Dis ‘n byenes van bedrywigheid soos die Towerinne werk om die “biblioteek” van die ou herehuis te restoureer. Dis definitief ‘n skat wat hier ontdek is – maar die vraag op almal se lippe is “Hoekom?” Hoekom al jou boeke en meubels net so los; liewe land tot die gordyne hang nog. Maar almal is opgewonde dat Rebusfontein sy eie misterieuse biblioteek gaan hê.
Perdebytjie is ywerig besig met haar stoflap. Hester en Positief laat ons skater wanneer hulle skoonmaakmiddels neersit om ons met ‘n gumbootdans te vermaak. Toorts in haar rooi kopdoek borrel oor van energie. Christa en haar besem vee dat die stof so staan. Bondels is in haar element waar sy op die leer staan en verf. Woordnoot skuur hout af – ‘n blik Doom staan gereed vir spinnekoppe. Vuurvliegie wonder of ons nie teëls moet lê as sy eers die verslete ou mat verwyder het nie. Una wou die kaste helderkleurig verf, maar dis ‘n besluit vir later, nou was sy en Scrapy mure af. Seegogga, Virgo en Trommeltjies is buite besig met die ou meubels.
Met ‘n breë glimlag, en mandjie oor die arm stap tannie Frannie die vertrek binne. “Tyd vir versnappering!” roep sy vriendelik. Die Towerinne sug verlig. Eers gou hande en gesigte was dan kan ons eet. Was ons bly toe ons in die oorgroeide tuin ‘n put ontdek het. Dit het ons waterprobleem opgelos. Ons maak onself onder ‘n groot ou boom tuis. Virgo gaan lê plat op die aarde en sug behaaglik. “Nou waar bly tannie Frannie, ek is morsdood honger?” sê Trommeltjies. Versigtig om nie oor los klippe te val nie kom tannie Frannie aangeloop; mandjie oor een arm en ‘n boek in haar ander hand. “Jammer Towerinne maar ek kon my nuuskierigheid nie langer bedwing nie. Moes net kyk watse boeke daar is.”
Sy gooi ‘n tafeldoek op die grond oop en sit die mandjie bo-op neer. “Help julleself.” Heel duidelik is sy haastig om by die boek uit te kom. Sy gaan sit versigtig op ‘n vervalle ou bankie en slaan die boek versigtig oop. Ons laat nie op ons wag nie, maar val dadelik weg aan die lekkernye. “Luister hier!!” roep tannie Frannie heel opgewonde. In haar hand hou sy ‘n vergeelde vel papier vas. “Ek het dit hier in die boek gevind.” Sy begin vir ons voorlees, en kos skoon vergete luister ons aandagtig.
My liefste Leonard
Jy het my gewaarsku dat ‘n brief in die verkeerde hande gevaarlik kan wees, maar ek kan die skeiding nie langer verduur nie.
Die verlange na jou is soos ‘n brandende vuur in my binneste. Jy alleen kan dit blus maar tevergeefs hou ek dIe pad dop. Is ek besig om van my kop af te raak Leonard? Ek word in die nagte wakker en voel jou warm liggaam teen myne. Ek luister na jou reëlmatige asemhaling en vreugde oorweldig my. Jy is hier, jy is by my!!! Ek strek my arms uit om jou te omhels maar al wat daar is, is ‘n leë bed en die eensaamheid wat my in sy wurggreep beet het, en al dieper die afgrond intrek. Hoeveel nagte moet ek nog my kussing nathuil voordat jy gaan kom en my in jou arms neem en verseker van jou ewige liefde? Ek wil in jou oë kyk, ek wil die liefde soos ‘n vuur in jou oë sien brand terwyl jou liggaam dit bevestig.
Ek en jy hoort bymekaar, ons is mekaar se lewensasem, maar daar staan soveel dinge in die pad van ons liefde? Maak dit saak wat Thomas sal sê, of Isabella met haar aansitterige maniertjies? Maar Klara!!! Daar hang so ‘n donker wolk oor haar dat ek jou besorgdheid verstaan. En dan is daar Mnr Hardy!!! Net die gedagte aan hom gee my koue rillings. My intuïsie sê vir my vir net ‘n kok – soos jy altyd sê – weet Mev Marks te veel.
