Die Towerinne lyk asemrowend mooi waar hulle gemasker in die arena staan. Seegogga was verniet bekommerd dat ‘n lyndans vervelig gaan wees. Die pragtige rokke sal die toeskouers se aandag hou, om nie eers te praat van Lorenzo in sy tux nie. Onder oorverdowende musiek en kleurvolle ligte is ons ‘n rukkie gelede dramaties deur Mnr Barnum die arena binne gelei, en voorgestel. Nou is dit ons beurt om te “perform.” Dit voel of my hart by my keel gaan uitspring en ek hou Lorenzo se arm stywer vas. Die musiek begin, en ons begin die dansbewegings uitvoer wat ons die afgelope paar dae so hard aan geoefen het. Die musiek pols deur my are en ek wonder of die ander Towerinne nes ek voel… weggevoer deur die musiek en die epiese aand. Dis soos ‘n droom, en ek is spyt toe die musiek begin wegsterf en ons die laaste draai gee. Dan hoor ons dit – die gedreun van motorfietse; die volgende oomblik ry die bikers – uitgevat in aanddrag – die arena binne. Ons kyk verstom hoe hulle al vinniger, en vinniger om en om die arena ry of eerder tol, en dan soos een man tot stilstand kom, van hulle motorfietse afklim en in die arena spring. Wat volgende gebeur kan julle op die video sien.
Footloose!!! Die Towerinne het hulself vergeet. Ons kyk, ons lag, ons dans… party bietjie wilder as ander…. en die gehoor is op hulle voete… die applous oorverdowend. Ons kon geweet het Mnr Barnum gaan nie tevrede wees met net ‘n lyndans nie.
Die ligte verdof, stilte sak toe en almal kyk op na waar ‘n lig skyn. Stadig sak ‘n swaai af aarde toe, en kom ‘n ent bokant die grond tot stilstand. Una, sit prentjiemooi daar. Haar beenhare is opgebind en met blink strikke vasgemaak. Die volgende oomblik stroop Lorenzo sy baadjie van hom af en behalwe vir ‘n krawat en swart strikdas staan hy kaal bolyf daar. Ons snak na ons asems maar die “spotlight” is nie meer op ons nie maar op Una en Lorenzo wat ewe skielik in ‘n akrobatiese danser verander toe die musiek begin.
‘ n Paar vinnige bewegings en hy staan onder die swaai en strek sy arms na bo, en met die woorde “Take that ribbon from your hair, shake it loose and let it fall,” maak hy die strikke in Una se beenhare los, en met elke strik wat hy losmaak val haar beenhare soos ‘n skitterende waterval oor hom totdat dit hom heeltemal bedek. Dit wat hom hier voor ons afspeel is hartroerend mooi, en ons saam met die gehoor wag ademloos vir die akrobatiese vertoning wat gaan begin.
Soos skimme verskyn die bikers in die skemerlig voor die Towerinne, en voordat ons besef wat ons tref tel hulle ons op, sit ons op hulle motorfietse neer en verdwyn stilweg met ons. Hoe jammer dat ons nie die vertoning enduit kan sien nie… maar dit is nou Una se beurt om te skitter. Sy is die groot aantrekkingskrag. Die ster van die vertoning, en ons kan bly wees dat ons toegelaat was om in die kalklig te deel.
Mooi loop!!
Volg hierdie skakel https://fresh.inlinkz.com/p/556868f82eae403d9143258e74ee97b1 om alle bydraes tot hierdie reeks in volgorde te lees.”
Meegevoer deur die ligte, die musiek, die bikers, Una se beenhare, maar meeste van alles deur jou vertelling. Baie goed gedoen
LikeLiked by 1 person
Dankie Positief. Gehoop julle sal van ons openingsaand hou. Ons het mos hard gewerk om daar te kom 😊
LikeLiked by 1 person
Ons romantiese Kameeltjie op haar heel beste!!! Wat ń openingsaand, Kameel. Dis ń vertoning wat ek nooit sal vergeet nie, dankie dankie. En Lorenzo met sy kaal bolyf… Ag, jou weergawe is skitterend, en die hele toneel met die aaklige beenhare tower jy in ń romantiese akrobatiese dans in. Jy mag maar skryf, Kameel, jy mag maar.
LikeLiked by 1 person
Dankie Una, gehoop jy sal daarvan hou. Miskien kan jy vir ons verder skryf… en onthou dit was net die openingsaand. Die ander drie aande tree net jy op. Maar jy gaan skitter!!!
LikeLike
Kameel! Jy vertel so mooi, ek sit met ‘n glimlag op my gesig en hoendervleis op my arms. Wat ‘n vertoning!
