Kameel – Amelia se begeerte

images (1)

Siende dat ek geskryf het van Naas se valstande wat in Vuurvliegie se wyn beland het, is dit seker net reg dat ek die ware verhaal rondom nie Naas nie, maar Bret se valstande vertel.

Amelia en Bret is in ons kerk. Albei seker in hulle vroeë tagtigs. ‘n Sagter en meer liefdevolle mens as Amelia het ek nog nooit ontmoet nie. Sy is ‘n ware dame, en praat baie sag. Ons gesels net in die koffiekroeg na kerk, en die plek lawaai so dat ‘n mens omtrent moet skreeu om jouself hoorbaar te maak. So tussen die lawaai deur sê Amelia een oggend vir my dat sy en Bret in hulle getroude lewe nie baklei, of lelik met mekaar gepraat het nie. Ek kan Amelia nie sien baklei of lelik wees nie, dus skud ek my kop instemmend. Haar volgende woorde kom dus as ‘n groot verrassing. Sy vertel hulle het in die sitkamer gesit toe sy opspring en Bret met haar vuiste begin slaan. “Hard,” sê sy “baie, baie hard op sy rug” Jy kon my met ‘n veertjie omtik. Op my vraag waarom sy dit gedoen het sê sy, sy het net die begeerte gekry om hom by te dam. Ek wil nog kopkrap oor die eienaardige gedrag toe sy sê sy het hom nog so geslaan toe spring sy valstande by sy mond uit. Nou was ek eers deurmekaar. “Ja,” sê sy, sy het nie geweet nie maar Bret was besig om in sy valstande te verstik toe sy hom so bespring het. Dit het sy lewe gered. Nou daar het julle dit nou. The Lord works in mysterious ways.

Mooi loop!!

Advertisements

24 gedagtes oor “Kameel – Amelia se begeerte

    1. Ek lag sommer net vir die prentjie… mens mag seker jou eie skryfwerk geniet. Watter tande praat jy van 😂😂😂😋 ek dog jy is nou haasbek. Ai nee, laat my ophou verspot wees. Ons krag nounet aangekom…sal gaan lees.

      Like

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s