Kameel – wêreldreisigers

Scrapy Maandag: Wasdag 4

Maandag se Wasdag lê weer voor die deur. Ek gee vyf woorde waarvan jy een kan kies of almal of geen een nie. Alles gaan net oor lekker skryf in Afrikaans. Kom geniet dit saam met my. As jy geskryf het voeg jou skakel of pieng-terug, in by my kommentaar sodat ander ook jou bydrae kan lees.
As jy nie skryf nie kan jy net lees wat ander skryf en dit saam geniet.

Screenshot_2019-07-09-15-35-32-1

Ons het die wêreld deurreis, ek en my kleinseun. Hy was net drie jaar oud toe ons begin het; elke middag nadat ek sy spraak en arbeidsterapielesse met hom deurgewerk, en hy sy tv storie klaar gekyk het, het ek oorgeskakel na die Travel kanaal, en met hom wat styf teen my sit het ons saam gereis. Ons het saam gelag, saam asem opgehou, saam gesels… en skoonseun het begin mor, “Ma maak van die kind ‘n wêreldreisiger. Eendag wil hy net reis en nie werk nie” Hy… dis nou my kleinseun was seker so vyf jaar oud toe hy aankondig dat hy eendag ‘n vlieënier gaan word, en dat hy vir my die hele wêreld gaan wys. Ons het saam begin droom. Ons gaan die Himalyas klim, en met sy vliegtuig gaan hy laag binne in die Grand Canyon vlieg sodat ek alles mooi kan sien. Hy het my mooi laat verstaan dat waar hy my ookal heen vat ons gaan doen wat daardie mense doen, en eet wat hulle eet. Op ‘n dag kyk ons ‘n program waar die mense slange eet; ons albei gril maar soos ooreengekom sal ons eendag ook slange moet eet. Nie lank nie of hulle wys hoe die mense swaai. Vier laaaaang slapperige pale wat bo aanmekaar vasgemaak word. ‘n laaaang tou wat in die middel afhang en onder geknoop word… en dis jou sitplek. Dan word jy geswaai hoog hoog die lug in en die pale lig dan hier… dan daar. “No way!!!” sê ek “op daardie ding swaai ek nie.” So maklik kom ek nie weg nie. “Ouma moet swaai, ons gaan alles doen.” Ek stem in en dis ‘n hele rukkie later wat die stemmetjie van hier onder my arm kom. “As ouma vir my die slang eet, sal ek in ouma se beurt swaai.”

Hy word nou agtien, en staan outydse 6vt 6″ in sy sokkies. Hy gaan nie vlieënier word nie, maar het ook nie sy belofte vergeet nie. Gisteraand kom hy  die voëlnes binne, buk en sit sy arms om my. “Ek is so baie baie lief vir ouma.” “En ek vir jou my spesiale kleinseun.” Hy vertel in watter rigting hy besluit het om te gaan studeer, en al kan hy my miskien nooit oor die wêreld vat nie, hoop hy om eendag die wêreld na my toe te bring daar waar ek in my relaxer sit. Nie deur ‘n tv kanaal nie maar deur die hele voëlnes met die druk van ‘n knoppie in die plek te verander waar ek graag op daardie oomblik wil wees. Met die nuwe tegnologie is alle dinge moontlik… so wie weet watse avonture wag daar op my.

Mooi loop!!!

Advertisements

17 gedagtes oor “Kameel – wêreldreisigers

    1. Grootste voorreg gewees om hom onder my oë te sien grootword in die pragtige jongman wat hy vandag is Vuurvliegie. Het seker van sy ouma se gene wanneer dit by fantasie kom 😁😁😁

      Like

    1. Dit ìs een groot seën…. en ek sal die Here altyd dankbaar bly daarvoor. Ons het ‘n besonderse band. Ek is baie lief vir die ander drie wat ook op die erf grootgeword het, maar kon nooit daardie ure se alleentyd met hulle deurbring soos met hom nie.

      Like

  1. Oooo ek kan sien hoe jul sit en die wereld vol reis. Die slange eet storie klink maar grillerig en daardie swaaiery gee my klaar sooibrand. Dis so lekker om n kind te sien groot word en te sien hoe n pragtige mens hul uitdraai. Grot voorreg om dit te kan doen. Baie dankie vir jou deelname. Baie lekker geskryf- en ek gelees.

    Liked by 1 person

  2. Terugklingel: Kameel – Lekker speletjie – Kameel se gebabbel

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s