Kameel – Nie meer rooi trappies nie

2019-10-15 08.29.48

Sonder dat ek ‘n woord geuiter of ‘n wenkbrou gelig het na my eerste skok oor die bloedrooi trappies, is die trappies nou Burgandy 😊

Die rooi trappies het Ken begin pla en verlede week kom hy hier aan met nuwe verf, en klim self in. Groot was my blydskap want van my potte het ook verf nodig gehad…. maar ek het nie kans gesien vir rooi potte nie.

Vir julle kleurrykes sal die trappies nou heel “boring” lyk. En wanneer Hester ‘n knertsie te veel in het, sal sy nou mooi moet kyk waar sy trap. Maar ek is seker die bure het gejuig toe hulle, hul sonbrille bêre, en ek staan nie meer in die middel van die nag op omdat ek dink die son kom op nie. (I wish – ek kan ook soos ‘n sendeling se vrou daar doer in die boendoes sê; “As die Here wou hê ek moet die pragtige sonsopkomste sien, sou Hy dit later in die oggend gemaak het.”)

Mooi bly!!

33 gedagtes oor “Kameel – Nie meer rooi trappies nie

  1. Ek is sooo bly vir jou! 😁 En ek hou meer van dit soos dit nou is. Dalk het jou manlief ook nie besef hoe helder dit is nie en het hy eintlik ‘n diep rooi in gedagte gehad. Die trappie pas perfek by my voordeur soos dit nou is.

    Liked by 1 person

    1. Ja Hester die potte is geverf… en dit was nogal ‘n storie. Die verf was nie genoeg nie toe gaan koop hy weer burgandy, maar ‘n verskillende maak en daar verskil die kleur duidelik. Gaan koop bruin tint om by te gooi… help niks. Op einde maar weer dieselfde maak verf gaan koop… en uiteindelik was die job gedoen. 😊

      Liked by 1 person

    1. Dankie Scrapy. Ek het die witvlag gehys en dit het gewerk. Die bybel sê mos “A nagging wife is like the dripping of a leaky roof in a rainstorm. Stopping her is like trying to stop the wind. It’s like trying to grab olive oil with your hand.” Ek sou niks verder met die Engelsman gekom het nie.

      Like

  2. Ek is so bly vir jou, al het ek van die rooi gehou, moes jy daarmee saamleef.
    Daai Ingelsman ding is baie waar, hulle dink en doen anders as die Afrikaner mans, nie beter of slegter nie, net anders (ek weet uit eie ondervinding)

    En dan laaste, ‘n vraag – Hoe en waar kry mens varkore? Dit was nog altyd my gunstelingblom, maar ek het geen idee waar om te begin soek na saad nie, of is dit bolle?

    Liked by 1 person

    1. Dankie Positief. Ek het by ‘n vrou in Polokwane varkore gekry. Sy het ‘n paar uit die grond uitgespit en ek het gaan oorplant. Al jare kom daar nou oral in die tuin op verskillende plekke varkore op. As jy net by iemand ‘n paar risome kan kry, sal dit gaaf wees. Anders kan jy saai.

      Liked by 1 person

Gesels met my ...