My Leonard kon ons maar Eden, sy mense en geheime agterlaat, en na ons eie paradys toe vlug…. Far away my love…. Far from the madding crowd!!!
“Wie het dit geskryf?” wil almal gelyktydig weet. “Die persoon se naam is afgeskeur” sê tannie Frannie, en hou die vel papier in die lug sodat ons kan sien. Sy kyk fronsend na die papier. “Far from the madding crowd,” mymer sy, en dan verhelder haar gesig.
Tannie Frannie sal verder vertel.
Mooi loop!!
Ons InLinkz skakel vir hierdie uitdaging is https://fresh.inlinkz.com/p/3f26291088494dc99c7aa4554a66a313
Bloggers wat nog nie voorheen deelgeneem het aan ons Lê-Jou-Eier bloguitdagings nie: Om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakels Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? Laasgenoemde blogpos bevat ook al die onderwerpe en skakels na vorige uitdagings.
NOU is die brief in regtige veilige hande! 👀
LikeLiked by 2 people
Jy bedoel Frannie s’n. Maar wat gaan Frannie vind is die vraag?
LikeLiked by 2 people
Gelukkig het sy ‘n mandjie vars gebakte broodjies byderhand vir as sy dalk iewers ‘n paadjie moet oopkoop. 😊🕶
LikeLiked by 2 people
Daardie broodjies 😂😂😂 Tannie Frannie het bely sy is nou bankrot omdat ons nie genoeg diamante by Cullinan vasgelê het nie.
LikeLiked by 2 people
Dis regtig slegte nuus. Ai.
LikeLiked by 2 people
Wie weet miskien lewer die ou huis iets op!!
LikeLike
Dit klink my in elk geval of die mense vinnig daar weg is, dalk iewers onder ‘n vloerplank of op die solder is daar ‘n verrassing of twee.
LikeLiked by 1 person
Ons sal moet wag en sien 🤔 Jy moet daardie stofsuiertjie van jou goed bekyk… wie weet wat suie hy op 😂😂😂
LikeLiked by 1 person
Ek gaan nie my Kareltjie só blootstel nie. Hy skrik hom vrek vir baie stof.
LikeLiked by 1 person
Kareltjie moet bykom, daar is werk om te doen!!!
LikeLiked by 1 person
Ek dink daai plek het regte elbow greace nodig. 😳🤪
LikeLiked by 1 person
Ek kan my darem so verlekker as jy begin stories skryf, Kameel! Ek kan nie wag om te sien waarheen hierdie verhaal ons gaan vat nie.🌸🌸🌸
LikeLiked by 3 people
Dankie Una. Ek is net so nuuskierig. Wil sien hoe ontwikkel die karakters. Het glad nie vir myself ‘n storielyn geskep nie… nou kan ek terugsit en geniet. 😊
LikeLiked by 1 person
Ek kan sien hoekom jy bekommerd was om die brief in die “regte” wêreld te laat rondlê, hahaha. Welgedaan Kameel, nou het ons sommer ‘n lekker wegspring vir ons storie en ‘n paar interessante karakters ook.
LikeLiked by 2 people
Ek is bly ek hoef nie verder te dink nie. Is self nuuskierig om te sien wie en wat die karakters gaan word. Dis blykbaar hoe jy ‘n boek moet skryf. Kies ‘n paar karakters… gee aan hulle karaktereienskappe… kies plek waar dit afspeel en begin skryf. Bly jy verstaan van my brief 😂😂😂
LikeLiked by 2 people
Welgedaan!
LikeLiked by 2 people
Ek lees hier … om te sien wat in my episode moet gebeur.
LikeLiked by 1 person
Sterkte Toorts 😊
LikeLiked by 1 person
Dankie. Nou is ek klaar. Sjoe!
LikeLike
Far from the maddening crowd…oe ons briefskryfster lyk sekerlik soos die smeulende Julie Christie in die gelyknamige fliek circa 1967. Daai was ook ‘n gekompliseerde liefdesverhaal, so ene met lang draaie. Mnre Thomas en Hardy nogal en Isabella en Klara en Me Marx….Eden klink vir my eerder na Hades. Jy is briljant my liewe Leserin Towerin van groot verbeelding. Sterkte Frannie en kie, ons sal ons skryf moet ken.
