“Ek hoor daar het ‘n leeu en vlooi en of ander vlieënde muis van Barnum se sirkus die trein verpas, ons sal hulle eers moet kry. Skryf die finale.” So sê Vuurvliegie vir my. Hier dan is my taak.
“Mamma mia, mamma mia,” is die enigste woorde wat sin maak uit die stortvloed Italiaanse woorde wat Lorenzo uiter, terwyl hy sy kop vasgryp, en dan weer met sy arms wild in alle rigtings beduie. Hester probeer hom kalmeer, maar die man is buite homself. Koppie in die hand staan ek die toneel en dophou. Ek wou suiker kom leen, en kom toe op die petalje in die stoepkamer af. “Ek dink hy probeer jou sê dat sy eend weg is Hester,” laat ek ongevraagd van my hoor. Die twee tol om en Lorenzo skud sy kop geesdriftig. “Si, si” sê hy en wys na modderspore op die vloer. By nadere ondersoek kyk ons grootoog na mekaar. “Dis leeuspore,” fluister Hester, en ek knik my kop instemmend. “Natuurlik een van die sirkusleeus wat ontsnap het,” sê Hester weer – maar hierdie keer is daar iets onheilspellends in haar stem. Dit voorspel niks goeds vir die leeu nie. Ook nie vir my nie maar ek het dit nie toe geweet nie. “As daardie leeu dink hy kan by my huis instap en maak en breek soos hy wil sal hy vandag uitvind wie is baas hier.” Met die woorde stap sy by die stoepkamer uit, en kom ‘n rukkie later in sirkusklere terug.
Sweep in die hand staan sy daar. ‘n Groot ou Sanna gooi sy vir Lorenzo, “You only shoot when I say so.” “Kom Kameel!” en met ‘n knik van haar kop wys sy ek moet saamstap. “Hester ek het net suiker kom leen,” stribbel ek teë, maar sy val my in die rede. “Jy wou mos sirkus speel, wel vandag gaan jy sirkus sien. KOM!!” “Waar gaan jy vir die leeu soek?” waag ek ‘n vraag, en kry yskoue rillings toe sy my antwoord. “In die grot, waar anders?” Ek steek soos ‘n steeks perd vas, “Oooooo asseblief ek wil nie grot toe gaan nie, ek is bang vir vlêrmuise!!” Maar Hester is ongenaakbaar. “Vlêrmuise, my voet daar loop ‘n leeu los en jy is bang vir ‘n vlêrmuis.” “KOM!!”
‘n Mens kan duidelik sien Hester is op ‘n misie soos sy berg se kant toe stap. Ek kom bibberend agterna, en dan Lorenzo met die sanna oor sy skouer. Miskien kan ek Lorenzo oorhaal om vir my op die uitkyk vir vlêrmuise te wees. Ek stap stadiger totdat hy net hier agter my is. “Lorenzo,” fluister ek “when you see a mouse with wings, will you please shoot it.” Verbeel ek my of is daar ‘n snedige uitdrukking op sy gesig toe hy so ewe sarkasties vir my sê, “Why do you speak in such childish jabber Camel, do you think I am intellectually impaired? If you mean a bat, say so, and no I will not shoot it, I take my orders from Hester and her only.” Het ek valstande gehad sou ek dit net daar ingesluk het van verontwaardiging. “Wie is jou Camel?” skreeu ek vir hom. “Lyk ek vir jou na ‘n pakkie sigarette?” “Waddehel!!” Hester het tot stilstand gekom en haar oë skiet vonke na my en Lorenzo toe. Ons staan soos twee skoolkinders voor haar. Sy lig haar sweep, “Luister nou mooi vir my, gedra julleself soos grootmense of ek klim vandag in albei van julle in.”
Hoe nader ons aan die grot kom hoe meer raak my bene soos jellie. En dan sien ek hom. Hy kom by die grot uitgevlieg. Sy vlerkspan so wyd soos ‘n klein vliegtuig, sy mond wawyd oop en sy tande!!! Hy kom direk op my afgevlieg. Ek gooi hom met die koppie maar dit verdwyn net by sy keelgat af, en dan is ek binne in sy mond. Alles word pikswart, en al wat ek hoor is my gille wat in die donkerte weergalm.
