Kameel – Rebus se kunsuitstalling

Woordnoot se uitdaging:

My kop spin nog van die sirkus en alles wat daarmee saamgegaan het. “Gee my rus en vrede,” sug ek behaaglik toe ek met ‘n boek in my gemakstoel op die stoep neersak, en begin lees oor Hezekiah wie se pa sy seuns vir Molech geoffer het. Die voorhekkie se gekraak laat my opkyk. Lorenzo en ‘n vrou wat ek nie ken nie kom met die paadjie afgestap. Hy stel my voor maar ek het nie die lus of die krag om die naam te probeer onthou nie. My gawe van gasvryheid het soos mis voor die son verdwyn. Nee, hulle is nie daar om te kuier nie net om my kunswerke na die kunsuitstalling toe te vat. “Watse kunswerke?” vra ek verbaas. Maar daaroor sal die vrou besluit, sy wil net eers deur my huis stap. “Toe ek afgeskaal het, het ek afgeskaal, ek het nie gespeel nie,” sê ek vir haar “jy gaan niks van enige waarde vind nie.” Maar nee, deur my huis wil sy stap dus wuif ek maar my hand dat sy moet voortgaan.

‘n Ruk later verskyn Lorenzo met my “skatte,” onder die arms. Die vrou sê hy kan dit solank uitstalling toe neem sy soek meer agtergrond inligting oor die skilderye. Sy maak haarself op die ander stoel tuis, en kyk vol afwagting na my. Lus of te nie begin ek maar vertel.

2019-09-03 15.51.44

Die pienke het ek met die groot trek gehou omdat my Hollandse vriendin dit vir my as geskenk gegee het. Alles in daardie jare was “country style,” en my sitkamer was pienk en blou. Daar was ‘n kunsuitstalling by ons winkelsentrum. Onwetend aan my vriendin het ek die skildery bewonder. Groot was my verbasing dus toe sy en haar man die Saterdag daar opdaag met die skildery as geskenk – omdat soos sy gesê het dit nes jou sitkamer lyk.

2019-09-03 16.01.44

2019-09-03 16.00.48

Die twee plaasskilderye deur Erna het ek gekoop vir die sitkamer nadat ons in die voëlnes ingetrek het. My man haat die skilderye met ‘n passie, en die eerste ding wat waai na my dood is die skilderye. Hulle was nog nuut toe ek eendag by ‘n kunsuitstsalling langs die pad stop en die man vra of hy my nie wil ruil vir twee van sy skilderye nie. Hy het kom kyk; net een kyk gegee en sy kop geskud. Die skilderye wat ek het pas perfek by die hele opset van die voëlnes. “Jy sal nie ‘n beter keuse kan maak as wat jy hier gedoen het nie,” was sy woorde. So nou hang hulle waar hulle hang.

20190903_095854-1

Die “Oom” en “tannie,” soos tweejarige Elí altyd sê – het ek vir ons slaapkamer by ‘n skou gekoop. Niks besonders nie, maar op daardie stadium was hulle vir my mooi.

Ek wens ek het nog die rooi spookskildery gehad…. sou graag die reaksie wou sien wanneer hy moles by die Rebusfontein uitstalling begin maak.

Mooi loop!!!

Hierdie is ‘n denkbeeldige kunsuitstalling en elke Towerin word gedaag om haar unieke kuns (hetsy self gemaak of sommer net self gelief) te kom uitstal!

Die In-linkz skakel is: https://fresh.inlinkz.com/p/ea9c1f40af104092b8ababac55311c85

 

27 gedagtes oor “Kameel – Rebus se kunsuitstalling

  1. woordnoot

    Nee Kameel…jy is hopeloos te beskeie! Jou skilderye is baie mooi! Dalk te min na jou smaak maar so mooi! Ons het almal daardie ligpienkes een of ander stadium gehad…myne hang in my gang. Jinay het daai een gemis! Pragtig….

    Liked by 1 person

  2. My “pienke” was ‘n tapisserie wat ‘n vriendin vir my geskenk het net voor haar dood. Ek het dit nooit opgehang nie – te hartseer, Karen het ook sulke plaastoneelskilderytjies in haar kamer gehad – wonder wat daarvan geword het.

    Liked by 1 person

    1. Ai dis hartseer. Ja dan was daar nog al die tapisseries ook. Twee groooootes wat ek self uitgewerk het. Daar was baie muurspasie….. die voëlnes laat dit nie toe nie. Wanneer uithaal en wys jy jou kunsuitstalling goed vir ons. Ek sien die link sluit oor 2 dae.

      Liked by 1 person

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s