Kameel – Camilla in Rebusfontein

le-jou-eier1-e1512926357627

Hester se Lê-jou-eier. Stel jouself voor. Ek is oud en afgeleef maar kuier heerlik saam met die towerinne veral in Rebusfontein. Ek het ‘n alter-ego Camilla, wat so wan en dan haar verskeining maak om die lewe bietjie op te kikker.

Die rooi sportmotor draai by Towerinstraat in en ry stadig tot voor nommer 4. Die motordeur gaan oop, ‘n paar lenige bene in rooi stilettos swaai uit en dan kom ‘n blondine stadig regop en strek haarself behaaglik uit. Camilla haal haar donkerbril af en kyk met belangstelling na die huisie agter die spekboomheining. Sy sug toe sy die rankroos oor die voorstoep, en die toegerankte pergola sien. “Tipies Kameel,” sê sy hardop. “Cozy” is die enigste woord waaraan sy kan dink om die plek te beskryf. So dit is dan Kameel se sprokiesdorp waaroor sy so ‘n hoeihaai opskop.  Hoe Kameel gedink het sy kan in vrede hier kom bly wanneer daar in haar werklike lewe agt kinders, en sewentien kleinkinders is wat haar aandag nodig het, weet sy wat Camilla is nie. Sy is juis nou weer in Pretoria om agter haar dogter se honde te kyk terwyl dié in Namibië rondrits. Camilla sit haar donkerbril in haar handsak en kyk rond of sy nommer 1 kan sien. Kameel het gesê die sleutel kan by Hester afgehaal word.

‘n Rukkie later kyk sy oor nommer 1 se heining en sien ‘n man in ‘n denim ‘n bedding omspit. Onder sy bruingebrande vel bult die spiere soos hy werk, en sy lyf blink van die sweet. Sy hou hom ‘n rukkie geammuseerd dop, en roep dan “Helloooooo….. Lorenzo? Sy sê die naam vraend. Wie anders kan hy wees as die Italiaanse busbestuurder waarvan Kameel haar vertel het. Lorenzo kyk ‘n oomblik verbaas na die blondekop vrou, en dan asof selfbewus tel hy sy hemp van die gras af op en trek dit aan voordat hy naderstap. Sy hou glimlaggend  ‘n perfek versorgde hand na hom toe uit. “Camilla… en jy is Lorenzo reg?” Haar naam val soos musiek op Lorenzo se ore, en hy herhaal die naam asof hy behaaglik daaraan proe. Met ‘n vinnige beweging vee hy sy hand aan sy denim af en dan omsluit sy vingers hare in wat soos ‘n uitgerekte liefkosing voel. Voordat sy haar hand kan wegtrek bring hy dit na sy lippe toe. Sy oë verlaat hare vir geen oomblik nie. “Welcome señorita,” sê hy, en sy twyfel vir geen oomblik dat hy die woorde bedoel nie.

In die seegroen en wit kombuis is Camilla besig om ‘n piekniekmandjie te pak. Nie dat daar ‘n groot verskeidenheid kos in die yskas is om van te kies nie. Soos gewoonlik is Kameel se yskas “boring,” behalwe natuurlik vir die blik sjokolade wat sy altyd in haar yskas aanhou. ‘n Bottel sjampanje en twee glase voltooi die skamele maaltyd. “So ja,” sê sy en tel Geluk – Kameel se swart kat uit haar kleindogtertjiejare – op. “Ek hoop tannie Toorts kyk mooi na jou terwyl jou ma weg is,” praat sy met die kat.  ‘n Ligte klop aan die deur en dan verskyn Lorenzo in die vertrek. Sy hare is nog klam van die stort, en die geur van naskeermiddel hang aan hom. In sy skoon denim en t-hemp is hy ‘n prentjie van manlikheid. Geen wonder Kameel het gesê Hester hou ‘n fyn oog oor hom nie. Dis nou jammer die towerinne is juis vandag saam met die bikers op ‘n uitstappie. Hopenlik sien sy hulle vanaand, maar nou gaan sy en Lorenzo eers piekniek hou. Hy het haar vertel van ‘n geheime plekkie waarheen hy wegbreek wanneer hy ‘n kans kry, en wil dit graag vir haar gaan wys, en toe huiwerig bygevoeg dat ‘n swemkostuum handig mag inkom.

Lorenzo maak die agterhekkie vir haar oop en saam stap hulle die veld in. Blommetjie die koei bekyk hulle al herkouend, en die bye zoem deur die lug opsoek na nektar. Hulle stap deur die veld en nie lank nie of Lorenzo wys ‘n paadjie aan wat na ‘n digbegroeide bos toe lei. Ewe galant help hy Camilla  die steiltes af, en toe vou die bos hulle toe. Dis ‘n geheimsinnige afgesnyde wêreld wat hulle binnestap. Onwillekeurig hou Camilla haar asem op… sy hoor water en toe sien sy dit. Die pragtigste poel water omring met varings waarin ‘n waterval sy water oor hoë rotse stort. “Oh Lorenzo!!” sê sy skaars hoorbaar. “You like” vra hy heel angstig. “It’s beautiful!!” Met oë wat soos sterre blink kyk sy na hom. “You are more beautiful…. Camilla,” Sy stem is ernstig, en sy oë vertel sy eie storie.

