Kameel – Probleem met Rebusfontein se gaste

le-jou-eier1-e1512926357627

Dankie aan Hester vir die week se Lê-jou-eier uitdaging.

images (1)

Met my rug stokstyf gespan sit ek tussen Hitler en Mark Twain. Ek het lankal opgegee om te probeer sin maak van die twee se politieke gepratery. Gasvry die was ek wel, maar nou bevind ek myself in ‘n doodloopstraat. “Waar bly Frannie.” Sy het my belowe om die tweede skof – wanneer die twee mans, en sy bietjie gesuie is – te kom uithelp met die geselsskap. Haar insette sal definitief meer intelligent wees as die paar woorde wat ek vanaand geuiter het. Dit lyk in elk geval of die twee mans hulle whisky kan vat. Sy moet nou net nie te diep in die bottel loop kyk en haar broodjie geheime hier kom uitblaker nie. Mark Twain is mos van jongs af op soek na goud en klippies wat blink. Dis spanning wat my sulke twak laat dink betig ek myself. Frannie is ‘n dame en sal nie so uithaak nie.

BLONDI!!! Ek wip soos ek skrik vir Hitler se bulderende stem en spring op aandag. Om die langtafel lag en gesels dit en niemand sien my dilemma raak nie. “Wo ist mein hund?” vra die man, sy oë brandend in myne. In sy hand hou hy ‘n afgesnyde, of is dit ‘n afgekoude leiband omhoog. “Ich liebe dich,” stamel ek verskrik die enigste Duitse sin wat ek ken, en bly dat ek my oë van syne kan afweer buk ek, en loer onder die tafel in – maar Blondi het spoorloos verdwyn. “Wie sou so iets gewaag het?” wonder ek verslae, en net een gesig doem voor my op… Trompie en sy boksombende, wie anders.

‘n Rukkie later stap ek en Hitler in die rigting van Scrapy se huis. “Laat Blondi tog asseblief, asseblief, asseblief net daar wees, anders is daar groot marakas vanaand,” dink ek benoud. By die voorhekkie hoor ons dit; musiek; nie mensemusiek nie maar dieremusiek. ‘n Kattekoor!!! Dan sien ons hulle – Rebusfontein se katte sit in ‘n ry op die stoepmuurtjie en sing hulle harte uit vir Trompie en Blondi wat styf teen mekaar, oor die maanverligte vlakte sit en uitstaar. Op die grond voor hulle lê ‘n kaalgestroopte been as stille getuie van die maaltyd wat hulle saam geniet het. Voordat ek myself kan keer sit ek my hand op Hitler se arm en wys met my vinger voor my mond dat ons hulle nie moet steur nie. Die man klik sy hakke teenmekaar, draai om en begin terug tafel toe marsjeer. Langs hom trippel ek dronkkop om by te bly, en vat dankbaar sy arm toe hy dié vir my uithou om my te ondersteun. Ek sal later skrik vir my bravade en die “ek het jou lief ” woorde….. maar nou gaan ek eers in daardie varkvleis invaar.

Mooi loop!!!

Las jou storie aan by hierdie InLinkz skakel: https://fresh.inlinkz.com/p/f68a9fa9110148b1ab92181b21eb7d51

Ons gaan twee weke kans gee vir hierdie skrywe (tot 30 Mei), ingeval jy moet terugverwys na die vorige blogs. Kyk heel bo aan hierdie blog – ek ek het die skakel vir die vorige blogs sommer daar in die eerste sin gegee.

Bloggers wat nog nie voorheen deelgeneem het aan ons Lê-Jou-Eier bloguitdagings nie: Om raad te kry oor hoe om deel te neem en om aankondigings van die nuwe onderwerpe te sien, besoek die volgende skakels Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? Laasgenoemde blogpos bevat ook al die onderwerpe en skakels na vorige uitdagings.

35 gedagtes oor “Kameel – Probleem met Rebusfontein se gaste

    1. Toorts ek is baie lugtig vir die man….en dat ek nou so ‘n flater kon begaan en vir hom in sy eie taal sê “ek het jou lief.” Gelukkig het hy by Frannie in die toring gaan slaap…anders het ek daardie nag nie ‘n oog toegemaak nie.

      Liked by 1 person

    1. Dankie 😄 Dink nie ek het jou al bedank dat jy toe daar opgedaag, en met Mark Twain sit en gesels het nie. Julle albei het alles wat blink in gemeen….en dat jy nou so lekker oor myne met hom kon gesels!!!

      Liked by 1 person

      1. Ag voor ek vergeet daardie varkie was toe heel lekker. Nadat ek Hitler so moes “face,” het jou varkie mak…en heel aantreklik gelyk 😂😂😂😋

        Like

    1. Ja Hester WAAR was jy!!! Daar staan ek toe vroualleen met hierdie man en nie ‘n towerin om te help nie. Julle is almal vergewe nadat ek uiteindelik van die lekker kos kon eet. Scrapy sal Trompie definitief fyner onder oog moet hou 😊

      Liked by 1 person

    1. Die towerinne is klaar ‘n handvol…. as hulle diere nou begin moles maak weet ek nie so mooi nie. Aan die ander kant kan mens Trompie seker nie verkwalik nie….daardie Blondi is ‘n pragtige hond.

      Like

      1. Maar ek lief pratende voēls!!! Gedog ek kan bietjie by Pasella kuier wanneer ek kom teedrink. Miskien sou Pasella betyds op Trompie geklik het dan het dit my van die groot skrik gespaar. 🤔

        Like

      2. Ja jy kan kom kuier en met Pasella gesels, sy hou van niknaks as jy haar guns wil wen… ek sal drinkdingetjie aandra en jemtertjies. sy sou die honde weg gejaag het. Hier roep sy hulle en as hulle nader kom skreeu sy huis toe! Of gaan lê!!

        Liked by 1 person

  1. Oe la la, die Trompie darem! Hy het nog nooit ooghare vir wolfhond-tipes gehad nie. Blondi het beslis sy vier voete onder hom uitgeduik. En dan sit die bl….ie katte hul nog en beskinder ook.
    Ek het darem nou telekker gelag vir hierdie beskrywing van jou. Jy sal maar moet lig loop vir Hitler na jou liefdesbetuiging. Ek hoop Frannie hou hom onder haar duim.

    Liked by 1 person

    1. Ek is so dankbaar vir Frannie wat daar opgedaag het. Hitler slaap mos vanaand in haar toring…so ek is veilig. Jong ek het vinnig geeët na die Trompie ervaring en toe maar tussen die ander gaste begin ronddwaal…just for in case…verstaan.

      Like

Gesels met my ...