Kameel – ‘n Man maak ‘n plan

Min het Antoine geweet toe hy verlede jaar vir hom en die ander vrou plek bespreek, en betaal het om die eerste week in Mei in die Wildtuin te gaan stap, dit sy as sou wees wat in die wildtuin gestrooi gaan word. Deborah het besluit om as finale afskeid die geleentheid te gebruik om vir Antoine te gaan stap, en sy as daar te strooi.

Sy moes natuurlik stapfiks word want jy loop nie vir ‘n paar dae 15 tot 20 kilometers per dag met pakasie op jou rug – as jy onfiks is nie. Ken het saam met haar begin stap om haar fiks te kry. Die ander uitdaging was om Marlé wat fiks, maar doodbang vir wilde diere is te kry om saam te gaan stap. Marlé het ingestem op een voorwaarde, skoonseun stap saam. Skoonseun, ‘n man met ‘n plan stem goedgunstelik in en maak dan ‘n voorstel om sy vriend wat ‘n gesoute stapper, en kampeerder is saam te nooi. Alles verloop volgens plan, en ‘n paar dae voor hulle vertrek vertel hy doodluiters dat sy suster in sy plek gaan stap. Sy vriend sal mooi na die drie vroue kyk. Skoonseun is ‘n bergfietsryer en is besig om voor te berei vir die Sani to Sea resies volgende week.

Donderdag keer die klomp van die wildtuin af terug – ek kannie wag om die stories te hoor nie.

Mooi loop!!!

Advertisements

21 gedagtes oor “Kameel – ‘n Man maak ‘n plan

  1. Joe, dis lang ente om elke dag te stap. Ek het so ‘n staptoer laas op skool gedoen – vyf dae daar by Wellington in die berge. Ek het nie geweet jy kan in die Wildtuin stap nie – wat van die leeus en goete wat jag maak? Ek sal heeltyd oor my skouer loer.

    Liked by 1 person

    1. Blykbaar stap ‘n wildbewaarder met ‘n geweer saam. Maar soos Marlé sê die man het ook slaap nodig, en wat dan van hulle in die klein tentjies. Ek is werklik nuuskierig om te hoor hoe dit gegaan het. Skoonseun sê gister dis frustrerend dat hy nie kontak met hulle het om te hoor hoe verloop dinge nie. Chanté sê toe goed so laat hom voel want hy, haar man en ons skoondogter gaan ry mos dae lank resies en kannie verstaan dat die klomp by die huis bekommerd is en vies word as hulle niķs laat weet nie.

      Liked by 1 person

  2. woordnoot

    DIs nou ‘n kinkel in die kabel…maar ek glo jy gaan baie stories hê om te vertel as daai klompie terugkom….Deborah klink na ‘n awesome mens…haar storie op sigself sal iets wees om te hoor….

    Liked by 1 person

      1. woordnoot

        Dis goed dat sy omring is met mense wat regtig omgee…sy het alles wat in die trauma tabel aangegee word, beleef in ‘n baie kort tyd. Ek glo sy word gedra deur haar mense…ek sien dit.

        Liked by 1 person

      2. Wat vir my so mooi is, is dat skoonseun haar swaer is en hulle haar so oophuis verwelkom. Hy het gesê sy kan solank as wat sy wil by hulle bly totdat sy voel sy is gereed om weer haar eie huis op te sit. Sy het beslis ‘n sterk ondersteuningsgroep in Antoine se familie. Haar eie mense ook maar hulle bly bietjie vêr.

        Like

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s