Kameel – Die gestoei met ‘n kombers

Ken is lomp. Hy is nie jou motorhuiswerkende man wat fyn skroefies in sy plek kan draai sonder “effort” (sien jy wat ek bedoel Hester) nie. Ken se lont is ook kort. Ek is dronk. Wanneer ek vooroor buk en regop kom draai die wêreld om my. Maar ek het geduld… dis nou totdat ek so disgeorienteērd raak dat ek niks meer kan kop nie. Glad nie ‘n goeie kombinasie om saam-saam ‘n elektriese kombers oor ‘n bed met ‘n dik swaar matras te sit nie. Nou sal julle verstaan hoekom ek gebid het voordat die taak aangepak is.

Eers is daar ‘n bo en ‘n onderkant aan die kombers. Dan is daar ‘n verkeerde en regte kant. Ook is daar ‘n laaaaaaaang lyn wat deur lussies gedruk moet word. ‘n Onbegonne taak as jy nie ‘n haakspeld of “paper clip” het nie. Gelukkig het ons ‘n hele pakkie van dié gehad. Dan is daar aan beide kante die elektriese koorde met hulle skakelaars waarin die lyn die hele tyd vaskoek.

Die operasie elektriese kombers het so iets verloop. “Is jy reg?” “Ja.” “Trek die kombers tot in die middel…. hierdie lussie (en daar word met vinger gewys) is die middel.” “Die kombers is agterstevoor.” Daar word nie geluister nie want hy is besig om lyn te ontknoop. “Hierdie is jou werk, druk die lyn deur die lussie.” Onbegonne taak. “Wag ek gaan haal ‘n teelepel.” “Nie ‘n teelepel nie…..’n ‘n” (ag wat noem jy tog die ding.) Ek gaan krap in die singermasjienlaai vir ding sonder naam. “Wat soek jy?” vra hy met teelepel in hand. “‘n Paperclip!!!” “Ek gaan haal gou een.” Die eerste lussie verloop goed. “Nou goed trek lyn oor bed onder matras in….dieper, dieper dis te vlak.” Lyn aan my kant is nou by koord en raak daarin verstrengel. “Nou goed ek lig die matras op en jy oorkruis die lyne.” Dit verg omtrent koördinasie. Ek is dan die kant van bed, dan daardie kant. “Die lyn aan die kant is te kort,” sê hy en laat matras sak. “Trek, trek!!” Ek het nie krag daarvoor nie en hy kom my kant toe. “Jy het dan nie lyn deur lussie hier aan die bokant nie…. en die kombers is agterstevoor?” Met my gespook om lyn te ontkoek van elektriese draad het ek vergeet om die lyn deur ‘n lussie te druk. “Nou moet ons die hele ding van vooraf begin.” “Waar is die paperclip?” “Dit moet aan jou kant wees, en waar is die teelepel.” Kombers word opgelig om te soek vir verlore artikels. Hulle het verdwyn. “Daar is ‘n pak paperclips in die kas.” Ek gaan haal dit maar by nou voel dit asof ek op wolke loop en geen verdere instruksies wil insink nie. Papnat gesweet en soos in ‘n droom worstel ons verder met die kombers. Uiteindelik maak ons die finale knoop. “Is hierdie gesukkel ooit die sous werd,” wonder ek. Dit was net totdat ek gisteraand in ‘n heerlike warm bed inklim.

Advertisements

31 gedagtes oor “Kameel – Die gestoei met ‘n kombers

    1. Het gisteraand ‘n slaappil (wat ek nie sommer doen nie) gedrink, en soos ‘n baba tot vanoggend geslaap. As almal hulle stories vertel kan ons die boek uitgee 😂😂😂

      Like

  1. woordnoot

    Die mees gevreesde woord in my huishouding is die volgende: Ek gaan gou Builders toe, ek wil dit regmaak.” Ek verys in my spore, want no 1 is die Oom glad nie handig nie, No 2 is dit altyd die “bakkiebouers” wat die huis met die goedkoopste/verkeerdste produkte gebou het se skuld dat dit wat hy uit of afhaal, nie weer so in pas nie, No 3 kos dit altyd drie keer meer as hy alles klaar “gemodify” het om te pas soos hy dink dit moet wees en No 4, hy kan niks, maar niks alleen doen nie. Ek moet ALTYD hand gee. Dis in daardie tye wat ek leer hoeveel genade in plaas van krag die Liewe Vader my gee……

    Liked by 2 people

  2. Haha, die prentjie het nou baie duidelik voor my verskyn. Nou moet jy weet hoe dit gaan as jy op jou eie is! Ek dink nie eers daaraan om soiets alleen aan te pak nie. Bly liewers sonder. Baie bly jy kan op die ou end warm en snoesig slaap. Ek kry nie gou koud nie so dis n blessing vir my hier in die koute!

    Liked by 1 person

    1. Hoor nou by Perdebytjie daar is oortrek laken elektriese komberse. Hierdie een sal eers die gees moet gaf want hy is nog nie oud nie. Scrapy ek is twee uiterstes. Wanneer dit warm is kook ek en wanneer dit koud is vries ek. My man loop nog hier met net kortmou hemp aan dan sit ek in my wintersjapon oor my klere (trui en al) aangetrek, en nog toegedraai in ‘n duvet ook. Herfs is my gunsteling tyd.

      Like

      1. Ooooo ken Kriel se koue. Swartryp…. amper alles doodgeryp in een nag…en grasperk bruin. Dan gaan doen ons inkopies in Witbank, en die tuine lyk soos Eden. Die somers was heerlik…. toe kom bly ons in Pretoria en ek vergaan van hitte hier. Niks is perfek op hierdie ou aarde. Hier sit my man ook nie sy kant van elektriese kombers aan nie.

        Like

  3. As jou kombers die gees gaf, gaan koop die model wat soos ‘n paslaken oor die matras trek…woerts-warts kan jy dit alleen opsit sonder sweet en toutjies.
    Ek het nou heerlik gelag, veral omdat jy onder ‘n waaier moes afkoel…wat ‘n teenstelling…hitte, koue!

    Liked by 1 person

  4. Terugklingel: Spesiaal vir Kameel – toortsie.com

  5. Terugklingel: Kameel – Feëtjieland – Kameel se gebabbel

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s