Kameel – Chaos

Scrapy se Maandag = Wasdag uitdaging. My woord Chaos.

Eergister kom my kleinseun hier met ‘n vraelys oor die Apartheidsera. Ouma moet die vrae antwoord; hy neem dit met sy foontjie op…. en sy ma sal dit vir hom tik. Ja, dis ‘n skooltaak. Die vrae laat my vêr terugdink. Ek is weer ‘n klein dogtertjie, en herleef die jare tot die Apartheidswet afgeskaf is. Die vorm word deur my geteken as toestemming dat wat ek gesê het gebruik mag word. Ek sug verlig toe hy hier uitloop, maar moes geweet het dis die einde niet. Marlé het met ‘n nie blanke man by haar werk dieselfde onderhoud gevoer, maar in Engels. Gisteroggend bel sy oppad werk toe. “Ek gaan onmoontlik tyd hê om vanaand die Engelse onderhoud te vertaal, en nog mamma en syne te tik. Ek e-mail vir mamma die opnames, en groot asseblief vertaal dit vir my, en tik alles uit.” Dis net mooi hier waar die paw-paw toe die fan strike, en my kop in chaos verander. Gelukkig is skoonseun by die huis en weet hy hoe om die opnames op my selfoon af te laai. Oorfone in die ore, skootrekenaar op die skoot en ek begin heel fluks. I.p.v die Engelse opname in Engels uit te tik, en dan te vertaal probeer ek direk vanaf die opname vertaal. Ek het nie woorde om te vertel watse gesukkel dit afgegee het nie. Hoeveel keer ek van vooraf moes begin, hoeveel keer ek my plek verloor het, hoeveel keer die opname net in die lêer terugspring en ek hom van vooraf moes soek om weer te begin. Die grootste probleem was egter my kop wat volstrek geweier het om woorde van Engels na Afrikaans te vertaal. “I achieved…..” “achieve, achieve…. wat de swernoot is achieve in Afrikaans?” Gaan tik die woord in google translate…. tik hom op die skootrekenaar… en soek op my foon weer vir die opname. So het dit die hele middag gegaan, met elke Engelse woord wat nie “is, and, or are” was nie moes google help. Tot Hester moes op ‘n stadium uithelp. Is “segregation,” segregasie in Afrikaans? “Ja, segregasie kan gebruik word.” Dankie Hester!!! Na vele ure was ek klaar, en het my kleinseun dit op ‘n stokkie kom laai.

Moet sê dit was heel interessant om die Apartheidsera uit ‘n nie blanke se oogpunt te hoor.

Mooi loop!!

20 gedagtes oor “Kameel – Chaos

  1. Dis ‘n baie interessante onderwerp as jy die ander standpunt ook aanhoor. Ek was op ‘n dag, jare gelede, besig met opleiding van ‘n Sotho man in Bloemfontein (dit was net voor die 1994-verkiesing) en skielik vra hy vir my: “Why are you whites afraid of us blacks?”. Daar was geen opleiding daardie dag nie – ons het die hele dag omgesels. Ek wens ek het ‘n opname van daardie gesprek gehad.

    Liked by 2 people

    1. Dit is onmoontlik met al die huis en leerwerk en die navorsing wat vir take gedoen moet word… en die take op sigself dat die kind alles alleen kan doen. Die ouers kla omtrent oor al die werk. My graad 11 kleinseun gaan slaap elke aand 12 uur en kom nogsteeds nie deur al die werk nie. Baie bly ek maak nie nou kinders groot nie.

      Liked by 2 people

    1. Hierdie ouma het met baie sukkel bietjie slimmer geword. Jy tik alles eers uit in Engels en vertaal dan. Dis nou as jou kop wil vertaal…. as hy net Engels wil praat gaan daar nog ‘n gesukkel met vertaling wees…. maar definitief nie die chaos van gister nie. Het jy jou verjaarsdagwens op jou Fb status gesien? Het jou nie by Towerinne gelyk gewens nie. Mooi naweek vir jou!!

      Like

  2. Lekker interessante chaos wat jy gehad het. Die kinders van vandag moet vreeslik baie persoonlike navorsing doen. Ek het simpatie met jou want my vertaling gaan ook so. Skryf in Afrikaans wat ek wil sê en vertaal dit dan in Eng. Ook andersom. Dit vat my ure van sit en vertaal omdat my Eng ook nie altyd van die beste is nie. Ek het gelukkig nou twee programme wat my met die Engels help. Ek het nou meer selfvertroue om te skryf. Dankie vir jou inskrywing vir Maandag se wasdag.

    Liked by 2 people

Gesels met my ...