Kameel – Die Donker Wolk

Screenshot_2019-10-23-09-20-52-1-1

Die deksel van die kis gee nie sommer mee nie; ek en Trommeltjies beur met alle mag om hom te lig toe die aarde onder ons meteens begin skud. “Waddehel!” roep Hester uit, en die ander Towerinne gil verskrik. ‘n Gerammel en die volgende oomblik lyk dit of die aarde op ons neerstort. Dis chaos soos almal gil, hardloop, buk, koes, hoes en proes. Dan volg doodse stilte. Stofbesmeer en met groot oë staar ons na mekaar, en dan na die gemors om ons. “Is almal veilig?” vra Una met ‘n dun stemmetjie. Niemand is lus vir grappies nie, dus word Toorts nie gevra om koei roll call te doen nie. Almal is daar, en niemand het seergekry nie maar die ingang terug na die tonnel toe het inmekaar gestort en ons sit vasgekeer. Was dit nie vir die uitgang buite toe nie was ons nou in groot moeilikheid. Op almal se gedagtes is daar net een ding, en dit is om so spoedig as moontlik uit die tonnel te kom.

Onbewus aan die Towerinne kom ‘n rooi sportsmotor stadig met die stofpad aangery, ruk ‘n paar keer en kom dan tot stilstand. Die blondine agter die stuurwiel gooi haar arms dramaties omhoog, kyk verwilderd om haar rond, en glimlag verlig toe sy ‘n polisieoffisier met ‘n hond voor ‘n hek sien sit. “Kolonel, hoe bly is ek om jou te sien!!” roep sy uit, klim uit haar motor en stap soos ‘n tevrede kat al heupswaaiend na hom toe. Louie Steyn vryf sy oë verward, en bekyk die pragtige visioen asof vanuit ‘n droom. “Kolonel, voel jy sleg?” Haar stem is besorgd en die hand op sy voorkop verwelkomend koel. Hy skud sy kop om die newels te lig, en kyk rond vir sy hoed. Camilla trek haar vingers liggies deur sy blonde kuif en help hom met die hoed. “Jy het nie koors nie… maar die son het jou goed bygedam. Wag, ek gaan haal gou vir jou water” en met die woorde stap sy kar toe. Louie Steyn sluk diep aan die bottel water, vee sy mond af en kom dan wankelrig orent. “Dankie dame.” sê hy so saaklik as moontlik. Heel duidelik probeer hy sy status herwin maar die blos op sy wange gee sy verleentheid weg. “Camilla kolonel, my naam is Camilla.” Hy probeer verduidelik dat hy nie ‘n kolonel is nie maar Camilla gee hom nie kans nie. Met groot oë kyk sy verby hom na die vervalle herehuis, en trek haar asem geskok in. Een treë en sy staan teen hom. “Kolonel is dit ‘n spookhuis?” vra sy grootoog, en so bang lyk sy dat hy sy arm beskermend om haar slaan en verduidelik dat dit net ‘n vervalle ou herehuis is. “Ek dink jy is ‘n engel,” fluister Camilla na aan trane. “Wat laat jou so sê,” vra Louie Steyn verbaas, “dink jy nie eerder jy was die engel hier nie?” “As my motor hier gaan staan het, en jy was nie hier nie,” ‘n rilling trek deur haar liggaam. “Jy is definitief ‘n engel kolonel!!” Heel duidelik is Louie Steyn weer by sy volle positiewe want op daardie oomblik – met Camilla so naby hom – voel hy pure man. “Wat is verkeerd met jou motor,” vra hy. Camilla trek net haar skouers op. “Nou goed kom ons gaan kyk,” en met die woorde stap hy tot voor die motor. Sy binneste is in oproer, en hy probeer homself onder beheer bring. So saaklik as moontlik vra hy Camilla om die kap van die motor oop te maak. Sy hart vermurwe toe sy hom net hulpeloos aankyk en sê dat niemand haar geleer het hoe om dit te doen nie. Hy lag, skud sy kop en klim agter die stuurwiel in. Dit is gou duidelik dat die motor sonder petrol gaan staan het. Rebusfontein is nie vêr van waar hulle is nie, maar defnitief te vêr vir hierdie pragtige blondekop met haar rooi stilletos om te stap. Sy oë dwaal oor haar wulpse liggaam… en te gevaarlik besluit hy. Hy het geen keuse as om te ry en self petrol te gaan haal nie… en hy is bly dat hy nie noual totsiens hoef te sê nie.