LikeLiked by 2 people
Jy het die clues gekry 😊 Welgedaan. Ek wag nou om te sien hoe die drama gaan ontwikkel. Is net so nuuskierig oor die briefskryfster!!
LikeLike
Raak gesê, Vuurvliegie! Sit klaar hier en kopkrap… Moet ek nou daai anner boek gaan lees? Whaaa, ek’t nie tyd nie! O wag, kan seker die plot Googleloer…
LikeLiked by 1 person
Nee maN, kry liefs Leonard se antwoord in die Eden bib se weergawe weggesteek. Kameel het gesê sy het jie ‘n plot nie….of lees ek te vinnig die kommentare….😎
LikeLiked by 1 person
Ooo, slimme jy!
LikeLiked by 1 person
Die bal is in jou court Frannie. Gee jou verbeelding vrye teuels en slaan af met ‘n kolskoot hou!! Enjoy!!!
LikeLiked by 1 person
Oe nee….waarin het ek my nou weer begewe! Hier gaan nou weer ‘n storielyn ontstaan wat Steven Spielberg na ‘n Smartie mannetjie gaan laat lyk…. Maar Frannie is die regte een om te begin, broodjies sonder klippies of met klippies….welgedaan Kameel….jy het ons nou in daai biblioteek….
LikeLiked by 1 person
Dankie Woordnoot. Hoop julle gaan die reis geniet. Ek is vol afwagting om te sien hoe die storie gaan ontwikkel.
LikeLiked by 1 person
Ummm, julle – ek hardloop nie weg nie, ek gaan net gou die antieke koekstaander smous…
LikeLiked by 1 person
Om nuwe klippies te kry , ons het dit broodnodig as ek die ander so uitlees.🤔🤣😉
LikeLiked by 2 people
Tannie Frannie sal seker nie jok oor die klipoies nie…. of sal sy?
LikeLike
Jong, ons is mos nou nie ware diewens nie, moes op Cullinan al aangevul het, en ons het gefaal Onthou jy? En ons toer was epies en duur. So ek dink nie sy jok oor skraps skerfies blink nie….😉
LikeLiked by 1 person
Sy sê ons het haar by Cullinan gefaal 🤔 So daardie broodjies is nou niks meer werd nie.
LikeLike
Miskien, miskien kry ons in Eden iets …😉💍💎📿👑
LikeLiked by 1 person
Jy is reg Vuurvliegie. Ek het net die karakters geskep… die plot moet die Towerinne uitdink.
LikeLike
👌✏📚😉
LikeLike
Wat jy waar kry Frannie? Jy bly net daar in Eden en ontrafel vir ons die mystery!!!
LikeLiked by 1 person
Hierdie gaan lekker uitdraai! Oulik Kameel!
LikeLiked by 1 person
Hoop werklik almal skryf lekker aan die storie. Jy moet nou net nie weer ons biblioteek opblaas nie. Daardie boeke is van onskatbare waarde 😂😂😋
LikeLiked by 1 person
Sal iets anders probeer…😵☺️
LikeLiked by 1 person
Terwyl ek hier sit en kopkrap, onthou ek hoe lekker was Toortsie se bantingmuffins met die neute en my kiewe trek sommer inmekaar van die lus… Julle, ek gaan eers teen Maandag kan kom vertel, hou tog maar moed en geduld met my…
LikeLiked by 1 person
Nou maak jy my ook lus vir muffins. Nee man Frannie, was dit muffins in daardie mandjie? Maandag is reg!!!
LikeLiked by 1 person
Muffins en broodjies – croissants, nogal. Sal kom vertel. Dankie vir die gerusstelling oor Maandag.
LikeLiked by 1 person
Nou eers besig om speurwerk te doen en inligting in te win om die kinkels te kry.
LikeLiked by 1 person
Terugklingel: Misterie in die biblioteek – Hoofstuk 8 – toortsie.com
En hier lees ek al WEER omdat dit weer my beurt is!
LikeLiked by 1 person
Ook besluit om storie van vooraf te lees 😊 Sterkte met skrywery!!!
LikeLiked by 1 person