Met die jare wat ek nou hier is het dit veral in Februarie warmer en warmer geword tot 35 selfs 40 grade wat ongewoon warm is vir hier. Selfde met die reën en droogte. Ons is nie gewoond aan die droë warmte nie. Nou vertel jy my van n dag ouer as in SA, ha ha. So as ek bietjie wil af wees moet ek SA toe kom om die dag weer te beleef.

        Liked by 1 person

  2. Terugklingel: Pampoenvergryp – Vuurvliegie se lekkervurigeaffêre

Gesels met my ...