LikeLiked by 1 person
Dankie Toorts baie bly julle hou daarvan. Nie geweet jy kan so dans nie… het jy gesien in die video hoe jy daardie rok bietjie hoog optrek? 😂😂😂 Definitief footloose gewees jy!!
LikeLiked by 1 person
Man, as ek myself op ‘n verhoog vergeet, vergeet ek myself heeltemal. 👀
LikeLiked by 1 person
Kameel, Kameel!! Dis nou uit die boonste rakke! Sjoe…ek het nooit gedink beenhare sal my na sulke groot tye toe vat nie!
LikeLiked by 1 person
Was dit nie ‘n heerlike aand nie. Alles was betowerend mooi. Ek wonder wat die koerante nou te sê gaan hê.
LikeLike
Lief dit, het lekker saamgedans. My rok ook gou gewys, ek was bietjie stadig met die skakels deel.
LikeLiked by 1 person
Bly jy het dit geniet 😊
LikeLiked by 1 person
Terugklingel: Wie is dit op die olifant se rug? – toortsie.com
Sjoe! Ek is nou skoon uit my asem uit (soos my man man altyd sê). Wie is die simpel vent wat my daar uitgepluk en op die motorfiets neergeplak het voordat ek klaar kon kyk? Meesterlik vertel, Kameel.
LikeLiked by 1 person
Dankie Hester. Jy kan darem vir jou dans hoor. Het daardie groen rok van jou hoog gelig 😂😂😂 Ek wou ook nog klaar kyk maar ons verdwyning was deel van die opvoering. Nou wil Una nie eers die akrobatiese dans wat gevolg het vir ons beskryf nie… sy het nie ‘n romantiese haar op haar kop nie. Maar dis mos die beenhare wat hier praat of hoe?
LikeLiked by 1 person
Sy sal maar moet skryf! Hoe kan sy ons nou aan so ‘n cliffhanger laat hang? A nee a. Jy het darem self daai voetjies van jou gelig, Kameel. Ek het jou dopgehou en daar was geen teken van ‘n dronk kop nie.
LikeLiked by 1 person
😂😂😂😂😂 Ai ek was mos altyd gek na die dansvloer. Seker weer gedink ek is jonk en soepel.
LikeLiked by 1 person
In Rebusfonteinverhale bly ons altyd jonk en soepel, selfs al loop ons met grys hare rond.
LikeLiked by 2 people
Ook weer waar. Geen wonder ons het kans gesien vir die sirkus nie 😂😂😂 Paar dae gelede vra ek my kleinseun of ek op sy sportfiets kan ry. Nou die fietse is duur en nie sommer net ‘n klim en trap nie. Was baie hartseer toe ek nie my balans kon hou en wegtrek nie.
LikeLiked by 1 person
Jip, dis eintlik tragies dat ‘n mens se vermoëns so aangetas word deur ouderdom en siekte, veral as jou gees nog so gewillig is.
LikeLiked by 1 person
Bravo bravo bravo!! Ag Kameeltjie jy vat my hartsnare so vas. Ek het heerlik oopbek vasgevang staan en kyk vir Una en Lorenzo, dit was hartsnikkend mooi
LikeLiked by 1 person
Dankie Bondels. Hoe voel dit om in die limelight te wees? Ek dink die aand was ‘n reuse sukses. Hopenlik dink die pers ook so. 😊 Wens ons kon Una hulle se hele akrobatiese dans gesien het… maar ai sy is so sku om daaroor te praat.
LikeLike
Aarde land, ek het ademloos deur die verhaal gelees, jy het dit meesterlik gedoen kameel. Sal net graag wil weet hoe het daardie balrokke op die moterfietse gelyk, ons sou moes hoog oplig en baie been wys….
LikeLiked by 2 people
Dankie trommeltjies. Gelukkug was Una en Lorenzo in die lig en ons in skemerte. Dink ook daar was baie been te sien 😂😂😂😂 Maar moenie ons Footloose dans weggooi nie. Het jy gesien hoe party Towerinne daardie balrokke opgetel het?
LikeLike
Kameel, jy is ‘n meester in die romantiese skryfkuns! Ek het dit nou so geniet!
LikeLiked by 1 person
Dankie Perdebytjie. Dink ek het die romantiese streep van my ma af weg. Sy het troutokke gemaak en vir haar was elke rok ‘n prinsesrok in ‘n liefdesverhaal. Ons het lekker gedans nê…. jou rok was deurskynend 😂😂😂
LikeLiked by 1 person
Ek het nie eers ‘n rok aangehad nie…🤣🤣
LikeLiked by 1 person
Oooooo gedog jou rok was deurskynend. Maar not to worry jy het pragtig gelyk so onder al die kleurvolle ligte. 😂😂😂
LikeLiked by 1 person
Ek het darem ‘n lyfkous aangehad, wat die haelskade verbloem het!
LikeLiked by 1 person