Kameel – Monday Blues

 

 

As ek nooit geweet het wat “Monday Blues” is nie….weet ek nou. Eenkeer ‘n jaar sit ek vir 7 weke vasgenael voor die televisie skerm om die IPL krieket te kyk. Ek lewe my totaal in met alles wat daar aangaan. Die atmosfeer wat die derduisende mense skep, die musiek, die kommentators se met tye lagwekkende kommentaar, en dan die krieketspelers vanaf hulle sportsdrag, en hulle “skills,” tot hulle menswees. Jy leer hulle op ‘n mate ken; met tye swel my hart van trots om dan weer te krimp van jammerte. En ja, soos dit maar met my is omvou my arms hulle in liefde. Ek sal verkies om neutraal te bly, en net die spel te geniet – beter vir my gesondheid – maar ek vind dit onmoontlik. Ek sal ook verkies dat die span wat ek gekies het met verloop van tyd uitval, sodat my stresvlak nie tydens die eindrondtes die hemele in skiet nie. Hierdie jaar was CSK my span en hulle druk deur tot die laaste toe. Gister was dit die finale. Ek sê nogal so ewe Saterdag vir Jay ek weet dis Moedersdag, maar vanaf 4 uur Sondagmiddag is ek nie beskikbaar nie. Ek kannie vir 7 weke krieket kyk en dan die eindstryd mis nie. “Famous last words” dis toe presies wat gebeur. Ons konnie opvangs kry nie. Ek het op my bed gelê en op my foontjie na Hauser se klassieke konsert in Zagreb gekyk…en geluister (Dis ‘n moet sien – dankie Vuurvliegie vir jou verwysing na hom toe.) Maar my hart was op ‘n krieketveld in Indië. So nou en dan het ek op my foon geloer na die telling….en net dit was stresvol genoeg. Op die einde het CSK met twee lopies verloor. So, die IPL is verby…ek kon die eindstryd nie kyk nie…en my span het net-net verloor….maar die lewe gaan voort!!

Vuurvliegie sê “Stap uit sonlig toe, uit die skaduwee. Sonneblom jou kop opwaarts. Voel warm lieflike liefde en genade.🌻

Advertisements

27 gedagtes oor “Kameel – Monday Blues

    1. So Vuurvliegie se raad vir die blues was spot on. Aan jou lê en dink gisteraand. Was rêgtig “down” en konnie aan die slaap raak nie. Dink toe aan jou wat met musiek en oorfone slaap. Weet nie watse oorfone jy gebruik nie…maar myne is met ‘n koord. 21 Liedjies later en die slaap ontwyk nogsteeds. Begin van vooraf luister en raak toe iewers aan die slaap, om twee uur wakker te word. Laat val foon toe ek hom op bedkassie wou sit, en dit maak Ken wakker. “Nee Hester” dink ek “hierdie oorfoon ding werk nie vir my nie.”

      Liked by 2 people

      1. Haha, ek het ook al my foon laat val in die nag. Daar is net ‘n plankvloer tussen my en die een wat in die kamer onder my slaap. Hy was nie beïndruk nie. Ek gebruik eenvoudige Samsung selfoon oorfone – die soort wat mooi in die oorkanaal pas en met so ‘n spiespuntjie in jou selfoon gedruk word. Ek het bluetooth oorfone wat my seun vir my aangeskaf het wat om jou oorskulp clip, maar ek kom nie reg met hulle nie.

        Liked by 1 person

      2. Lag ek nou vir jou saamsingery. Ok, ek sal probeer….maar hopenlik slaap ek net. Ken is tot Saterdag weg. Glo my vry, Chanté se man gaan Sani to Sea ry en sy soek nog ‘n asem in die huis. Die erf hier loop ook leeg want skoonseun gaan ook Sani ry, en die seuns fietsresies in Bloemfontein. Nou waar is my ekstra asem? Kinders!!!

        Liked by 1 person

      3. Ag, los die soul – hulle moet hulle energie op iets spandeer. Een van die dae is hulle net so uitasem soos ons. Fietsry – ek sal nie tot by die kafee vorder nie, dan slaan ek dood neer van moegheid. En ek was nogal lief vir fietsry op my dae.

        Liked by 1 person

      4. Bergfiets van alle dinge. Ek was net so lief vir fietsry….tussen die mielielande party dae net ‘n fiets gevat en by myself gaan ry. My kop sê ek kan nog…maar die lyf. 😎

        Liked by 1 person

    1. Ag Aletta hoe lekker om iemand te kry wat verstaan. Ek wag ook nou vir die Tour de France 😄 Dis al tv wat ek kyk….en dan natuurlik elke vier jaar die World Cup Soccer.

      Like

  1. Ek Sal bieg- ek is gladnie ‘n sport person nie. My PA het na alles gekyk, dinge om sport greel en ek het dit verpes van toe af. My lank gevat voor ek rustig kon saamsit met’ n boek terwyl wie – ook-wat-ook-al-doen- in – watter- sport-moontlik. Nou gaan my kindle saam, maar daar is baie wat jou passie deel Kameel, ek maak koffie/teee/wyn solank dat jy lekker Kan kyk op Rebusfontein 😉

    Liked by 1 person

    1. Ons voel presies dieselfde oor ons pa’s uit ons kinderdae. Ek kyk tot vandag toe glad nie rugby, stoei, boks ens nie. Was nooit ‘n sportsliefhebber nie. Ons kinders was tieners toe Simon ‘n Griekse student vir ‘n paar maande by ons kom bly het. Hy stel ons toe voor aan die Wêreldbeker sokker. Daarna kyk ons elke vier jaar die sokker. ‘n Paar jaar gelede na Ken se aftrede het ons die IPL krieket begin kyk en op skoonseun se aanbeveling het ek die Tour de France gekyk. Dis al sport…en genoeg vir my vir ‘n jaar dankie. Kyk geen krieket of sokkerwedstryde buiten die wat ek genoem het nie.

      Like

      1. Die weer hou nog redelik. Een of ander tyd sal dit begin ysig word. Hul het vanaand juis gese die Suiderlug(araura) gaan vanaand baie mooi wees. Lus en gryp my Rebusfontein sigeunerwa en gaan kyk bietjie die lug. Eintlik moet ek regtig n karavaan kry sodat ek en Trompie bietjie NZ kan deurreis.

        Liked by 1 person

      2. Jy het nog baie woema. Dink net aan karavaan sleep en gaan sit op my relaxer 😣 Wat het jy daar in ReBusfontein op die skinkbord langtafel toe gedra? Het jou deur kombuisvenster gesien. Baie nuuskierig om jou gaste te ontmoet!!!

        Like

      3. Sien darem die langtafel uitdaging gaan nog tot volgende week aan. Dink Hester kry ook nie haar draai nie. Maar skryf as jy kan…ek is nuuskierig. Ek hoop jy gaan ok wees met my gas 😂😂😂😂

        Like

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s