Kameel -Viermanskap en die wildtuin

Moeg, maar vuur en vlam om volgende jaar weer in die wildtuin te gaan stap het die vier stappers teruggekeer van hulle avontuur. Nikki – skoonseun se suster – se voete was blase geloop (die regte stapskoene is ‘n moet.) Ook was sy nie fiks genoeg nie, en Dawid (die gids) moes met behulp van ‘n stok haar party baie moeilike plekke optrek (fiks wees is ‘n groot plus punt.) Nogtans beskryf sy die stap as die heerlikste ondervinding van haar lewe. “Ek het nie die regte stap “gear” gehad nie, maar my gees was reg,” lag sy. Marlé se vrees vir die wild het soos mis voor die son verdwyn toe sy besef hoe bekwaam oom Piet, en Dawid (hulle twee gidse met hulle groot gewere) is. Die stories wat oom Piet hulle in die paar dae vertel het, het bygedra tot die lekker van die hele ondervinding. En ja, ongelukkig moes hulle al skiet wanneer ‘n dier storm. Die vriend wil nou net terug veld toe; het boeke gekry oor spoorsny en spore uitken ens ens ens. Deborah het dit baie geniet al het sy eers by die huis die bosluis op haar boud ontdek. As Antoine se vrou het sy al baie avonture in die veld moes meemaak…so wat is ‘n bosluis nou.

Hulle het langs die Olifantsrivier gestap wat blykbaar voor die groot vloed (nie Noag se vloed nie 😂) boomryk was, maar so verspoel het dat daar min bome oor is. Dis ook nie pieperige boompies wat ontwortel het nie, maar massiewe bome wat daar lê. Siesta is in die middae tussen 12 en twee onder ‘n boom gehou totdat die bloedigste hitte oor was. Die staproete was nie ‘n wandeling deur die park nie, maar ‘n uitdaging met diep dongas wat afgeloop, en dan weer anderkant uitgeklim moes word, asook kliprandjies. Daar word in ‘n ry gestap; Oom Piet voor en Dawid vorm die agterhoede. Daar word nie gepraat nie en dit gee jou baie tyd met jouself en diep dink, sê Marlé.

Hulle het diere gesien en ook teëgekom. ‘n Olifant wat nie wou pad gee nie het gemaak dat hulle wye ompad moes loop om verby te kom. ‘n Bok wat vlug vir leeus, en dan die leeus self wat gelukkig aan die anderkant van die rivier water suip, en toe in die langgras gaan lê. Seekoeie wat in die water lê, juis waar die loopplek so nou is dat jy teen die water moet verby. Oom Piet wou nie ‘n kans waag nie, en hulle moes ‘n kliprandjie oor om verby die seekoeie te kom.

Geriewe is daar nie. Jy dra jou tentjie, slaapsak, kos en klere in jou rugsak wat elke dag swaarder voel. Indien moontlik word tente op oop plekkies tussen rotse opgeslaan. Veiliger so as in die oop vlaktes…maar dit beteken dat die tentjies vêr van mekaar af staan. Bad of stort kan jy nie, so jy was maar so bolangs met die rivierwater. Rivier toe kan jy net gaan as Oom Piet of Dawid saamstap teen die gevaar van seekoeie en krokodille. Nikki, moeg en vuil het klere en al in die water gaan lê, en dit heel opwindend gevind – juis oor die gevaar daaraan verbonde. Rivierwater waarin druppeltjies gegooi word is jou drinkwater. Kookwater wat oor ‘n droë mengsel gegooi word, en dan uitdeig is jou kos. Nie smaaklik soos die vriend s’n wat sy eie kos gedroog het nie. Die aand om ‘n vuurtjie is lekker geselstyd…dit is totdat Dawid sy kop draai, luister, en dan met sy geweer mik, die flits daarop aanskakel en jy sien ‘n hiëna kyk vir jou. In jou tentjie moet jy vinnig regmaak vir slaap…geen lesery word toegelaat nie want die lig mag nie in die tent brand sodat ‘n dier jou silhoeët sien nie.

Antoine se as is langs die Olifantsrivier op ‘n plek waaroor hy gaande was gestrooi. Deborah en Nikki het bitterlik gehuil. Die episode is nou verby. Wat verder op Deborah se pad wag sal die tyd wel leer.

Advertisements

18 gedagtes oor “Kameel -Viermanskap en die wildtuin

    1. Dankie Bondels vir jou mooi woorde. Ja, dit was haar afskeidstap vir Antoine. Sy sê soos sy gestap en ditsels van haar langbroek afgetrek het, het sy die lelik van die laaste twee jaar met die ander vrou van haar afgetrek en weggegooi. Sy wil die mooi van hul verhouding onthou en vooruit kyk na die nuut wat voorlê.

      Liked by 2 people

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s