Kameel – ‘n Aand om te onthou

rebus

Lekkervurig se Woordsnoere

Het ons in Calvinia gebly, en die deftige onthaal by die ontspanningslokaal was om die goeie mielieoeste te vier – het die aand miskien ook met Isis geeïndig. Maar hierdie ware verhaal speel homself af in ‘n dorp geleë tussen mielielande – maar die geleentheid het niks met mielies te doen gehad nie. Dit was ‘n funksie – gereël deur die leierskap van die firma aan wie die dorp behoort het – om sy werknemers te bedank dat hulle ‘n belangrike doelwit bereik het. As eregas vanaf Johannesburg sou die algemene bestuurder homself die bedankingstoespraak kom lewer, en om alles te kroon sou ‘n bekende sangeres, en ‘n orkes met klarinet en al, ons vergas.

Die saal was sprokiesmooi met sy wit gedekte tafels, en blommerangskikkings wat van die dak tot op die vloer gehang het. Gaste, deftig geklee – met hier en daar ‘n fat of twee – het hulle plekke heel statig ingeneem. Dit was duidelik nie jou gewone feesgeleentheid nie. Hierdie was ‘n fees van feeste.

Die openingstoesprake en bedankings het begin. Alles heel stigtelik. Voorgereg is bedien, en die sangeres het vir ons ‘n lied gesing. Drie tafels van ons af is die atmosfeer verbreek deur twee mans wat te hard begin praat het. Dit was steurend maar het nie inbreuk op die program gemaak nie. Dit was tydens die hoofgereg dat dinge meteens in ‘n kolkgat van chaos verander, en ons van skone skrik uit ons stoele laat opspring het. Ons het verstom na ‘n groot man met brute voorkoms gestaar. Met gebalde vuiste het hy daar gestaan – en die man wat hy sopas oor die tafel geslaan het uitgedaag om hom te kom regsien. Ek het die onrussaaier aan sy skeel oog en bartaal herken, en gesidder vir die kort swartkopman wat van die grond af regop gesukkel het. Ek kon sy gesig nie sien nie maar bloed het deur die rugkant van sy wit hemp gesypel. Dit het soos Dawid en Goliat gelyk wat teen mekaar te staan gekom het. Hy het so sielig gelyk dat ‘n diep jammerte van my besit geneem het. Maar dis was gou duidelik dat die kleiner man ‘n oproerige vent is. Soos blits het hy ‘n bottel drank gegryp, dit stukkend geslaan en met die stukkende bottel as wapen die groter man soos ‘n kat bekruip. Het ek my kamera by my gehad sou ek filmpies vol aksiebelaaide fotos kon neem…maar fotos was die laaste ding op my gedagtes. Die swartkopman se vrou het probeer keer, en ‘n hou met ‘n bottel oor haar kop gekry. Gelukkig het die polisie net toe binne gestorm, maar dit was gou duidelik dat die twee hulle nie sonder ‘n goeie geveg in hegtenis gaan laat neem nie.

Toe alles uiteindelik tot bedaring gekom het, vra een van die leiers almal omverskoning vir die onvanpaste gedrag, en vra dat ons asseblief die res van die aand moet geniet. Die sangeres het egter nie kans gesien nie. Sy het die mikrofoon geneem, en so kwaai soos ‘n terrier verduidelik dat dit die uiterste gedrag is wat sy nog by ‘n geleentheid beleef het, en dat sy nie haarself met so iets wil vereenselwig nie… dus weier sy om verder op te tree.

Ek en Ken het ook genoeg gehad, en besluit om te gaan. Dis eers in die motor dat ek die nagereg onthou het, maar toe was dit klaar te laat.

Mooi loop!!

Wil jy saam woordsnoer? So maak mens :

As jy die raaiselwoorde gekry het kan jy ‘n enkele woord as inspirasie vonk gebruik of al die woorde – nes jy lus het.