Tannie Frannie stap die klein restaurantjie binne. Die Towerinne is almal op ‘n missie, en haar opdrag was om geboorte en sterfregisters na te gaan. Sy wil net gou iets eet voor sy die taak aanpak. Sy gaan staan verbaas toe sy Camilla en ‘n polisieman om ‘n tafeltjie sien sit; elkeen met ‘n pienk melkskommel voor hulle. Camilla beduie iets met haar hand en Frannie frons toe sy die antieke armband om haar pols sien. “Eden begin my kop aantas,” berispe sy haarself maar kan háar oë nie van die die armband afhou nie.  Haar nuuskierigheid kry die oorhand en sy stap nader. “As dit nie Camilla is nie,” sê sy gemaakd verbaas. “En wat maak jy in dié wêrelddeel?” Voordat Camilla kan antwoord praat Frannie met die offisier. “Verskoon my konstabel maar mag ek haar net vir ‘n oomblik leen, ek het iets baie persoonliks om haar te vertel,” en met haar hand onder Camilla se elmboog lei sy haar weg. “Tannie Frannie wat gaan aan? Kameel het gevra ek moet kom.” “Dis goed so Camilla, ek wou net by jou hoor waar kry jy die armband wat jy aanhet.” “O dit,” lag Camilla, “ek het dit by Lorenzo se geheime poel opgetel. Dis oud maar mooi nê?” “Mag ek daarna kyk?” Camilla haal die armband af, sit dit in tannie Frannie se hand, en sluit haar vingers daarom. “Jy kan dit kry, ek het genoeg juweliersware.” “Camilla die dag daar by die poel, het jy enigeiets gesien wat anderste was… of iets wat jou bang gemaak het?” Vir ‘n oomblik lyk Camilla uit die veld geslaan maar dan verhelder haar gesig. “Dit is ‘n pragtige plek en ons het baie pret gehad…. net Lorenzo se opstel was bietjie donker.” “Lorenzo se opstel?” vra tannie Frannie verbaas. “Ja, hy het my ‘n ou stuk papier gegee en gevra ek moet dit vir hom lees, hy verstaan nie wat dit sê nie.” Tannie Frannie kan skaars haar opgewondenheid in bedwang hou. “Jy bedoel seker ‘n brief.” “Nee, nie ‘n brief nie dit was soos ‘n opstel geskryf met ‘n opskrif. Iets van “Die Donker Wolk.” Camilla bly stil, tik ‘n paar keer met haar vòorvinger op haar slaap asof sy so haar geheue kan aanwakker. “Ek kannie meer alles onthou nie. Dit was ‘n ma wat geskryf het van haar dogter wat al dieper in ‘n donker wolk verdwyn, en uit voeling raak met die werklikheid.  Die dogter lewe in ‘n fantasie wêreld. Ek het vir Lorenzo gesê dit klink asof die ma dink haar dogter is besig om mal te word. Sy het gesê die dogter skilder baie mooi, maar die skilderye maak haar bang. Camilla bly stil, byt haar onderlip vas, en frons effens. “Daar was iets van ‘n kok…. o ja, die dogter het begin glo die kok is haar ouma, en het deurmekaar geraak met wie die huismense is.” “Is dit al Camilla?” vra tannie Frannie half uitasem, “en waar is die papier nou?” “Lorenzo het dit teruggevat. Ek het nie alles gelees nie, dit was te morbied; veral toe sy skryf die dogter gaan vinnig agteruit, en dis tyd dat hulle haar toesluit want sy raak gevaarlik aggressief” ‘n Hartseer trek kom oor tannie Frannie se gesig. “Dink jy jy sal die polisieoffiisier nog ‘n rukkie besig kan hou.?” Camilla kyk oor haar skouer na waar Louie Steyn sit en ingedagte aan sy melkskommel suig. “Oooo ek gaan hom nog lank besig hou…. hy skuld my ‘n middagete.”

Met die armband veilig in haar mandjie, en haar kop vol van die nuutste inligting oor Klara drafstap tannie Frannie Eden toe. Die hongerpyne skoon vergete.

Vuurvliegie sal jy asseblief verder vertel.

Mooi loop!!!

Hierdie blogpos is geskryf om deel te neem aan die Towerinne se bloguitdaging om ‘n vervolgverhaal te skryf oor die misterieuse herehuis naby Rebusfontein waar die dames besig is om ‘n biblioteek te restoureer. Die mense en die plekke is fiktief. Om die ander deelnemers se bydraes te lees, volg hierdie skakel: https://fresh.inlinkz.com/p/3f26291088494dc99c7aa4554a66a313

71 gedagtes oor “Kameel – Die Donker Wolk

    1. Dat Klara nie by haar volle verstand was nie is verseker. Haar familieuitleg is tien teen een net ‘n illusie. Sy het definitief ‘n obsessie met Charlotte gehad. Ek het van die begin af gedink die romanse tussen Hardy en mev Marks is nie waar nie. Hopenlik werp Vuurvliegie lig.

      Liked by 1 person

      1. Leonard was definitief betroubaar en in die eerste brief het sy vir hom geskryf sy weet hy is besorgd oor Klara en die donker wolk wat oor haar hang. So dis nie ‘n opmaakstorie van haar nie.