“Kameel,” die stem kom van vêr af. Ek probeer my oë oopmaak, en sien lig. “Is ek dood?” vra ek. “Nee, nee nie dood nie maar jy moes ‘n vreeslike nagmerrie gehad het. Ek het jou daar van my huis af hoor gil.” “Scrapy is dit jy?” vra ek…. as hierdie newels net wil lig. “Ja, dis ek. Kom sit regop en drink hierdie suikerwater.” Ek beur teen die kussings orent en sluk gehoorsaam die suikerwater. “Is Hester ok?” vra ek. Scrapy skud haar kop. “Hester sal ok wees wanneer daardie gegiste maroelas uit haar sisteem gewerk is. Sy loop daar op die meent in sirkusklere rond, en vertel vir almal sy is ‘n leeutemmer.” “Eina,” sê ek en lig my pajamatop op. “So ‘n vervlakste vlooi kyk hoe het hy my gebyt.”
Mooi loop!!
Volg hierdie skakel https://fresh.inlinkz.com/p/556868f82eae403d9143258e74ee97b1 om alle bydraes tot hierdie reeks in volgorde te lees.”
Meester storiespinner. Puik liewe Kameel.💝✏📚💐🏆🎖
LikeLiked by 1 person
Dankie Vuurvliegie. Wou eers nie byt aan jou uitnodiging nie maar toe ek vanoggend wakker word pak die gier my sommer so uit die bloute. Mooi naweek vir julle!!
LikeLike
Lekker rus.Groetnis.
LikeLiked by 1 person
Hester in ‘n leeutemmer pakkie, sy gaan nie weer maroela nie. Bwahaha.😂😂😂
LikeLiked by 1 person
Ek dink ook nie Hester sal tweekeer dink voordat sy weer maroelas eet. Sou haar graag in haar sirkuspakkie wou sien 😁😁😁
LikeLike
Is dit ek daai in die halwe tuniek en die visnetkouse? Wow! Kyk Kameel, jy kan ‘n storie spin dat hy blink soos ‘n spinnekop se web in die oggenddou, dis nou maar seker. Lorenzo met ‘n sanna! Behoede my. Wat weet daai Italianer van die ou boere se roere? Hahaha, uitstekend.
LikeLiked by 3 people
Jy kannie sê jy lyk nie sexy in jou outfit nie!!! Hoop jy is nou by na die maroela episode. 😂😂😂😂 Die Italianer en ‘n sanna!!! Sal ‘n goeie fliek uitmaak. Sien ek wil alweer kalklig toe.
LikeLiked by 2 people
Ek dink ons moet sommer ‘n tv-sepie begin.
LikeLiked by 1 person
Ek het al dieselfde gedink…. ons kan ryk word. Wie sal ek bel?
LikeLiked by 1 person
NHJee vodde, nou vra jy my. Ek kyk al so lankal nie meer tv nie – ek het al weggeraak in die middel van Egoli.
LikeLiked by 1 person
Kyk ook al vir jare nie sepies nie. Netnou het ons weer ‘n sirkus op ons hande…. so ons bly maar uit die limelight uit.
LikeLiked by 1 person
Sjoe! Maar Hester is seksie! Ek het julle soooo staan en kyk toe julle drietjies grot toe loop, Hester kwaai, jy bang, Lorenzo met groot oë.
Nou wil jy my kom vertel dit was net ‘n droom! 😱
LikeLiked by 1 person
Net ‘n droom Toorts… net ‘n droom!!! Anders was ek vandag nie meer met julle nie…. daarvoor sou daardie monster gesorg het.
LikeLiked by 1 person
Lekker gelag vir die ene!
LikeLiked by 1 person
So ‘n bietjie plesier op ‘n Saterdagaand 😊 as dit aand is daar.
LikeLiked by 1 person
Dit is. Al nag ….