Skryf dan jou blog. Maak seker om die woord (e) in vetdruk (bold) aan te dui in jou skrywe.

Onthou om die skakel hieronder in jou bydrae in te sluit. En moenie vergeet om jou bydrae op Inlinkz te gaan aanhaak nie!

LET WEL. Kinkel: Publiseer jou inskrywing eers as privaat. Sodra ons ‘n klomp skrywes het, sal ons dan op dieselfde dag ons blogs publiek maak, dan het almal ewe veel pret en moet ons almal ewe hard aan die raai werk.

https://fresh.inlinkz.com/p/92c8b09853e5402590c33e01c6889258

Lekker snoer.

Advertisements

14 gedagtes oor “Kameel – ‘n Aand om te onthou

    1. Ek kon my jammerte vir die swartkopman nie afgeskud kry nie… of noem dit deernis. Ken het my sy naam gegee en ek het vir hom begin bid. Ken sê dit toe vir hom waarop hy net lag. Paar maande later het hy ‘n bonatuurlike ondervinding gehad. Lang storie kort ons het hom en sy vrou besoek. Toe ek van sy kinderlewe in die weeshuis hoor verstaan ek my deernis. Dis asof ek ‘n aanvoeling het vir swaarkry kinders. Ons het met hulle gewerk toe ons jonger was. Ek en sy vrou het vriende geraak, en sy het na ons kerk toe begin kom en by ons bybelstudiegroep aangesluit. God se weë is voorwaar onvoorspelbaar.

      Liked by 2 people

  1. O Nee! Ek weet nie hoekom mans altyd soos veghane tekere moet gaan as die drank eers vloei nie. Hoekom verwys ek nou net na mans? Vroue takel mekaar ook soms oor sulke netelige sakies. Dis een van die redes hoekom ek liewer wegbly by sulke funksies. Welgedaan Kameel.

    Liked by 1 person

    1. Dankie Hester. Ons het ook soveel as moontlik werkfunksies probeer vermy… maar daar was party waar dit verwag was dat Ken moet bywoon. Wat my seker die meeste die josie ingemaak het was as die drank eers gevloei het, en die mans begin om mens hang….vertel jou hoe mooi jy is ens ens ens. Sjoe met die terugkyk besef ek hoeveel werkskandale daar moet wees. Beter mens bly oningelig.

      Liked by 1 person

    1. Una ek glo God het my net as instrument gebruik. Sy omgee het my hart geroer. Nadat M die ondervinding met God gehad het, het hy Ken gevra ons moet hom by sy huis kom sien. Ken het hom mos vertel ek bid vir hom. So kon ons getuig en die Here het met die gesin begin werk. Alle eer aan God wat uit so ‘n lelike situasie begin werk het tot Sy eer.

      Like

  2. Gelukkig was ek nooit in so n situasie gewees nie. Was nooit n partyjie/funksie fan nie. Ek het wel een aand uit n vriendin se huis pad gegee toe sy met n mes iemand begin dreig het! Was die laaste keer wat ek by haar huis gekuier het ook. Jou geloof is regtig uitstaande standvastig. Ek bewonder jou.

    Liked by 1 person

    1. Oooo Scrapy nee, dis nie ek nie vrou…. dit is definitief die Here se werk. Ons is maar net instrumente wat kan besluit of ons gehoorsaam sal wees of nie.
      Liewe, kannie dink ek was al in situasie waar ‘n vriendin ‘n mes uitpluk nie. Sou ook hasepad gekies het. 😂😂😂

      Like

      1. Ek verstaan wat jy se. Ek weet Jul is die boodskappers van God. Dis hoekom jul alles oorgee in Sy Hande. Daardie vriendin was n ongeballanseerde persoon. Sy en haar man het probleme gehad toe wou sy dit met geweld die aand oplos. Tog het ek haar steeds ondersteun in haar nood want sy het dit nodig gehad.

        Liked by 1 person

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s