Kameel – Feëtjieland

screen-shot-2019-02-09-at-14.27.51Dis weer tyd vir Vuurvliegie se Woordsnoere. Hierdie een het ek dae lank mee gestoei, en gespartel, toe moed opgegee. Vanoggend my na feëtjies toe gewend. 😁😁😂

Screenshot_2019-06-15-16-00-25-1

Met woorde skilder ouma ‘n fantasia,
van feëtjies met rokkies gesny uit die blare van ‘n kamelia.
Met groot oë sit ons tjoepstil,
terwyl sy die storie vir ons afskil.
Feëtjieland het ‘n vriendskapsverbond,
met die plaas se steekbaardhond.
Deur die dag speel kabouters langs kleivore,
en feëtjies kyk toe droomverlore.
Agter hulle handjies praat en giggel hul met elkander,
terwyl hulle, hulle aan die knapies verwonder.
Kareltjie is baie frappant,
met sy skewe hoed is hy ‘n regte kalant.
Vreugde bring hy, en lekker lag,
wanneer hy almal wakker sing douvoordag.
Waar Dirkie die grootmond gaan is daar altyd ‘n hoeihaai,
op ‘n muis as perd is dit die ene lawaai.
Val daar die dag ‘n jakkalstroureēntjie,
kerm en kla hy soos ‘n regte kleintjie.
Nols is weer ‘n ronkedoor,
met hom soek net mooi niemand skoor.
Eenkeer ‘n jaar bulder hy “Dis herfstyd,”
dan trippel die feëtjies rond met ogies wyd.
Vanaand wanneer die maan op die tafel skyn,
Gaan hulle in aandrokkies dans so verfyn.
In feëtjieland is alles rooskleurig,
En kort-kort glimlag een geluksalig.
Miskien, net miskien na die laaste samba,
Sal die kabouters hulle optel, en huistoe abba.

Mooi loop!!!

So maak mens :

Jy kan ‘n enkele stel woordsnoerrymwoorde as inspirasie vonk gebruik, of al die rymwoorde – nes jy lus het.

Tower dan jou rym. Maak seker om die woord (e) in vetdruk (bold) aan te dui in jou skrywe.

Ons uitdaging strek oor twee weke, 20 Junie sal die skakel sluit. Nooi blogmaats om saam te kom speel! En moenie vergeet om jou bydrae op Inlinkz te gaan aanhaak nie!https://fresh.inlinkz.com/p/86350a0e80e643788015a86178e3b125

Lekker snoer.

Advertisements

29 gedagtes oor “Kameel – Feëtjieland

    1. Dankie Una. Om die waarheid te sê het dit bietjie verspot gevoel om ‘n feërympie te plaas. Ek was regtig moedeloos alkante toe gedink en niks konstruktiefs wil posvat nie.

      Like

    1. Dankie Frannie. Ek moes self terugkeer na my kindertyd en die feëtjies wat op my grootouers se plaas gebly het. Saam met my ouma het ek die mooiste kraletjies uitgesoek en in ‘n piering op die eetkamertafel gelos vir die feëtjies wanneer hulle op die tafel in die maanlig dans. Sy het my altyd na feëtjieland weggevoer.

      Liked by 1 person

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s