        Like

    1. Dankie Perdebytjie. Camilla daag altyd op die onmoontlikste tye op 😂😂😂 Darem het sy lig gewerp op die skilderye… en dat Klara besig was om haar verstand te verloor. Dit maak my hart bly dat jy van haar hou 😗

      Liked by 1 person

    1. Dis nou vir jou ń nuwe wending, Klara aan die gek raak. Kameel jy is oulik en toe is daar niks in die kis nie, net ñ meganisme om die tonnel te laat toe val. Hmmm, ek wonder hoekom? Lekker om Camille in ons midde te he. Ons sal haar en Lorenzo baie mooi moet dophou, hulle hou van afdwaal.

      Liked by 1 person

      1. Jong trommeltjies miskien was dit pure toeval dat die aarde imgekonk het net toe die kis oopgemaak word. Ons sal sien wat gebeur verder. Klara se donker wolk is van die eerste brief al genoem… maar niemand het daaroor gewonder nie. Daardie brief het ook gesê “Far from the madding crowd,” bedoelende dat daar malheid in daardie huis was. So Klara se toestand is al lank met ons… dit was net nie opgetel nie. Ek sal met Camilla praat. Genoeg moeilikheid op ons hande dat sy nog byvoeg. 😊

        Like

  1. woordnoot

    Ek het altyd geweet Camilla het ‘n transcedental, of is dit nou ‘n transgender of …ag waddehel….daai sintuig wat mens bonatuurlik het as jy weet iemand na aan jou het jou nodig!!! Welkom hier Camilla…jy bring voorwaar ‘n nuwe kinkel is die leë petrolkabel!!

    Liked by 1 person

  2. Ek moet nou eers die stof uit my oë gaan was. Die Towerinne sleep my na gevaarlike plekke toe. Ek loop nie weer in ‘n tonnel in nie. Ook nie ‘n kelder nie. Nou wie het die brief geskryf – Sophia? Vuurvliegie, ek gaan nou by Rebusfontein se put sit. Los my uit en laat weet net wat verder gebeur het.
    Uitstekend Kameel. En welkom Camilla! Louie – haha, dit klink soos ‘n nuwe lied.

    Liked by 1 person

    1. Ek gaan saam met jou daar sit Hester…. hou hoeka niks van tonnels en grotte nie. Die ander klomp kan die geheim nou uitfigure. Wonder waar Lorenzo die “brief” gekry het. Die man lyk my doen sy eie speurwerk.

      Liked by 1 person

      1. Daardie valskerm episode was briljant… ek lag nou nog as ek daarasn dink. Juis omdat jy soveel briljante idees het Vuurvliegie, en ek weet jy gaan tops uitkom. Kyk wat jy met ‘n mal Klara kan doen. Moet haar net nie by die vliegtuig uitgooi nie 😂😂😂

        Like

      2. Ons het haar laas met die groen bus heel gelukkig met Klaas getroud op Pofadder gelos. Hoe sy weer op ons spoor gekom het weet ek noe. En waar is arme Klaas?

        Like

      3. Ons moet eintlik dankbaar wees vir Broodina… dis toe sy wat deut die vloer geval en die geraamte ontdek het. 😂😂😂 Was dit ‘n Towerin het sy dalk baie seergekry!!!

        Like

  3. A welkom Camilla! Ons kort bietjie panache! Ek begin nou wonder oor Lorenzo. My dogter sê hy is glad nie so onskuldig soos hy voorgee nie. ( My man sowel as 1 dogter kan elke keer ook nie wag vir die volgende episode nie)Welgedaan Kameel. Ek weet nie waarom het jy nie lank gelede al n blitsverkoper geskryf nie

    Liked by 1 person

    1. Ek dink Lorenzo se nuuskierigheid het hom so ‘n bietjie in daardie grot laat rondkrap. Maar hy is definitief nie ‘n krimineel nie. Lekker om te hoor jou mense geniet ons storie. Moes Camilla bietjie afstof anders raak sy verroes 😂😂😂😂 Lyk my ons weet nou wie Sophia en Charlotte so mooi geskilder het!!!

      Like

    1. Bly jy het jou rol geniet Frannie…. jammer jy moes honger bly!!! Ja, is dit nie ‘n aantreklike polisiemannetjie nie? Weet nooit wat Camilla gaan doen nie… maar ek hoop werklik sy speel nie daardie speletjie nie. Netnou sit ons met nog ‘n moord. Louie is gewapen en ek dink hy is klaar nie so gelukkig met Lorenzo wat hom daggakoekies ingegee het nie. Natuurlik op die Towerinne se bevel. Die prentjie wat nou by my opkom is van diè twee in ‘n swaardgeveg. 😂😂😂

      Liked by 1 person

    1. Gelukkig het jy die kraal gehaal. Ek wag in spanning vir volgende aflewering. Gans te nuuskierig doen glad nie goed met wag nie. Wat sal ek tog van Camilla sê? Ek laat haar net nie baie uit haar kassie spring nie!!! Ons sit tjoepstil by die put na die groot skrik… en jy soek kos??? 🤔

      Liked by 1 person

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s