Kameel – Balrokke vir die lyndans

Screenshot_2019-08-16-15-36-29-1-1Ek kon gisteraand nie slaap nie, te opgewonde oor Una se faam (hoop dis die regte woord) en die Towerinne se uitstappie sirkus toe. Dan is daar die ding oor klere. Toorts sit so bietjie hande in die hare, te veel dinge op haar kerfstok om haar vinger op die pols te hou. Sy het alles vir ons mooi uitgelê; al wat nie heeltemal duidelik is nie is die klere wat ons op die openingsaand moet aantrek. Die Towerinne gaan dié betrokke aand lyndans. Woordnoot wil graag haar groen balrok aantrek, en ook ‘n masker dra. Tannie Frannie en Hester wonder of hulle nie keile kan opsit nie. Nou kom ek met die volgende voorstel, en julle mag met die grootste plesier ook eiertjies lê.

Lorenzo in ‘n tux in die middel met Towerinne weerskante in pragtige balrokke, almal met maskers oor die oë. Ek en Hester staan weerskante van Lorenzo – daar is ‘n geldige rede hiervoor en dit het niks met sy “looks” te doen nie. Ons dans soos Seegogga ons gaan leer…. en dan êrens deur die dans haal ons die maskers af gooi dit vir die skare, en sit keile op ons koppe. (Ek het al gesien hulle doen dit in ‘n lyndans met cowboy hoede.) Aan die einde lig ons die keile en maak ‘n diep buiging. Of anders kan net Lorenzo ‘n keil dra en die Towerinne die maskers. Hoe klink dit vir julle?

Ek is so mal oor my rok dat ek hom nie langer geheim kan hou nie.

Screenshot_2019-08-15-14-56-53-1

Lekker “shop” julle…. en onthou wat Toorts gesê het. Hare moet gekleur, ooghare gepluk ens ens ens word.

Mooi loop!!

Volg hierdie skakel https://fresh.inlinkz.com/p/556868f82eae403d9143258e74ee97b1 om alle bydraes tot hierdie reeks in volgorde te lees.”

34 gedagtes oor “Kameel – Balrokke vir die lyndans

  1. Oe! Dis ‘n baie mooi rok. Jy gaan the belle of the ball wees. Lorenzo in ‘n keil. Mmm … Dit laat my nou dink aan my skoolhoof wat in my matriekjaar een oggend in die saal afgekondig het dat die dogters vir die atletiekbyeenkoms net groen hempies moet dra – niks anders nie, net groen hempies. En die hele skool het uitgebars van die lag. Ons was histeries! En hoe rooier Meneer gebloos het, hoe meer het ons gegil van die lag. Dit was 1969! Die kuise jare en toe moes die skoolkinders hulle nou so wangedra. Enniehoe, ek sien jy sê Lorenzo gaan ‘n tux dra … 🤔 dus weet ek nou nie hoekom ek aan die groen hempies gedink het nie.

    Liked by 2 people

    1. Kan dink hoe lekker julle saam gelag het. Tongglips gewees daardie een. 😂😂😂 Lorenzo en groen hempies 🤔 Nee, ek dink ons moet maar aandrokke aantrek 🤗 Het die blog op Link…. probeer sit maar dit lyk anderste. Vra vir password. Sal maar weer probeer. Mooi aand vir jou.

      Liked by 1 person

  2. Kameel, jou rok slaan my asem skoon weg! Ons gaan groot! Haal maskers af en sit dan keile op, dit klink skokkend oulik! Weet nou wel nie waar ek gaan rondhang nie maar sowaar, balrok gaan ek ook dra.

    Liked by 1 person

      1. Seegogga moet ons die lyndans leer. Wals op daardie aand gaan nie help nie… nie eers met G&T’s in nie. Moet nou net nie vir Lorenzo loop gryp en begin wals daardie aand nie!!!

        Like

      2. woordnoot

        Kan jy nou daai lyf sien wals??? O flippit..nee…eerder tango met die rooi roos…? Nee ek dink ek moet in die swembad inval…die water is nog baie koud!!😂😂

        Liked by 2 people

Lewer kommentaar op Kameel Kanselleer antwoord