Klaar geeët lê Camilla terug op die kombers en kyk deur die blaredak na die blou lug. Langs haar lê Lorenzo op sy sy met sy kop in sy hand gestud. Hy kou ingedagte aan ‘n grashalm, sy oë liefkosend op Camilla gerig. Deur die etery heen het hy haar van sy ma, broers en susters in Italië vertel. Sy het hom uitgevra oor die towerinne en het ‘n paar heel interessante brokkies nuus gehoor. Camilla glimlag toe sy aan die towerinne dink, maar word na die hede teruggeruk toe sy Lorenzo se warm asem in haar nek voel. Hy fluister haar naam skor, en vir een salige oomblik sluit sy haar oë en strengel haar vingers deur sy donker hare, maar dan druk sy hom weg, en sit regop. “Let’s go for a swim Lorenzo.” Hy knik sy kop instemmend en trek sy t-hemp oor sy kop. ‘n Rukkie later weergalm hulle gelag deur die  bosse

Mooi loop!!

Om die ander bloggers se bydraes te lees, gaan loer in by hierdie skakel op InLinkz: https://fresh.inlinkz.com/party/4d37c70b99244affaf04d8ea985b9271

 

60 gedagtes oor “Kameel – Camilla in Rebusfontein

  1. Kameel! Nee man, jy weet ek hou geen niks van romantiese stories nie, en nou staan en skryf jy my in hoendervleisie-lekkerte in! Nee alla aarde, ek is te oud vir sulke gevoelenthede! Ek gaan dadelik vir myself ñ age-restriction op my blog laai!

    Liked by 1 person

  2. WHAAAA!!! Kameel, wat gaan hier aan??? Wat maak daardie flêrrie hier op my drumpel? Sy kom sweerlik net hier kuier om vir Lorenzo te verlei. Kry haar onder beheer voordat ek haar pruik afruk en haar oor die kop slaan met haar eie stiletto!

    Liked by 5 people

      1. Frannie hoekom is julle nou so kwaad vir Camilla? Sy het dan hoeka by Toweropstal julle so baie gehelp. Kan sy nou help as die manne hulle harte elke keer verloor? 😎

        Liked by 1 person

  3. woordnoot

    Hi Camilla…ons het nog nie ontmoet nie! EK is Woordnoot, die vervelige ou enetjie wat nie eers kan bad sonder om moles te maak nie…ek het al so baie van jou gehoor! Sjoe, jou reputasie loop jou vooruit! Ek glo ook mos nie sommer alles wat ek hoor nie, so ek sal jou maar fyn dophou hoor! Ek ken Frannie en Hester nie as mense wat sommer opstêrs raak nie….ek moe sê, ek laaik daai stilleto’s. …..very nice!

    Liked by 1 person

    1. Frannie het nou net verduidelik almal voel heel moederlik oor Lorenzo en Camilla weet hoe om mans met hulle fyn ego’s se harte te breek. Ek sal met haar praat…maar Camilla is Camilla jong…ek dink nie sy besef aldag wat sy aanvang nie. Daai rooi stilettos is haar trademark.

      Like

    1. Ai Camilla het hulle so mooi uitgehelp in toweropstal…. nou is hulle lelik met haar. Gedink Hester gaan nie te gelukkig wees nie… maar nou nog Frannie daarby. Sy is seker bang Silver daag op terwyl Camilla daar rondhang. 😗

      Liked by 1 person

      1. Camilla sal nie doelbewus iemand se geliefde van hulle wegneem vir pret nie. Dan is Silver veilig teen haar charm waarvoor die mans so val. Camilla is maar net Camilla 😗

        Liked by 1 person

  4. Daar slaat Camilla ou Lorenzo se nommer 12s onder hom uit. Sy bly maar een op haar eie manier. Piekniek met amper niks? Gelukkig het die sjampanje darem die tweetjies lekker laat ontspan. Hoop nie een verdrink nie. Dit sal n gedoente afgee as Hester op Lorenzo afkom wat besig is om Camilla die lewens kus te gee.

    Liked by 2 people

  5. My tone krul van pure lekkerkry! Vir ‘n paar oomblikke het ek my verbeel ek is Camilla wat saam met die gespierde Lorenzo, by die waterval lê…helaas dit was net ‘n Rebusfonteingedagte!
    Pragtig geskryf, Kameel…ons eie Barbara Cartland!

    Liked by 1 person

  6. Terugklingel: Verwelkom nuwe inwoner op Rebusfontein – Dr. Christa van Staden

Gesels met my ...