Kameel – Rebusfontein se gaste deel 2

Hester se Lê-jou-eier uitdaging. Probleme met Rebusfontein se gaste.

Screenshot_2019-06-02-12-46-41-1-1

Die kos was heerlik, en ek het nie omgegee wat Mark Twain van my vingeraflek eetgewoonte dink nie. Vir Frannie kon ek soen toe sy heel nugter daar opgedaag het om met Mark te gesels. Die twee het dadelik gekliek, en later sou hy haar heerlik op die dansbaan rondswaai. Waar Hitler was het ek nie geweet nie… en het ook nie omgegee nie. Ek wou bietjie bene rek en hoor wat gesels die ander gaste. Dit het heel jolig gegaan, maar was gou duidelik dat iemand die glase moes vol hou. Ek het die taak op my geneem, en kon sodoende darem dele van gesprekke hoor. Nataniël het iets van “My ouma sou…….” aan KimK gesê, en ek het verwag sy sou uitbars van die lag maar instede daarvan het haar glimlag verstar. Sy het soos ‘n balon afgeblaas, opgespring, haar servet in Nataniël se gesig gegooi, en weggestap. Broodjie het Nataniël iets toegesnou en is agter Kim aan. Ek het my vinnig uit die voete gemaak net om verstom te staan en kyk hoe Hester Henry VIII se mond met ‘n nat lappie afvee. “Liewe Moses, kan die man nie sy eie mond afvee nie!!!” Gelukkig het ek die woorde nie hardop gesê nie, en weggedraai voordat ek myself verder vervies. Die groepie waarin Toorts se pa was het gesellig sit en gesels. “Lafenis vir die siel,” het ek gedink, en wou myself daar tuismaak soos Bondels, Seegogga, en Sonell maar ek was mos nou selfopgelegte kelnerin en het na ‘n paar woorde aangestap. Scrapy het naby Vuurvliegie gesit en gelyk asof sy in ‘n ander wêreld is. Later sou ek hoor sy het haar gehoorstuk by die huis vergeet… ook maar goed so want Vuurvliegie was in ‘n bui. Haar oë het geblits, en dit het kompleet gelyk asof sy Naas met veerpyltjies stook. Ek het myself boeglam geskrik toe ek sien Naas sit net daar,  potblou in die gesig. “Hy verstik in sy kos,” was my eerste gedagte, en ek het hom met my vuiste tussen die blaaie begin slaan. Nie lank nie toe vlieg sy valstande by sy mond uit en beland in Vuugvliegie se glas wyn. Praat van stank vir dank… hy was smoorkwaad vir my. Wie die vroue was wat so om Zuma saamgedrom het weet ek nie. Ek het net hulle glase volgemaak en aangestap. Una het aan so ‘n Don Juan se lippe gehang. Later sou ek uitvind hy was ook ‘n rugbyspeler. Toe Toorts begin musiek maak, het die man Una uit haar skoene uit gedans. Virgo en Robert Williams was so diep in gesprek dat ek nie inbreek wou maak nie, en maar aangestap het na waar Josef en Harry sit en gesels het. Harry het ‘n klompie fotos in sy hand gehou en toe hy my oë so hongerig daarop sien het sy bors geswel van trots, en met glimlag dit na my uitgehou.  Ek het langs Josef op ‘n stoel neergesak, en “ge-ooo” en “ge-aaa” oor Archie. Dit is toe dat ek haar gewaar; sy het eenkant gestaan, en die mense fyn dopgehou. Daar was ‘n weemoedigheid aan haar – maar tog het dit gelyk asof sy nou en dan iets amusant vind. “Dit is Eva,” het Josef gesê toe hy my belangstelling in die vrou sien. My eerste reaksie was om haar te ignoreer, maar besluit daarteen, en stap nader om myself voor te stel. Sy het vinnig ‘n traan van haar wange afgevee en bewerig geglimlag. Dit was genoeg om deernis in my wakker te maak, en ek het haar sonder woorde teen my vasgedruk.

Die ete het nou in ‘n volskaalse partytjie ontaard en ek moes omtrent bontstaan. Positief het Hitler op die dansbaan gehad; sy is omtrent ‘n bok vir sports. Later was ek net te moeg om kop te hou tussen al die dansende mense deur. Die laaste wat ek onthou voordat ek weggeglip het was Henry VIII en Hester wat ‘n dans uit die Tudor tydperk gedans het, en Perdebytjie wat fotos neem.

