Who am I

le-jou-eier1-e1512926357627

d6ad3abd973dedd1e01253ee0033629c

I once again realized how thin the layer of crust is that covers this dark abyss of pain inside of me. One step too many, it breaks away and plunges me into utter darkness where I battle to breathe. “Judas, selling her two boys for 30 pieces of silver.” Yes, I’m forgiven… washed in the blood of Jesus Christ. Yes, I had to forgive myself if I didn’t want to go off my head. But don’t you ever tell me a mother can forget the children she carried under her heart, gave birth to, and cherished through their toddler years. Nothing can replace them, or repay those years of longing…. wondering where they are, and praying that it is going well with them. One day all this pain will be gone, but not on this earth. Around that pain I built a life for myself, became the woman I am today.

I became a mother to many; not just the six raised in our home but outsiders finding in me a confidant that was not easily shocked by real life stories. Ask my children to describe me in one word and they will say “Fairness.” You play fair or you will see me on the war path. I marched into a police station once, demanded the release of my gardener – and declared that I will demonstrate my defiance and protest by toy-toying until I am heard. He was released, and I relieved because I don’t really know how to toy-toy.  Life did not strip me of my sense of humor or my love for laughter, and that I am very grateful for. The last thing I want to become is a sour bitter person who treat other people like dirt. Talking about people… I love people. Apparently my main gift is hospitality. Kick out your shoes, lift up your feet and relax is a motto of mine.

That about sums me up.

Until next time

Hier is die Inlinkz-skakel vir die uitdaging wat vandag om 12:00 pm open: https://fresh.inlinkz.com/p/6061e1ded6fa403bb328f7fe5decfe6d

Bloggers wat nog nie voorheen deelgeneem het aan ons Lê-Jou-Eier bloguitdagings nie: Om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakels Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? Laasgenoemde blogpos bevat ook al die onderwerpe en skakels na vorige uitdagings.

Advertisements

24 gedagtes oor “Who am I

  1. Kameeltjie, ek voel die seer binne jou en wens vir genesing. Ek ken nie jou storie agter die storie nie en kan net jou saggies toevou en binne bid dat daardie storie ook ‘n gelukkige einde sal hê. Van die eienskappe wat jy beskryf is so dieselfde as myne. Seker daarom dat ek so vinnig by jou aanklank gevind het. Ek koester jou in my hart

    Liked by 1 person

    1. Dankie Bondels. Daardie pyn is soos as jy jou kinders aan die dood afgestaan het. Dit word meer draaglik maar die verlies en skade verdwyn nie net nie. God het groot werk en herstel gebring….maar dis verlore jare wat nie aan ons teruggegee kan word nie.

      Like

  2. Kameel, my hart is seer terwyl ek hier lees, seer vir die jong vrou wat soveel jare terug ń keuse gemaak het. Maar dan weet ek ook, daardie diep, donker dale waardeur jy is het jou gebring by die mooi mens van vandag. Selfs as die hartseer nog met jou is, en jy steeds deur diep waters gaan. Steeds sal jy getrou bly aan jou Vader.

    Liked by 1 person

    1. Sjoe Una die trane sit nou vlak. Ons word gevorm deur pyn en lyding heen…en hopenlik is ek ‘n “vessel” wat deur God gebruik kan word. Ek weet dat ek weet as ek Hom nie leer ken het, en sy vergifnis ontvang het nie ek baie jare gelede al ‘n einde aan my lewe sou gemaak het. Aan Hom kom al die eer toe….dat Hy my uit die modder en slyk kom haal en my aan sy tafel laat sit het is ‘n wonderwerk.

      Liked by 1 person

  3. Ai Kameel. Ek weet net so ‘n bietjie van jou agtergrond, maar ek haal my hoed af vir jou – dat jy soveel pyn kan verduur en voortgaan met jou lewe. Ek weet jy het ook vreugdes geken en ek hoop dat daar in die toekoms nog baie meer daarvan gaan wees. Jy weet ek is jou no. 1 fan, nè?

    Liked by 1 person

    1. Dankie Hester. Een enkele besluit wat die hele gang van my lewe verander en my op ‘n pad van intense pyn gesit het. What you sow you will reap ken ek eerstehands. Ja, daar was ook groot vreugdes op die pad. Sonder selfbejammering moet ek eerlik erken die pad was lank en ek is moeg. Ek probeer dit by my kleinkinders indring KEUSES, keuses en nogmaals keuses!!!

      Liked by 3 people

      1. Jip, ek ken van verkeerde keuses en die spyt wat te laat kom. Dis ongelukkig ook so dat die kinders en kleinkinders nie leer uit hulle voorsate se foute nie. Dan maak dit die pyn erger as jy hulle ook sien sukkel.

        Liked by 2 people

  4. Liewe Kameel. Liewe Kameel. Ek sit stil. Ons paaie wat ons loop, ons almal se pad enig. Vol seer en keuses. Die een wete is deur alles is ons Pa daar, en lief en getrou, al beleef ons wat. Hoeveel genade beleef ons klomp nie om vry en veilig hande te vat en van onsself vir mekaar bloot te lê nie. Ek vat hande so oor die eter en sê dankie dat ek julle klomp besondere vroue my maats kan noem. Ek stuur reuse virtuele drukkie.

    Liked by 2 people

    1. Dankie vir daardie druk Vuurvliegie, vandag het ek dit oneindig nodig. Was dit nie vir ons Vader se huis nie het ek lankal tussen die varke lê en vergaan. Ek is net so dankbaar vir julle met wie ek openlik kan praat sonder bangwees vir klippe wat my gaan tref.

      Like

    1. Ai Frannie ek wou hom al delete. Miskien te oop. Maar dankie vir jou omgee. Wanneer ek baie diep voel gesels ek met God in Engels….of dink in Engels. Nie die wonderbaarlikste Engels nie….maar Engels. ❤

      Like

  5. woordnoot

    Dit het leeuemoed gevat om hierdie te skryf, om jouself so kwesbaar te maak. I salute you! Ek ken jou nie, maar ek dink ek sal dit baie laaik om jou wel te leer ken…..jy klink soos iemand wat mens laat veilig voel omdat jyself al baie kere in ‘n posisie van onveilig was. ek dink jy is ‘n stunning persoon wat nog steeds baie oorloë voer…reeeds omdat jy so uniek is en omdat jy weet waar jou krag lê.

    Liked by 1 person

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s