Kameel – Langs die ooppad

Met Paasfees agter die rug dink ek sommer terug aan ‘n Paasnaweek nou baie lank gelede. Ek en Ken het in ‘n berugte hotel in Hillbrow tussen “scary” karakters gebly. In hierdie Sodom het ons vir Bart en Mart – ‘n pasgetroude paartjie – leer ken. Hulle was twee eenvoudige mense maar hulle vriendskap het vir ons baie beteken in daardie stormagtige tyd van ons lewens. So kom Paasnaweek nader en Bart vra of ons nie vir die naweek na sy ouers in Durban toe wil gaan nie. Ons stem heel gretig in, en bondel die Vrydagoggend 2 uur in Ken se kar, en daar gaan ons. Dit het oornag yskoud geword, en Bart en Mart eis die enigste kombers wat ek saamgevat het vir hulle op. Die kar se verwarmer het die gees gegaf, dus sit ek en Ken en verkluim. (Ek het nog net die nag op Sanipas kouer gekry as daardie nag.)

Nog op die ooppad – ‘n goeie ent van Durban af – is daar padwerke, en Bart beduie ons moet afdraai na waar ‘n karavaan en twee tente in die veld staan. Ken gehoorsaam, en daar aangekom moet ons hoor dis waar sy ouers bly. Sy pa is ‘n padwerker en dis soos hulle leef. Ons was stomgeslaan. Om alles te kroon was Bart se suster en man ook daar…en Nols die swaer is ‘n storie op sy eie.

Die weer het nie opgeklaar nie; ons is net eenkeer Durban toe waar Ken die see vir vyf minute aangedurf het, en toe handdoek ingegooi het. So het ons die Paasnaweek langs die ooppad Durban toe deurgebring. Hoe ons gebad of stort het kan ek nie meer onthou nie….as ons ooit gestort het!!! Wat ek wel onthou is dat ons gesit en kaart speel het.

Die verkeer terug was sy eie nagmerrie, en ek was baie, baie dankbaar om heelhuids by Sodom aan te kom.

Ek het daardie naweek ‘n les geleer; Bly Paasnaweek by die huis, en klou vir lewe en dood aan jou kombers vas.

Advertisements

29 gedagtes oor “Kameel – Langs die ooppad

  1. 😂🤣🤣🤣 Lag ek nou lekker vir die prentjie wat ek in my geestesoog gevorm het. Dit is skreeusnaaks. Ek doen ook net die huisding oor die tydperk, mense is mal en ipv kerk, wil hulle vakansie en veglustig raak met baie vloeistof daarby. Dankie, maar nee dankie. 🤣😂😂

    Liked by 1 person

      1. Ek hou daarvan om mense dop te hou maar was nog altyd ‘n randfiguur. Mens moes altyd funksies met ‘n glimlag bywoon… en jy het altyd alleen huis toe gegaan Nou kan niemand my verplig nie en niemand mis jou regtig nie

        Liked by 1 person

  2. Ai as ekso van al die ongelukke hoor, is dit seker die beste om maar by die huis te bly, maar onsverlang so na ons kunders en dis so lekker as hulle huis toe kom. Ja, sus, klou aan jou kombers vir al wat jy het! 😂

    Liked by 1 person

    1. Beste manier Vuurvliegie….laat die ander maar in die verkeer vassit. Ek stem volkome saam dat net ons jonger weergawes sulke avonture kan oorleef. Nou nog as ek aan daardie naweek dink voel ek die benoudheid in my bors. Skryf vir ons van jou koue rit Natal toe. 🤗

      Liked by 1 person

  3. Wat n avontuur.Paasnaweek, Kersfees en Nuwe Jaar bly mens liewer tuis in vandag se tye. Kinders wil wel graag huistoe kom maar as hul nie voor die tyd al kom nie en dae na die tyd teruggaan kan dit werk. Ek onthou nog die paasverkeer van in die 70s. Die klomp busse het toe begin vermeerder elke jaar Moria toe tot mens dit nie meer kon hou om so te ry nie. Ai, die “goeie” ou dae was darem maar heel anders. Kannie glo dat jul langs die pad in karavaantjie moes oorbly nie.

    Liked by 1 person

      1. Onthou dit so goed. Dit was deel van die lekker van vakansie om daar te stop en die padkos te eet, koffie te drink, en vir motoriste te waai. Wanneer ‘n trok verby gekom het, het die kinders altyd gewys hy moet “hoot.” Met al die trokke nou op die pad sal dit ‘n hewige lawaai afgee as almal moet “hoot.” 😁😁😁 Ai, dit was nog lewe daardie jare….nou is dit te gevaarlik om langs die pad te stop.

        Liked by 1 person

  4. Sjoe! Daar’s nou ‘n ander herinnering aan ‘n naweek Durbs toe. Hahaha, ek probeer my indink in so ‘n situasie. Ons het in die middel 70s baie naweke van Pretoria af Durban toe gery om by my ouers te kuier (darem in ‘n huis) maar dit is nou al lang jare dat ek weier om oor langnaweke te reis.

    Liked by 1 person

    1. Dat alles nie maanskyn en rose is nie het daardie naweek weereens bewys. Die swaer Nols was die komieklikste (spelling) karakter. Nie ‘n probeer snaakswees mens nie….net sy eenvoudige menswees was komies. Ek is baie bly ek hoef nie so baie Durban toe te gery het nie. Ken was ‘n roekelose jaagduiwel…. my senuwees sou dit nie gehou het nie.

      Liked by 1 person

      1. Ek sou dit nooit met Ken kon doen nie, die man is verslaaf aan wiele wat draai met hom agter die stuur, en die langpad. Ons kinders vind dit baie handig. Dad will you take Ryno to the doctor. Dad will you take my bicycle to be fixed. Dad will you take Jessica to her hockey game…en so gaan dit aan….en Dad is net te gewillig. Die beste is as hulle Sani to Sea ry en hy moet met die bakkie agterna. Hy moes eintlik ‘n taxi bestuurder geword het.

        Liked by 1 person

  5. woordnoot

    Memories nê! As mens vandag terugkyk op jou herinneringe, dan bring dit baie keer ‘n glimlag. Soos die keer wat my kêrel vir sy sammajoor gelieg het en gesê het ons gaan vir paasnaweek Oudtshoorn toe….hy wil asb ‘n pas hê. Toe kry hy die pas, maar….ons moes toe regtig soontoe ry omdat die sammajoor die kans gesien het om goed vir sy strandhuis op Victoria baai te gaan aflaai…..nodeloos om te sê dit was ‘n riller van ‘n naweek….ons was langer op die pad as enige ander plek.

    Liked by 1 person

    1. Lekker smile ek nou vir die liegstorie wat ‘n riller uitgedraai het. Party herinneringe is voorwaar kosbaar al was dit op die bepaalde tyd nie snaaks nie. Ander herinneringe wil mens graag “delete.” Vir die Here gesê dit moet wonderlik wees om soos Hy belyde sondes agter Hom te sit en nie weer daaraan te dink nie. Mooi dag vir jou!!!

      Liked by 1 person

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s