Kameel – Rebusrus Amfiteateraand

Lê-jou-eier uitdaging – dankie Woordnoot. Die bloguitdagings noop ‘n mens tot introspeksie, en leer jou baie omtrent jouself. Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat ek nie as ‘n musiekliefhebber geklassifiseer kan word nie. Daar is nie ‘n manier waarop ek ‘n radio se geblêr dag in en dag uit in my ore wil hoor nie…. inteendeel ek lief stilte. Soos met my eet, slaap en “mood” patrone kry ek tye waarin ek musiek luister, maar dan kliphard sodat dit voel asof ek daarin verdrink. Gewoonlik is dit geestelike musiek. Nie dat ander musiek nie my voete laat jeuk of ‘n traan laat pik nie… maar ek is definitief nie ‘n musiekkenner nie.

(Indien daar twee videos op ‘n slag by ‘n lied wys die eerste video is die lied wat ek gekies het… die tweede een maak homself sommer hier tuis en verdwyn dan weer… ignoreer hulle asb.) Die musiek wat ek vir die Rebusrus amfiteateraand gekies het vertel meer omtrent my lewe. Van kindtyd af wou ek verhoog toe, drama was in my bloed. My ma het my al in my laerskooldae opera toe gevat. Dit was ‘n sprokieswêreld waarvan ek nie genoeg kon kry nie. Ten ere aan die verhoog; operas, musiekblyspelle, balletuitvoerings die volgende lied uit The Phantom of the Opera.

My liefde vir dans het ek van my pa geërf. Ongelukkig het ek nooit langarm leer dans nie. Toe ek oud genoeg was om te begin dans het Elvis op die toneel verskyn. Ek is saam met ‘n vriendin en haar ouers inryteater toe. Jailhouse Rock het gewys, en daardie aand het Elvis my hart verower. Vir jare daarna sou ek op sy en ander golden oldies se musiek jive en “party.” Soos hulle sê “Those were the days!!”

Ek was nooit ‘n liefhebber van Country musiek nie…. maar daardie cowboy danse. Ek kan vir ure, en ure na hulle kyk. Geniet dit saam met my. Dié lied waarop hulle dans se woorde praat met my hart. Ek het hierdie groot liefde gehad wat my hele lewensloop verander, en my op ‘n pad van diep hartseer gesit het. Ek het probeer vergeet “turn me loose from his memories,” en hoe harder ek probeer vergeet het hoe ‘n groter gemors het ek van my lewe gemaak.

Ken het op die toneel verskyn. Hy was net so lief vir die dansvloer, en ek het al harder begin “party” en die drank het vryliker gevloei. Ek was vinnig oppad afgrond toe. Die lied laat my aan ons tyd in Hillbrow dink.

God en Sy wette het ek in my tienerjare uit my lewe verban. Ken het my in volle rebellie een Sondag na ‘n kerkdiens toe gesleep. “Jy kan my vat maar niemand kan my maak luister nie!!” het ek in protes uitgeskreeu. Ek het nie met Jesus rekening gehou nie. Dit wat my juis so fassineer – grasieuse dansbewegings – is juis hoe die jong pastoor toe sy arms gebruik om te preek. In verwondering het ek gekyk, en onwetend na die boodskap geluister. Lang storie kort; ek het die Vrydag as ‘n “party girl,” by die werk uitgestap, en Maandag nuutgebore – met ore wat anderste hoor, en oë wat anderste kyk – daar ingestap. Ek weet nie wie was meer verbaas nie… ek of my kollegas. Die totale handomkeer het ek eers later verstaan. Godsdiens op sig self is dood, maar wedergeboorte is ‘n ontmoeting met God. Hy maak jou lewend deur Sy Gees, en daarom sien en hoor jy anderste as die wêreld. Vandag nog staan ek in verwondering oor God se groot genade, en ek luister selde sonder trane na die volgende lied.

Mooi loop!!!

Kom neem deel en hak jou blog aan die skakel wat spesiaal hiervoor geskep is!

https://fresh.inlinkz.com/p/24f3cd306d0d4f75a62c1f4aaa1fa76f

26 gedagtes oor “Kameel – Rebusrus Amfiteateraand

  1. woordnoot

    Kameel!!! EK kon nou eers jou musiek luister (so skelmpies by die werk) maar ek het nooit gedink dat ‘n pretuitdaging soveel na vore kan bring nie. Ek is in trane…dankie dat jy so deel met ons. En dit is die mooiste weergawe van Amazing grace.
    En by the way..ek het ook nooit leer dans nie maar as ek alleen is luister ek Elvis en dan probeer ek dans!

    Liked by 2 people

      1. Jou Steve se Heart het gemaak dat ek half twee vanoggend wakker word en wonder waaaar het ek die lied voorheen gehoor. Foon uit, oorfone aan en begin op utube soek. Natuurlik Gene Rockwell se Heart. Ek was gaande oor daardie lied. Sjoe het my omtrent jare der jare teruggeneem.

        Liked by 1 person

      2. Jammer, hoop jy het toe weer geslaap. Ek het so in my blog geskryf, Gene het dit geskryf nadat sy vrou hom verlaat het. En as ek reg onthou, het sy hom verlaat omdat hy verlam was. Maar my geheue kan my in die steek laat, ek moet gaan opsoek.

        Liked by 1 person

  2. Amper was ek laat vir jou konsert, maar ek het jou musiek so geniet. Ek gaan sekerlik Phantom die hele dag loop en neurie. Wanneer ek jou blogs lees, tref dit my altyd hoe ‘n lewe gestuur word op bane wat jy nooit beplan het nie en met gevolge waarvan jy nie kan ontsnap nie, as gevolg van besluite wat aan die begin so eenvoudig gelyk het. Tog kan jy ook ‘n verskil aan jou eie lewe teweegbring deur die manier waarop jy hierdie gevolge hanteer – en jy doen dit. Jy weet dat jy ‘n baie besondere mense is, nè liewe Kameel?

    Liked by 1 person

    1. Jy het my nou in trane Hester. So baie keer wens ek, ek het beter keuses in my lewe gemaak… dat my pad gelyker was. Maar soos ‘n Christelike sielkundige eenkeer vir my gesê het ek was te lief vir drama, ‘n rustige eenvoudige lewe sou my tot die dood toe verveel het. Ek soek daardie rus nou met ‘n seer hart. Dankie vir jou woorde !!!

      Liked by 1 person

    1. Bly jy het dit geniet Scrapy. Eienaardigste was dat ek baie diep moes delf en in die proses moeg anderkant uitgekom het. Ek moes ook sommer ‘n klomp lekker vrolike liedjies opgesit het… sonder introspeksie. Lekker slaap daar in die poskaart. ❤

      Like

      1. Ek het ook eers aan meer dieper stukke gedink en besluit dat dit my net omkrap. Toe het die klomp wat ek gebruik het vir my meer rustigheid gegee as wat die swaarder stukke was. Wil nie by jou selfmoord pos kommentaar nie. Daardie kinders/mense wil net perfek wees en daar word te veel van hul verwag. Dit knak hul totentaal. My man was hoofseun in matriek en gelowig en ook baie intellegent. Die samelewing verwag net te veel van veral die jong mense. Hier gebeur dieselfde.

        Liked by 1 person

      2. Dis tragies maar waar, hulle word van alle kante gedruk. As jy ‘n topleerling is, en dan nog in musiek en sport so goed presteer dink net onder hoeveel druk moes hy gewees het. Jy sal dit nog beter verstaan ❤

        Liked by 1 person

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s