Kameel – Lekker speletjie

Scrapy se Maandag = Wasdag 5 uitdaging.

SLEUTELWOORDE: bestuur, beperking(s),dink/bedink,keuse, vermaak.

Screenshot_2019-07-15-14-27-20-1

Daar is soveel beperkinge in die lewe, en in rebellie daarteen het ek my lewe opgefoeter deur die keuses wat ek gemaak het. Met tyd het ek geleer om myself meer beskaafd te gedra, maar ai ek is nooit heeltemal getem nie. Nou en dan verontagsaam ek nogsteeds reëls en etiket vir my vermaak. So was dit met die toastgooiery.

Dit is vasgeëts in my kinders se geheues, en so wan en dan noem hulle dit onder mekaar. Dit sal my nie verbaas as daar in my begrafnisbrief genoem word dat hulle ma ‘n bo-baas toast gooier was nie.

Érens op my lewenspad het ek ‘n liefde ontwikkel, of tot die besef gekom dat ek akkuraat kan gooi. Waarom dan tot by die asblik in my kamer loop as ek van waar ek staan die item in my hand in die asblik kan laat beland? “Gooi vir my ‘n appel,” sal Ken daar van sy leunstoel af sê, en ek sal daardie appel deur die lug laat trek en hy sal presies land waar Ken se hand is. Geen geskarrel om die appel te vang nie. Doen ‘n dame sulke dinge? Nee. Is ek ‘n dame? Nee… dit het my ma tot haar bittere spyt al vanaf my tienerjare vir my gesê.

Die toast gooiery het ingekom toe die ses kinders almal groot genoeg was om, om een tafel te sit. Oupagrootjie se agtmantafel was idiaal vir die doel maar hy het die kombuis volgestaan, en wanneer almal aangesit het geen beweegruimte om die tafel gelaat nie. Saterdagoggende se ontbyt was gewoonlik spek, eiers en roosterbrood. Of soos ons sommer gesê het “toast.” Probleem was, almal het dit warm gesoek, en die rooster kon net twee snye brood op ‘n keer hanteer. Ek raak toe die bobaas toastmaker. Die rooster word op die kas aan die bopunt van die tafel staangemaak. Sodra hy die brood uitspoeg vat ek dit en met ‘n “flick” van my pols tol die geroosterde brood deur die lug en beland presies in die bord van die persoon wie gevra het daarvoor. Dit was die lekkerste speletjie…. een wat ek nie sou durf waag speel het aan my ma se etenstafel nie. Ek weet nie wie dit meer geniet het, ek of die kinders nie. Soos met baie ander dinge het Ken my maar laat begaan.

Mooi loop!!!

33 gedagtes oor “Kameel – Lekker speletjie

    1. Om eerlik te wees ek voel nie trots op my toast gooiery nie…. nie ‘n goeie voorbeeld nie. Maar ai, hierdie liefde van my vir speletjies is moeilik om in toom te hou. Sal mooi eet wanneer ek saam Towerinne is 😇

      Liked by 1 person

    1. Ek voel verlig. Weet nie of ander sulke lawwighede aanvang nie… maar ek het lekker geoefen. Sonder om my bors uit te stoot dink ek dis die rede hoekom ek die mans onder die tafel ingespeel het met tafeltennis 😂😂😂😂

      Liked by 1 person

  1. woordnoot

    Lekker lag ek nou…ek sien al daai toast deur die lug vlieg! En die vangery!! Kon net groot pret gewees het. Laat my dink toe die Oom die Indian Mynah wat ons so verpes het een dag gooi met sy plakkie. DIe volgende oomblik gil hy dat hy die voël dood gegooi het. Sowaar! Die plakkie het die arme ding teen die kop getref en seker sy nek gebreek….

    Liked by 1 person

      1. woordnoot

        Nee, dit was nie ‘n mak voël nie, net baie windgat om ons te treiter…maar ek het sleg gevoel..die arme ding se lewe is wreed kortgeknip deur ‘n vlieënde plakkie.

        Liked by 1 person

    1. So met die terugdink besef ek dit was seker nie ‘n goeie voorbeeld nie… maar ai, ek het soveel dinge buite etiket gedoen. Geen van my vier dogters het toast gooiers geword nie… so my vermaak het darem nie nadelige gevolge gehad nie.

      Like

  2. Terugklingel: Deurmekaar kop – toortsie.com

    1. Lag ek nou vir jou…. sien myself op die netbalbaan 😂😂😂😂 Weet jy hoeveel mense het my gevra of ek netbal speel toe ek jonk was. Natuurlik oor my lengte en nie my toastgooi skills nie. Miskien het ek my hele roeping gemis 🤔 My kleindogter speel vir Wes Kaap netbal.

      Liked by 1 person

      1. Ek sal die brood rooster en aangee vir die towerinne, wat dit weer moet aangee tot by jou, vir die doelskietery! Ons moet net vir Danie,my insekte en die geveerdes daar weghou. Dink net watter fiasko sal dit afgee as een van hulle die brood gryp, as jy dit in die lug opskiet!
        Ek praat nou vreeslike nonsens..hahaa. Seker oor ek stukke beter voel…dalk is dit my pille wat my laat hallusineer..😂😂

        Liked by 1 person

      2. Jy het nie ‘n idee hoe geniet ek jou verbeelding prentjies nie. My hart klop sommer vinniger… net die idee wat van my verwag word 😄 Murphy.’s law en ek gooi alles mis 😂😂😂😂

        Liked by 1 person

Gesels met my ...