Kameel – Ouma se hart

Gisteraand hoor ek ‘n ding wat sommer my hart in my skoene laat sak. My kleinseun op hierdie erf, my hart se punt gaan in Amerika studeer. Hoekom???? Hy sou uit die huis uit by Tukkies studeer. Alles was klaar beplan; sy eie kar waarmee hy kan kom en gaan. Al sy vriende gaan ook Tukkies toe. Hy was heel ingenome dat hy vanuit die huis kon studeer. Hy was nooit ‘n seun met “issues” wat so gou as moontlik huis wil verlaat nie. Vanaand sal ek groothuis toe stap en gaan hoor hoekom. Eers in Amerika gaan hy nie terugkom nie, dit sê my ouma hart vir my. Gaan hy verengels, met ‘n Engelse meisie trou, Engelse kinders grootmaak? Nou wat is dit nou met die Engels? Ek het dan Engelse kinders en kleinkinders!! Genoeg is genoeg… ek is moeg vir Engels!!! Wat het my besiel om met die Engelse deurmekaar te raak. My pa was reg oor die Engelse!!! Wat het hulle in elk geval in ons land kom soek? So woel en werfskaf dit deur my kop. Ek het netso moeilik my eie kinders laat gaan… maar hulle is net vanuit die platteland stad toe!!! Ek kon gaan kuier as die verlange te veel geword het.

Op ‘n ligter noot; Die ander ouma vertel vir ons twee kleindogters van die droogte, hoe die diere vrek, en boere sukkel. “Nou vir wat bid hulle nie?” vra vyfjarige Zanté. ‘n Rukkie later lag sy op ‘n vreemde manier. “En dié lag?” vra haar ouma. “Ek weet nie wat van my ander lag geword het nie, nou gebruik ek maar die een,” antwoord sy.

Mooi loop!!

18 gedagtes oor “Kameel – Ouma se hart

    1. Dis ook weer waar Una… ek wou so graag altyd oorsee gaan. Dis juis my kleinkind waarmee ek onder my arm die wêreld op Travel mee getoer het. Ons twee sou mos eendag die hele wêreld saam gaan sien het. Ek weet ek moet hom toelaat om te lewe… maar my arms sukkel om te los.

      Like

    1. Hello Abrie 😊 Wonder ook hoekom is jy so stil. Ek dink nie ek moet die wedstryd kyk nie… my man sê klaar hy weet nie eintlik wie hy wil hê moet wen nie. Ja, die liewe Ingelse 😂😂😂 Ek sal weer van hulle hou wanneer my hart tot rus gekom het oor my AFRIKAANSE kleinseun. Dit beter regkom… ek het ‘n klomp Engelse bloed kleinkinders. Mooi dag vir jou.

      Like

    1. Hierdie voorsmakie is ‘n bitter pil trommeltjies. Wonder hoe het die Voortrekkers se families gevoel om totsiens te sê met die wete hulle sien mekaar nie weer nie. Ons kan darem nog kontak behou. My hart sal een of ander tyd tot rus kom.

      Like

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s