Kameel – In my twintigs

Una vra ‘n foto van ons in die tagtigs…. bedoelende die datum nie ouderdom nie 😂😂😂😂 “oh my soul.” Ek sê vir haar my oudste seuns was toe al tieners. Sy gee my toe grasie…. ‘n foto in my laat twintigs sal doen. Probleem!!! My eks het al my albums van my kindertyd totdat ons geskei is verbrand. Die enigste foto is hierdie een wat my ma hulle laat neem het van ons familie. My twee oudste seuns was al gebore…. dus was ek seker so 25 jaar oud hier.

20190819_163421-1

Mooi loop!!!

Advertisements

33 gedagtes oor “Kameel – In my twintigs

    1. Ek het my eks na ons egskeiding glad nie meer herken nie, hy het heeltemal ‘n gedaanteverwisseling ondergaan. My seun sê dis die drank wat dit aan hom gedoen het. Hy het begin drink toe ek van hom weg is. Oor my albums is ek bitter spyt.

      Liked by 1 person

    1. My dogter se balletjuffrou se huis het eenkeer afgebrand. Ek onthou haar woorde aan my so goed. “Ek huil nie oor my huis of meubels nie, ek huil oor my fotos want dit kan ek nooit weer vervang nie.” Hoe waar.

      Liked by 1 person

  1. Nou vat jy my gedagtes ook ver terug. Die haarstyl en dan die bandjie om die nek met die blommetjie of camee is ook tipies van daardie tyd. Jy is beslis nie die lelike eendjie nie, Snaaks hoe diep sulke aanmerkings steeds raak. Die fotos is baie hartseer. My foto-albums is my belangrikste besitting.

    Liked by 1 person

      1. Nee man, dit sou my hart gebreek het en ek sou dit amper nie oorleef as dit moet gebeur nie. Daardie baba en kleuterfotos is eintlik goud werd. Was daar darem van jou familie wat fotos geneem het wat jy dalk kon herdruk? Ek onthou egter dat jy maar n anderse lewe gelei het toentertyd.

        Liked by 1 person

  2. woordnoot

    Ek kry ook daai bevlieging om as ‘n hoofstuk in my lewe verby is, ontslae te raak van al die memories van daai tyd. DIs ook hoekom ek fotos van myself by my sus meos soek. Maar Kameel…ek sien geen spoor van ‘n lelike eendjie nie! Ek dink jy is ‘n pragtige vrou!

    Liked by 1 person

    1. Dankie Woordnoot. Was maar net my twee ouer susters wat besonders mooi en begaafd was. Ek kan sowaar nie sê ek het vandag ‘n minderwaardigheifskompleks nie… moes net as kind baie spot van my ooms verduur. Hulle het dit as grappies bedoel maar die bokdrolletjie nekkie en tinktinkiebeentjies het ek nie gedink is snaaks nie.

      Like

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s