Dit was my voorreg om hom op hierdie erf te sien grootword. As baba het ek hom opgevry. As klein seuntjie met hom styf onder my arm die wêreld op die Travelkanaal deurreis. Hom met huiswerk gehelp totdat ek nie meer kon byhou nie. Hom sien ontwikkel tot die jongman wat hy vandag is. Ek is so trots op die mens wie hy is. Sy geloof, sy waardes, sy keuse van vriende, sy prestasies, sy toekomsdrome. Ek is ontsaglik lief vir jou Ruan. Jy is my hart se punt.
Hy is deur ‘n graad 11 meisie na hulle meisieskool se bal genooi. Gelukkige meisie!!!
Mooi loop!!
Wat ń besonderse pragtige kind, Lana! En wat ń voorreg om hulle te sien man word.
LikeLiked by 1 person
Groot voorreg Una. Hy het die mooiste geaardheid en vaste beginsels. So trots op hom.
LikeLike
Kameel, dit doen ons harte tog so goed om hierdie fases saam met hulle te ervaar. Julle kan voorwaar trots wees op hom.
LikeLiked by 1 person
Pragtige foto’s! Dankie vir die deel.
LikeLiked by 1 person
Sjoe…man met karakter en looks! Jy is voorwaar bevoorreg!
LikeLiked by 1 person
Dankie Woordnoot.
LikeLike
Sjoe!
LikeLiked by 1 person
Oe dit is baie mooi!
LikeLiked by 1 person
Dankie Christa 😊
LikeLike
Sjoe, wat ‘n aantreklike jongman!
LikeLiked by 1 person
Dankie Perdebytjie 😊 sy ouma dink natuurlik ook so ❤
LikeLiked by 1 person
Sy ouma mag maar!
LikeLiked by 1 person
Gelukkige meisie voorwaar
LikeLiked by 1 person
Die meisie wat hom eendag vir ‘n man kry is voorwaar gelukkig. Hy het die mooiste persoonlikheid en vaste beginsels. Dis nou nie net ouma praat nie 😍
LikeLiked by 1 person