Kameel – My Boom

Scrapy se Maandag = Wasdag No 10

Ek het die pot heeltemal misgesit. Ek het herhinneringe in my kop gehad as die woord wat Scrapy gegee het vir die week se uitdaging. Te laat my fout agtergekom. Wees maar genadig met my 😢

Herinneringe – My Boom

Vanaf die eerste oomblik dat ek Psalm 1:3 gelees het was die versugting van my hart om soos die boom te wees. “He is like a tree planted by streams of water, which yields its fruit in season and whose leaf does not wither. Whatever he does prospers.” Soos ons almal weet groei ‘n boom nie oornag nie, en daar het vir my lewenslange groei voorgelê.

En toe raak ek in die hier en nou lief vir ‘n boom. ‘n Boom sonder een enkele blaar, ‘n boom sonder lewe, ‘n boom met droeë takke hemelwaarts gestrek in smeekgebede. ‘n Boom nie geplant langs waterstrome nie, maar langs ‘n ooppad waar trokke die lug besoedel. Ek doop hom “my boom,” en verwonder my elke keer aan sy skoonheid. Partykeer stop ons sodat ek ‘n foto van hom kan neem. Ander kere groet ek hom net in die verbygaan. Eendag, eendag my liewe boom gaan my as onder jou gestrooi lê. Die mens wik, God beskik. Verlede jaar met ‘n veldbrand, brand my boom dat net ‘n swart gedrog oorbly. Ek kyk verslae, maar jare se herhinneringe kan nie deur ‘n veldbrand uitgewis word nie.

2019-09-11 11.16.29

Mooi loop!!

Almal is welkom om iets te skrywe. Solank dit Afrikaans is.
As jy wil kan jy jou skakel in my kommentaar pos sodat ander ook jou skrywe kan lees, of jy kan net ‘n “ping back” na Maandag=Wasdag in jou stuk sit. Hierdie week is die uitdaging om oor
‘n interessante ontdekking of geleentheid te skryf.

Advertisements

16 gedagtes oor “Kameel – My Boom

      1. Al wat ek gekry het:
        Terre’Blanche was involved in amateur dramatics in his youth, having written several plays, had also developed an imposing public persona.

        Like

  1. Nou het jy my diep geraak. ek is self mal oor n droë/dooie boom. My man wou hê sy as moes sommer net weggegooi word maar ek sou dit graag onder sy geplante kameeldoringboom wou festrooi het. Familie wou egter n begrafnis hê en hy is in Kempton Park se begraafplaas begrawe steeds sonder kopstuk! Amos van der Merwe het n goeie biogafie van Eugene Terre’Blance geskryf. Eugène Terre’Blanche: My storie (Afrikaans Edition) Dec 21, 2013 Is ngal die moeite werd om te lees.Dankie vir jou Maandag=Wasdag storie ek like hom baie.

    Liked by 1 person

    1. Dankie Scrapy. Mense keer nie sommer terug na ‘n graf toe nie… dus voel dit vir my beter om as te strooi op ‘n geliefde plek. Nooit verwag dat Eugene Terre’Blance so mooi kan skryf nie.

      Like

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s