Towerinstraat was stil. Ek het my longe vol aandlug getrek en verder gestap om die vrede in te drink. In die maanverligte nag, het ‘n brandende fakkel in mensevorm verby my gehardloop. “Ek is oormoeg, en sien gesigte,” besluit ek….”tyd om terug te draai en bed toe te gaan.” Die boom voor Verwagting – Vuurvliegie se huis – het so aanloklik gelyk dat ek onder hom neergesak en met my rug teen sy growwe stam gesit en rus het, toe ek besef iemand hou my dop. Dit het my nie lank geneem om te besef ek sit onder die boom waar Quasimodo bly nie.  “Arme man, hoe eensaam moet hy nie in die vreemde wees nie!!” Net miskien sal hy met my gesels. “Hellooooo  comment allez-vous,” roep ek die naglug in. Stilte…..en dan kom ‘n mansstem “Trebien merci au vouce.” “Trebien merci,” antwoord ek, en met my Frans nou uitgeput weet ek nie hoe om verder met hom te kommunikeer nie. Maar ek het my verniet bekommer so tussen handgebare en ‘n Engelse woord hier en daar het ons ‘n heel gesellige tydjie saam deurgebring. Ja, ek het met ‘n touleer tot in sy houthuisie geklim….en nee die man is nie gevaarlik nie… inteendeel hy pas ons mooi op. Die fakkel wat ek gesien het was toe nie my verbeelding nie maar Woordnoot. Hy is besig om ons huisies in hout uit te kerwe…. en dan gaan hy elke towerin uitkerf om as herdenking saam met hom te vat wanneer hy teruggaan Parys toe. Hy bly baie lekker maar hy mis die groot klok wat hy nou al vir soveel jare lui. Nee sê hy, dit sal nie help om ‘n basaar te hou om vir hom ‘n klok te koop nie; Rebusfontein is ‘n plek van rus en ‘n klok sal net steurend wees.

Toe ek in die vroeë oggendure na my huisie toe stap het Rebusfontein – toegevou in ‘n kleed van rustigheid – gelê en slaap soos ‘n baba. Die langtafelete en alles wat daarmee saamgaan was soos ‘n droom….net die omgekeerde voëltjiebad in Scrapy se tuin het getuig van dit wat was.

Mooi loop!!

Bloggers wat nog nie voorheen deelgeneem het aan ons Lê-Jou-Eier bloguitdagings nie: Om raad te kry oor hoe om deel te neem en om aankondigings van die nuwe onderwerpe te sien, besoek die volgende skakels Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? Laasgenoemde blogpos bevat ook al die onderwerpe en skakels na vorige uitdagings.

 

 

 

 

Advertisements

12 gedagtes oor “Kameel – Rebusfontein se gaste deel 2

  1. Jou oë mis niks en dis lekker om weer so terug te kyk oor die feestafel heen. Ek verstaam nog nie die ding van Woordnoot nie – volgense alle getuies was letterlik aan die brand, maar sy het g’n brandwonde nie. Maar nouja, sy is ‘n Towerin van Rebusfontein en daar loop alles mos reg. Dis darem maar goed dat jy so veeltalig is Kameel, want dit hou die bevolking kalm. Ek het jou skakel op InLinkz gaan sit.

    Liked by 1 person

    1. Dankie Hester. Ja, hierdie feestafel was voorwaar ‘n lekker uotdaging…. all ends well at Rebusfontein 😊 Ag daardie bietjie Frans moes ek in my jare as seketaresse gebruik wanneer die Franse ingeneurs van oorsee vir hulle vele vergaderings ingevlieg het. Kyk net hoe handig kom dit my toe hier te pas 😁😁😁😂

      Liked by 1 person

  2. Jy het almal fyn dopgehou, Kameel, en jou sagte hart was goed vir ń paar mense. So ek het lekker gedans? Dankie jy kom sê dit want ek onthou niks van na nege af nie. Seker maar my koppilletjies se skuld…

    Liked by 1 person

  3. Terugklingel: Kameel – Amelia se begeerte – Kameel se gebabbel

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s