LikeLiked by 1 person
Kameeltjie, ek sit in die Kruger Wildtuin die kaskenades en bekyk. So was hierdie als net ń droom…? Mag ek al dankie tog sê…?
LikeLiked by 1 person
Net die laaste gedeelte met Hester as leeutemmer opsoek na die vermiste leeu was ‘n droom. Die res Unatjie het alles gebeur. Jy by Carnival City op die swaai… die sirkus hier in Rebusfontein en die ontploffing. Was dit nie lekker om famous te wees nie?
LikeLike
Nee, ek wil nooit weer famous wees nie, het my les geleer.🤔😂😂😂
LikeLike
O genade dit het ek nou geniet. Bang vir vlêrmuise? Lorenzo met n Sannaen jy en Hester voor hom? Ek weet nie so mooi of dit n goeie einde so wees nie. Wat as Lorenzo die twee rokende oompies sien in die grot se bek? Nou is ek eers bekommerd oor Trompie. Hy kan nogal leeuemoed bymekaar skraap en die leeu verskeur! Nou lag ek eers weer oor daardie vals tande, myne sou beslis uitgevlieg het saam met die vlêrmuis. Jy kan darem maar lekker stories skryf.
LikeLiked by 1 person
Dankie Scrapy. As Lorenzo daar losgebrand het onder die spoke was ek en Hester ook heelwaarskynlik bokveld toe 😂😂😂😂 Eienaardig dat ‘n mens nooit te oud word vir stories nie.
LikeLike
Beslis nie te oud nie. Snaaks ook hoe die stories sommer kan uitborrel en n hele see vol golwende oomblike voortbring! Nou herinner jy my dat ek n storie wil opsit vir Maandag se wasdag. Dit sal maar tot more moet oorstaan.
LikeLiked by 1 person
Oelala, jy het my lekker laat skater. Jy skryf te oulik. Man maar Hester is seksie al is sy so kwaai… never a dull moment…
LikeLiked by 1 person
Dankie Bondels. Kyk kwaai is Hester beslis… ons het al van Toweropstal se dae maar lig vir haar geloop. Sy lyk omtrent mooi in haar sirkusklere…. hopenlik werk die maroelas nie te gou uit nie, en kan sy nog dae lank dink sy is ‘n leeutemmer. 😂😂😂
LikeLike
“Camel” – bwahahaaa!! …en “hiert jy!” vir die leeutemmer.
LikeLiked by 1 person
Kan jy glo dat die man my sommer op daardie sigarette se naam noem 😊 Hester kan maar vir Barnum in sy sirkus gaan werk. Met daardie uitrusting sal sy baie aandag kry.
LikeLiked by 1 person
So bly dit was net ń nagmerrie. Sexy Hester🐾🐾🐾🐾🦁🦁
LikeLiked by 1 person
Ek ook Trommeltjies, anders was ek bokveld toe. Jip ons Hester het dit!!!
LikeLike
Grote genade, jy’s mos bang vir niks. Ek sal ook nie met Hester skoor soek nie, onder daai sexy uitrusting skuil ‘n leeutemmer
LikeLiked by 1 person
Jy weet hoe versigtig trap ons om haar 😂😂😂
LikeLiked by 1 person
Ek is al weer agter….sjoe Kameel….dat n koppie suiker nou in so n gedoente kan ontaard….eish. Never a dull moment met hierdie tebusfonteiner towerinne nie!!
LikeLiked by 1 person
Ek gaan nie weer suiker leen nie. Beste is om stil in jou huis te sit en brei 😊
LikeLike
Ja..met bitter koffie
LikeLiked by 1 person
Ek het dit nou so geniet! Jy skryf so humoristies, Kameel. Sjoe, Hester lyk formidabel in daardie uitrusting…selfs ‘n leeu sal bang wees vir haar.
LikeLiked by 1 person
Bly jy het my nagmerrie geniet 😂😂😂 Ja nee onse Hestertjie hoort definitief in die sirkus!!!
LikeLiked by 1 person