Kameel – My huisie in Rebusfontein

WOORDSNOERE 4

Ek glimlag breed vir die Towerinne wat so ywerig vir die publiek waai terwyl ons op ‘n ossewa in Rebusfontein, MiddelMzanzi se hoofstraat afry? Die wa met sy versierde blomme laat my aan ‘n vlot dink met die klomp babbelkouse as joolprinsesse. Ek trek my asem diep in en blaas dit dan stadig uit; “Wat wag vir ons aan die einde van hierdie reis in hierdie afgeleë dorpie? Hoe lank kan sigeuners – gewoond aan wiele wat draai, en avonture – op een plek bly voordat die rooimiere begin byt en hulle in diep water beland. Toweropstal is ‘n klassieke voorbeeld van dit waartoe hierdie vroue in staat is.

Screenshot_2019-05-04-10-45-35-1

Die ossewa draai by Towerinstraat in. Te pragtig staan ‘n ry huisies met spekboom heinings daar. “Oooo’s, en “aaaa’s” vul die lug. Hester word eerste afgelaai…of eerder heel galant deur Lorenzo van die wa afgetel. Verbeel ek my of bloos sy. Una se huis is volgende. Ek knip my oë ‘n paar keer om seker te maak ek droom nie…maar nee daar staan die kleurryke prentjie nog. Scrapy se huisie lyk alte “cozy” en dan stop die ossewa voor nommer 4. Ek kyk, voel die knop in my keel en sluk swaar. Voor my staan my kleindogtertjie droomhuis met sy rankroos vol in blom oor die deur. Die voordeur wink my vriendelik nader en die vensters lag met blink oë.

Screenshot_2019-05-04-09-52-57-1

Ek spring amper van die ossewa af, maar word net betyds deur Vuurvliegie gekeer. “Stadig, jy is nie meer kind nie vermaan sy.” Ek kyk rond of ek nie vir Lorenzo sien nie, maar nee die man het verdwyn. ‘n Rukkie later stap ek die ene vlinders in my maag met die paadjie af. “Wat ‘n heerlike kuierplek,” dink ek toe ek die toegerankte pergola met tuinstoele sien. ‘n Geluid uit die vêrre verlede trek my aandag. Dis ‘n kat maar die miaau klink meer na “maaaa.” Ek kyk rond en dan sien ek haar op die boonste trappie sit. Swart met wit pootjies, en ‘n rooi strik om haar nek. “Geluk?” sê-vra ek die naam van my kleindogtertjie kat. Sy kom dadelik nader en skuur teen my bene. Ek tel haar op en met ‘n hart wat oorloop van dankbaarheid klim ek die trappies op. Die stoep het ‘n gesellige kuier/leeshoekie waaroor ek innig dankbaar is. By die voordeur staan die Bali-eend om my te verwelkom. Ek buk en vryf oor sy rug. “Dagsê Trump, bly om jou uiteindelik te ontmoet. Ons is albei nuut hier in Rebusfontein, en nou die honorêre inwoners van die droomhuis. Wees asseblief ‘n goeie butler, en onthou die ‘motto‘ van hierdie huis is ‘Open heart, open home.’ Geen diatribe van jou kant af nie!!! Man en muis is welkom hier.” Natuurlik lieg ek oor die muis, maar sê dit nie vir hom nie.

Screenshot_2019-05-04-10-15-22-1

Ek stoot die voordeur oop. Ah, in sagte skakerings van seegroen en wit lê die vertrek voor my. Droommooi en rustig – dit waarna my siel juis so smag. En daar is ‘n “relaxer!!!” Ek stap die oase van rus binne om nuuskierig die res van die huisie te bekyk. Êrens langs die pad het ek die blues agtergelaat, want tot die kleinste dingetjie bring my vreugde. Deur die groot kombuisvenster sien ek ‘n paar koeie aan die anderkant van die heining wei, en ‘n entjie dieper in die veld byekorwe staan. Met dié boer moet ons kennis maak – vars melk en heuning is nie te versmaai nie. Nou nog die systoep gaan bekyk dan het ek en my huisie behoorlik kennis gemaak. Ek stoot die dubbel deure oop, stap uit en voel hoe die bloed deur my are begin bruis. Daar staan ‘n splinternuwe tafeltennistafel; ek begeer van hoeka af een. In my geestesoog sien ek pannekoek en tafeltennisaande en die prentjie gee my groot plesier. Klaviermusiek ruk my terug na die hede. Kan net Toorts wees…of miskien Perdebytjie. “Kom laat ons die bal aan die rol sit en die koppies rêgsit vir tee,” praat ek hardop met die kat in my arms, “ek verwag kuiermense.”

Mooi loop!!!

 

Wil jy saam woordsnoer en Towerinavontuur op Rebusfontein? So maak mens :

Jy kan ‘n enkele woord as inspirasie vonk gebruik of al die woorde – nes jy lus het.

Skryf dan jou blog. Maak seker om die woord (e) in vetdruk (bold) aan te dui in jou skrywe.

En moenie vergeet om jou bydrae op Inlinkz te gaan aanhaak nie!

https://fresh.inlinkz.com/p/c79e46273dd84a68bceb38fb23d1f7c5

Advertisements

32 gedagtes oor “Kameel – My huisie in Rebusfontein

      1. Miskien moet jy net vir jou ‘n huisie langs Vuurvliegie gaan kry sodat die Undertaker of Broodina nie daar kan intrek nie. Jy praat mos lekker deur fotos. 😊

        Liked by 1 person

    1. Dankie Perdebytjie gewonder of ‘n natuurmens van so ‘n prentjieplek sal hou. Jy is meer as welkom. Ek sal dit ook seker op daardie wit troon van jou waag…maar my Doom gaan saam 😁😁😊😊

      Liked by 1 person

  1. Jou huise is tog te pragtig. Dit lyk soos ‘n plekkie wat al lank daar staan en weet waar die liefde lê. Ek sê altyd, as ‘n huis se mense hom liefhet, kan jy dit sommer dadelik sien. Ek sal beslis kom kuier vir daardie beloofde lang glase water. Baie mooi geskryf.

    Liked by 2 people

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s