Kameel -Verwelkomingspartytjie en die blues

Woordsnoer – Rebus

rebus

Vuurvliegie sê n Kosbare snoer met tien woorde is weg. Ek het al oral gesoek. Nou kan ek nie ‘n Rebusfontein storie vertel nie. Ek ontdek ‘n briefie van Willemien Winter-Woorddief, daai ene wat ons skryfmuse so kortwiek en sommer mens winter gemoedsbekakking gee. Sy vertel dat sy die snoer gegaps, en gaan wegsteek het. Sy wil hê ons moet ‘n storie of wat skryf, dan sal sy ons uitlos.

Hier is die raaisels wat Willemien Woorddief vir ons gelos het. sy sê die woorde kruip ook weg in ons verwelkoming aan nuwe intrekkers. Gaan lees en soek by hierdie skakel: https://fresh.inlinkz.com/party/4d37c70b99244affaf04d8ea985b9271

——–@——-

Ek rits die tas toe;  “So ja, klaar uitgepak.” Dis lekker om terug te wees in Rebusfontein na my twee weke in die werklike lewe, maar diep binne my knaag die onrustigheid. “Hoekom antwoord Camilla nie haar foon nie?” Ek wou hoor of alles goed afgeloop het toe sy hier kom oorslaap het…. en of sy veilig by haar bestemming aangekom het. Asof ek nie genoeg mense in die werklike lewe het om oor besorgd te voel nie, dat ek my nou nog oor haar ook moet bekommer!!! Ek gaan sê gou “hello” by Toorts, en sal hoor of ek daar iets wyser kan word, besluit ek en stap voordeur toe.

Op die sypaadjie kom Lorenzo met die komieklikste hond aan ‘n leiband,  aangestap. “En die?” vra ek verbaas. “Danie,” sê hy “Una’s new dog.” “Wat sal Rebusfontein nog tref?” wonder ek, en voordat Lorenzo verder kan stap vra ek of hy miskien iets van Camilla se kuier af weet. Hy lyk meteens baie ongemaklik, en verbeel ek my of bloos die man. Sy was daar, hy het haar bietjie gaan rondwys, en toe raak hy haastig. Hy moet gaan, die towerinne hou ‘n verwelkomingspartytjie in Frannie se toring, en die sjampanje moet op ys kom.

Ek stap toring se kant toe. Daar staan ‘n motorfiets voor Frannie se huis parkeer. “Silver?” wonder ek, en besef dat ek nie met ‘n swaar hart by die towerinne wil aankom nie.  Quasimodo… ja met sy kalmerende invloed sal hy net die regte medisyne vir my wees. ‘n Rukkie later sit-lê ek op sy bank met die mooi laslappiestrooikussings wat Toorts vir hom gemaak het. Dis rustig hier hoog in die boom, en toe eers sien ek die uil ‘n entjie verder sit. “Quasimodo look,” fluister ek. Hy kyk op vanwaar hy ‘n beeldjie sit en uitkerf, en glimlag. “Porkie come visit.” “Scrapy se Porkie?” vra ek verbaas, en toe hoor ek dit. “Helloooo….” “Camilla!!!” roep ek bly uit, spring op en stamp my kop teen die lae dak. Quasimodo is dadelik by, wys my ek moet sit en skud sy kop “nee.” Met sy vinger wys hy na waar Porkie sit, maar Porkie is nie meer alleen nie, Pasella pronk al om hom en maak Camilla se stem perfek na. “Oh Lorenzo!!” sê hy, en ek, ek sit my hande voor my gesig en begin bitterlik huil. Quasimodo gee my ‘n groot wit sakdoek, en daarin snik ek al die werklike lewe se verdriet oor dinge wat so verkeerd is, en Jack ons vriend se dood, en Camilla se stilswye uit.

Met opgeswelde oë en neus, bloedrooi  van al die huil…. en my hare wat soos ‘n wilde wragtag s’n staan stap ek huistoe. Ek hoor die gelag uit die toring, en sien Perdebytjie diep in gedagte met haar kamera by ‘n visdam buk…. maar ek stap aan. Wat ek nou kort is ‘n natlap op my voorkop, ‘n bietjie slaap…. en wie weet wanneer ek daar wakker word is ek reg vir die toring en vir die towerinne se eskapades.

Mooi loop!!

So maak mens :

Kry die 10 woorde of name en skryf ‘n lekker Rebusfontein avontuur – onthou om jou antwoorde in vet letters te plaas! Daar is vier karakters en ses plekke/items.

Tower dan jou storie op. Maak seker om die 10 woorde in vetdruk (bold) aan te dui in jou skrywe.

Ons uitdaging strek oor twee weke, op 10 Julie 2019 sal die skakel sluit. Nooi blogmaats om saam te kom speel! En moenie vergeet om jou bydrae op Inlinkz te gaan aanhaak nie!

https://fresh.inlinkz.com/p/441ac97f21cd4d26acca046b62db5fc8

Advertisements

21 gedagtes oor “Kameel -Verwelkomingspartytjie en die blues

    1. Ai Toorts 😂😂😂😂 Quasimodo the hunchback of Notre Dame wat by Vuurvliegie in daardie hoë boom gaan bly het toe Nottre Dame in Parys gebrand het. Hy wag geduldig dat hulle die katedraal weer herstel. Sit net moue in my toppie… dankie.

      Liked by 3 people

  1. Awww, ons het jou gemis daar in die toring! Rus goed en vinnig uit – Rebusfontein floreer op jou kostelike verbeelding en vertellings. Bwahahaaa, dat Pasella nou so ewe op Camilla en Lorenzo gaan klik! Dis die heel beste beskrywing wat ek nog van Una se hartshond Danie gelees het: “komieklik” ❤

    Liked by 3 people

    1. Dankie Frannie. Altyd vir my kinders gesê help nie hulle doen agter my rug dinge nie, daar staan in die bybel die voëltjies sal vertel. Het vir hulle die vers gelees… en dit het groot indruk gemaak. 😂😂😂 Daardie Danie van Una is werklik iets anders 😄

      Liked by 1 person

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s