Kameel – Die Sirkus kom Rebus toe

Hierdie is ‘n vervolg op ‘n verhaal wat Bondels begin, en Una die tweede gedeelte van geskryf het.

Dis vroegoggend toe ek in Bondels se tuin buk om haar Pasella plantjie te plant.

FB_IMG_1565701657478

Ek hoop die Towerinne hou van hulle verrassings. Vandat Vuurvliegie vertel het van Rebus se kwekery kon ek nie tot rus kom nie, en het besluit om vir elke Towerin ‘n plantjie te plant sommer net om dankie te sê vir hulle vriendskap. Ek het nog ‘n entjie om te gaan maar tot dusvêr het ek vir Hester eendjies geplant om op te maak vir haar Balieend wat… ag julle ken mos die storie.

FB_IMG_1565621877150

Vir Seegogga die “line dance.”

FB_IMG_1565621867951

Vir Woordnoot die wit duif as vrede

FB_IMG_1565621858988

Vir Scrapy engelvlerkies moeg na ‘n dag se werk

FB_IMG_1565621849345

Vir Toorts ‘n vriendelike glimlag

FB_IMG_1565621896914

Vir Una “babies” hoe dan anders

FB_IMG_1565621790609

Vir Frannie ‘n ballerina

FB_IMG_1565621806575

Vir Vuurvliegie ‘n vurige bal met ‘n liggie

FB_IMG_1565622598670

Wou vir Perdebytjie die skedels plant, maar toe kom hulle sommer self in haar tuin op.

Camilla….

FB_IMG_1565621778747

Ek word uit my droomwêreld geruk deur ‘n helse lawaai, en dan stormloop dit met die paadjie af, hamer aan die voordeur en val Bondels se huis binne. “Waddehel!!… kalm bly, kalm bly,” maan ek myself en haal ‘n paar keer diep asem. “Kom Geluk,” roep ek my kat en stap so rustig as moontlik na die voordeur toe. My hart klop in my keel maar ek nooi myself binne, en praat so normaal as moontlik. As Bondels in die moeilikheid is help dit nie ek raak ook histeries nie. Heel duidelik makeer Bondels iets, en my eerste gedagte is water… en toe sien ek dit. Una sit opgekrul in ‘n stoel en dit lyk asof sy agteruit deur ‘n doringbos getrek is, maar dis nie dit wat my asem wegslaan nie…. dis haar beenhare. Welige donker hare wat van die bank afhang en oor die grond versprei lê. “Maak toe jou mond Kameel,” snou Una my toe. Ek kyk na Bondels en sien sy is dik van die lag. “Bring die skêr en sny my beenhare Bondels,” sê Una nou naby trane. Bondels gehoorsaam maar ek keer haar. “Nee Bondels bring ‘n kam en borsel ons gaan hierdie hare was, kam en borsel en ons Unatjie gaan kort voor lank ‘n wêreldsensasie wees. Ek is nou so opgewonde dat ek al vinniger praat en dramaties met my arms beduie. “Dink net Una, lewensgrootte plakkate van jou wêreldwyd, en jou naam oral in neonligte. Jy gaan skatryk word sê ek jou, skatryk.” “Kameel bedaar,” sê Bondels en vat my skouers en skud dit effens. “Waarvan praat jy…. hoe gaan Una se beenhare haar wêreldbekend maak? Nee wag ek gooi vir jou ook tee met ‘n ietsie in,” en met die woorde loop Bondels kopskuddend kombuis toe. Ek sak behaaglik in ‘n stoel neer. Una staar my aan asof ek koekoes geraak het maar ek glimlag gerusstellend vir haar. “Dis jammer Frannie is nie hier nie, anders kon jy in haar toring gesit het met jou hare wat na buite hang… dis nou totdat hulle jou kom haal.” “Tot wie my kom haal Kameel?” vra Una, haar stem bewerig. “Mnr Barnum van die sirkus Una…. jy het mos “The Greatest Showman,” gesien, jy weet wie hy is.” “Jy wil my sirkus toe stuur!!!” roep Una geskok uit, maar ek weet sy sal met tyd bykom. Ek haal my selfoon uit my broeksak. “Ek bel net gou vir Woordnoot sy sal weet hoe om met Mnr Barnum in verbinding te tree.

Mooi loop!!

“Volg hierdie skakel https://fresh.inlinkz.com/p/556868f82eae403d9143258e74ee97b1 om alle bydraes tot hierdie reeks in volgorde te lees.”

75 gedagtes oor “Kameel – Die Sirkus kom Rebus toe

  1. Hier is mense wat na ons huis kyk, maar ek sit en gil soos ek lag, Kameel!!!! Ek gaan sirkus toe, o goeie genade. As ń freak met ń engelse super hero bulldog hond.

    Ons blommetjies is uit ń ander wêreld, vreeslik dankie. Dit is die oulikste idee, ons voel ge-eerd.

    Liked by 2 people

  2. O dankie vir my plantjie Kameel. Hulle is almal so oulik, maar die eendjies is wraggies iets besonders. En toe kry jy sommer die sirkusidee nog voordat jy Bondels se tee met ‘n “ietsie” in gedrink het. So ‘n brein moet bekroon word. Meesterlik geskryf.

    Liked by 4 people

    1. Menieres Virgo. Dertien jaar gelede net omgekap en was vir twee maande so dronk konnie my kop oplig nie. Stadig maar seker het dinge weer vorm aangeneem maar staan nooit heeltemal stil nie. Lyk of alles onder water is. Kry aanvalle wat baie erg is en my ore voel asof hulle wil bars. Val dan rond soos ‘n dronk mens…. loop agteruit as ek vorentoe wil loop wat snaaks kan wees. Gister vir die Here gesê ek is nou moeg om permanent dronk te wees. 😊

      Like

      1. Genade tog, dis aaklig en kan dink jy is moedeloos. Kyk na web page van ou wat leer om simptome te manage, naam is mind over meniere’s. Meestal leefstyle ding, help nogal met vertigo deel ook. Hoop jou wêreld hou sommer gou op spin (weet nie of jy op Stugeron is nie)

        Liked by 1 person

      2. Hulle het my aan begin op pille gesit maar nie gehelp nie. Menieres het my lewensgehalte omtrent opgefoeter. Ek was ‘n fotograaf met my eie studio. Moes alles los want ek kannie buk en draai of ronďkyk nie. Sê een middag vir my graad 1 kleinkind ek kan hom nie die middag met sy huiswerk help nie want ek is dronk. (Het ‘n erge aanval gehad en kon niks lees nie.)Volgende dag sê hy vir sy juffrou hy konnie huiswerk doen nie want sy ouma was dronk. Juffrou bel my dogter… en my dogter was nie baie gelukkig nie. 😂😂😂

        Like

      3. Lolol oor sy opvatting van dit, kan dink jou dogter was ongelukkig. Dit is ‘n aaklige ding om te hê en hoop die episode gaan gou oor. Wens kon meer vir jou sê, maar kyk na die site, dalk net iets wat kan help🤗🌻

        Liked by 1 person

  3. Terugklingel: Besturende Agent – toortsie.com

  4. Terugklingel: Perssensuur op Rebusfontein! | Tannie Frannie

  5. Terugklingel: Sosiale media bring glorie vir Rebusfontein se sirkus ster – Dr. Christa van Staden

  6. Terugklingel: Roem wag vir die Towerinne – toortsie.com

Gesels met my ...