Kameel – ‘n Dag om te onthou

Woordsnoere 3

Dankie Vuurvliegie vir die uitdaging.

screen-shot-2019-02-09-at-14.27.51

Die krieketstadion is gepak met derduisende mense wat die taai eindstryd tussen die Coulisse en die Chimeras kom kyk het. Wie vandag streepsuiker gaan kry is ‘n ope vraag, want dis manne met besonderse gawes wat gaan speel. Daar is niks eentonig in die kleurryke skare met hulle geverfde gesigte, wapperende vlae en batman maskers wat die eens bekende Christian Bale as Batman versinnebeeld nie. Die lug is elektries gelaai met afwagting. Hier en daar klink ‘n roemer se stem op wat die aas probeer uitgooi vir ‘n teenstaander, maar skertsende antwoorde maak hulle vinnig stil. ‘n Gejuig gaan op toe platjan Jackie Chan en sy mede kolwer die veld betree. Dat hy groot aansien by die skare het is duidelik. JACKIE…. JACKIE…. JACKIE… weergalm dit deur die lug terwyl hy die roete na die kolfblad toe stap. Tipies sy styl doen hy eers ‘n paar bollemakiesies voordat hy kolf in die hand sy plek voor die paaltjies inneem. Met elke veldwerker op sy plek kan die spel begin. Net die noeste Jamie Oliver die bouler troetel nog die bal. Soos ‘n stuk deeg gooi hy hom dan in die hand, dan in daardie. Heel duidelik beplan hy iets wat Jackie nie gaan spaar nie. Oor die luiddpreker begin ‘n Causeur se stem die tyd aftel en die skare tel saam. 10, 9, 8, 7, 6, 5, 4, 3, 2, 1!!!! Jamie gee die bal ‘n laaste veeg, trippel ‘n paar keer versigtig op een plek rond en spoed dan met ‘n vaart weg. Die oomblik toe hy die bal gooi val Jackie se kolf uit sy hand uit. Chimera ondersteuners gryp hulle koppe vas en jeremieer kliphard. Jackie nie links nie gee ‘n harde kreet en met een karateskop stuur hy die bal die lug in. Monde gaap verstom en oë staar verstrak na die bal wat vinnig besig is om die hemelruim in te verdwyn. Swaardekrag doen egter sy werk en dis die ram Christian Bale wat sonder vrees wegspring en voordat die skare besef wat aangaan bo-op die pawiljoen se dak met ‘n duik deur die lug die bal met een hand vang. Die skare gaan beserk; met dansende lywe op maat van oorverdowende musiek besing hulle sy lof. Hy lyk nietig waar hy daar staan met die bal omhoog gehou in sy hand, maar in die skare se oë is hy ‘n REUS. Sowat van ‘n vertoning het hulle nog nooit gesien nie!!! Vanaand gaan daar shandy vloei, dis verseker.

Mooi loop.

Wil jy saam woordsnoer? So maak mens :

Jy kan ‘n enkele woord as inspirasie vonk gebruik of al die woorde – nes jy lus het.

Skryf dan jou blog. Maak seker om die woord (e) in vetdruk (bold) aan te dui in jou skrywe.

Onthou om die prentjie hierbo en ook die skakel hieronder in jou bydrae in te sluit. En moenie vergeet om jou bydrae op Inlinkz te gaan aanhaak nie!

https://fresh.inlinkz.com/p/0ad6b9588b9649c38b03c4859734bed9

 

 

31 gedagtes oor “Kameel – ‘n Dag om te onthou

      1. Jy moenie nog lag nie…ek is aan die IPL verslaaf en dit doen nie my hart goed nie. Ek kan mos nie net kyk en geniet nie….nee ek spring boots en al in en laat myself op stres.

        Like

      2. woordnoot

        Toe ons nog TV gekyk het was dit ook my gunsteling ding om te kyk…en en my man het tot weddenskappe teen mekaar gehad…dis al wat ek mis van die geen TV

        Liked by 1 person

      3. Ons het ook nie tv as sulks nie. Ons seun by die Suidkus het ons op ‘n manier gelink dat ons streaming kan doen. Gelukkig het skoonseun hulle onbeperkte Wi-Fi. Ons kyk net die IPL eenkeer ‘n jaar en dan die Tour de France. Elke vierde jaar World cup sokker.

        Like

      4. Gelukkig doen skoonseun alles. Haai, steek daardie pa van die huis aan die werk. Baie lekker om uncapped te hê….kyk sommer op my foon ‘n fliek op Utube sou ek lus kry.

        Like

      1. Een ding mag jy weet die bal hierbo beskryf sal nie tel nie 😂😂😂😂 Unatjie ek kyk net die IPL eenkeer ‘n jaar vir vyf weke en dit maak my senuwees gedaan. Dit is opwindende, vol lewe en musiek krieket. Ek verstaan ook nog nie alles nie, maar dis ‘n besutiful game.

        Like

      1. Eienaardig genoeg net vandag aan Hansie Cronjé en gedink. Ag wat ek kyk gelukkig net IPL en hoop maar die beste span wen. Moenie dink ek vat dit so kalm nie…o weë dit werk my senuwees so op dat ek al gedink het dis baie sleg vir my hart.

        Liked by 1 person

Gesels met my ...