Kameel – ‘n Engelsman maak ‘n plan

2019-10-16 10.13.32

In al die jare wat ons in die Voëlnes bly was hier duiwe in die tuin. Hulle het so nou en dan op die dek se reling gaan sit en ‘n paar blertse gemaak… maar niks om oor huistoe te skryf nie. Dié winter het hulle egter besluit dis die lekkerste sitplek om die wêreld te bekyk, te gesels, te baklei en vry. Met die gevolg dat die dek soos ‘n publieke toilet begin lyk het. Ons het hulle verjaag deur aan die vensters te klop, maar mettertyd het hulle so mak geword dat jy tot by hulle moes loop om hulle weg te kry. Verlede week sien ek die mop staan hare omhoog teen die dek se reling. Ek vra Ken daarna, en moet hoor dis sy “scarecrow” om die duiwe te verjaag. Wel, tot dusvêr werk dit goed. Wie sê net ‘n boer maak ‘n plan!!!

Mooi loop!!

18 gedagtes oor “Kameel – ‘n Engelsman maak ‘n plan

      1. Mooi man. Ek hou van mans wat hulleself kan handig maak in die huis. Alhoewel – dit veroorsaak ook probleme, want myne sal heeldag lank skottelgoed was as ek hom nie keer nie en dan het hy mos hierdie mode om alles te bêre “want ‘n ding het ‘n plek”. Nie noodwendig altyd op die plek waar ek sommige goed sal gaan soek nie.

        Liked by 1 person

      2. Ek sit nou hier en giggel. Ek was skottelgoed in aand (het timer op ons geyser, dus net warmwater in oggend en dan weer vanaf vyfuur) en Ken pak dit die volgende oggend weg. Darem op hulle plek. Ek is dankbaar daaroor maar hy vat lekker oor vandat hy afgetree het, en die huis was altyd myne… maar nie meer nie.

        Liked by 1 person

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s