Kameel – rugby nee dankie

images

Daardie alewige rugbyuitsendings waarna my pa met soveel aandag geluister het, het my al van kindtyd af die horries gegee. Gelukkig was nie my eerste man, of Ken rugbyliefhebbers nie. Ek wonder of ek in al die jare ooit ‘n volledige rugbywedstryd gekyk het. Toe my eie kinders met sport begin was ek langs die atletiekbaan. Kenneth het vir Oos Transvaal langafstande gehardloop, en ek het hom heelhartig ondersteun… maar toe hy rugby begin speel het, het ek teruggetrek.

Die wêreldbeker rugby is op die oomblik aan die gang, en ek is dankbaar om te sê Ken het sommer omdat hy niks anders gehad het om te doen nie, nog net na twee wedstryde gekyk. Ek het dan langbeen op ons bed gaan sit, oorfone in, en my eie ding gedoen. Maar vandag kon ek nie wegvlug nie. Ons huishulp het in die kamer gestaan en stryk, en Ken het besluit terwyl dit te warm is om te verf – hy die wedstryd tussen die Springbokke en Kanada gaan kyk. Daar sit ek toe, en nie lank nie of ek kyk maar saam, en soos altyd met sport begin die stres in my opbou. Halftyd moet ek twee hoofpynpille en ‘n kalmeerpil gaan sluk om my deur die tweede helfte te help. Ek gaan nie weer rugby kyk nie!!! World Cup Soccer, die IPL krieket, en Tour de France is meer dan genoeg sport en stres vir my…. dankie.

Mooi loop!!!

Advertisements

19 gedagtes oor “Kameel – rugby nee dankie

    1. Ek ook dankie Bondels. Die simpelste is dat die Springbokke veeeeeêr voorgeloop het en daar hoegenaamd nie ‘n rede was vir die gestressery nie. Hoe ouer ek raak hoe minder stres kan ek hanteer. 😣

      Like

    1. Dis goed dat julle dit saam kan geniet. Ek het gedink ek is maar ‘n vrot Afrikaner wat nie van rugby hou nie, maar van sokker. Nou is daar darem nog ander wat nie rugby fans is nie, en ek voel beter 😂😂😂

      Like

      1. Dit was erg… maar het dit darem oorleef. Die eienaardigste is dat ons geen sokker ooit kyk behalwe die Wêreldbeker nie. Ek dink dis die “vibe” saam met die spel wat dit so lekker maak. Dieselfde met krieket… ons kyk net die IPL… en ek sit vasgenael voor daardie tv. Die Tour de France is die enigste fietsresies wat ons kyk. Ek is bly dis so anders het ek my lewe voor die tv deurgebring en ontspanningspille gedrink. Leef jy jou ook so in die spel in?

        Liked by 1 person

  1. Hier leef ek nou in n rugby mal landjie. Eerste wat gevra word- was jy daar of het jy dit op TV gesien? Vir wie skree jy? Ghmpf beslis nie meer vir SA nie en op die oomblik meng ou Steve Hansen die All Blacks so deurmekaar dat gn mens weet wat aangaan nie. Nou het hul nog met n Pasifc Island rugby storie ook begin. Ai toggie hoekom? Alles vir geld. Jy moet maar bietjie kalmeerpille drink voordat jy dink jy gaan kyk! Groetnis van my uit my eie blyplek!

    Liked by 1 person

    1. Is jy bly om terug te wees in jou eie bed? O ja jy bly in die All Blacks se land. Van hulle hoor ek jaaaaare. Die een spel wat Ken gekyk het, het hulle gespeel. Ek het net die haka gesien (lyk of die klomp regmaak vir oorlog) voordat ek pad gevat het na my kamer toe. Welkom tuis… neem aan jy het skape op plaas gelos.

      Like

      1. Haha, wil nie sommer weer n lewendige skaap sien op die oomblik nie! Stem saam die haka is baie dominerend. Veral die rugby een. Daar is mos vir elke geleentheid n ander voorstelling. Ook altyd baie met geweld of oorlog te doen. Heel primitief.

        Liked by 1 person

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s