Ek het nie ‘n storie van ‘n held op ‘n wit perd met ‘n rooi roos in sy hand vir sy beminde nie. Net ‘n eenvoudige kort storietjie van my eerste “kêrel” Dit was nie ‘n Valentynsdag nie…maar dan, die liefde wag nie vir 14 Februarie nie
In standerd vyf het die briefieskrywery begin. Seuns het briefies in die klas vir meisies waarvan hulle hou geskryf, en aangegee. Nodeloos om te sê ek het nooit so ‘n briefie ontvang nie – ek was net die posbode. Het dit my gepla? Nie rêgtig nie, ek het mos lank nog in feëtjies geglo en seuns was ‘n oorlas.
Kom standerd 6 is ek na ‘n streng meisieskool toe. Die seunskool was oorkant die pad maar daar was gepatrolleer dat seuns en meisies vanaf die busstop tot by die skool apart loop. Sportgeleenthede was die enigste plek waar seuns en meisies toegelaat was om te meng.
Interhoër is in Krugersdorp gehou. Dit was dan ook op die trein interhoër toe dat ‘n paar standerd 6 seuns met my en my vriendinne begin gekskeer het. Dit was heel lekker om so saam te lag, en groot was my verbasing toe ek terug by Johannesburgstasie deur een van die seuns genader word. Sy maat hou van my en vra my telefoonnommer. Sjoe, ek kon my ore skaars glo, en het die nommer met fladderende hart gegee. ‘n Dag of wat later kom roep my ma my – daar is ‘n oproep vir my. Wat ek en die seun gepraat het onthou ek nie meer nie – net my ma se kommentaar daarna. “Jy is gans te jonk dat seuns jou noual bel, moenie dat dit weer gebeur nie.” Net daar het die “liefde” sy doodsvonnis ontvang.
Soos dit vir my lyk blom romanse net op ‘n trein vir my. Net môre koop ek ‘n treinkaartjie!!! https://toortsie.com/2016/01/25/net-een-soen/
Tussen treine, tussen stasies
Lê daar basies net die leë spore
Tussen treine, tussen stasies
Lê die leë spasies van die onskuld nou verlore
Deesdae loop daar ook nie meer baie treine nie..😄😄Oulik geskryf! Ek het daardie ou pos op Toortsie se werf gaan lees. Dis nou ‘n lekker romantiese soen gewees!
LikeLiked by 1 person
Onthou hom nog soos gister.
LikeLiked by 1 person
Aaaaaagggg so nare ma!
LikeLiked by 1 person
Sy wou seker maar haar bloedjie beskerm 😊 teen die nare mansgeslag. Wens ek kon die outjie se naam onthou.
LikeLiked by 1 person
Jy skryf hierdie te oulik, Kameel. Wens ons kan die kleindogters sreeds so weggesteek hou! Ek is ń groot voorstander van meisiesskole, vandag nog.
LikeLiked by 1 person
My twee kleinseuns op die erf is in Affies (spelling) aparte seuns en meisieskole. Die reëls daar is ook baie streng. Ek lief hulle klomp Affie maats met hulle goeie maniere.
Die foto van my kleindogter in haar swart rok op Fb is weer iets anders. Sy was oppad na ‘n Valentynsdans by hulle gemengde skool. Die kommentaar daarna was kostelik. Die meisies het met mekaar gedans terwyl die seuns teen die mure gestaan en kyk het. Ja, mens wil hulle in glaskaste toesluit…maar kannie. Kan maar net hoop hulle maak goeie besluite in die lewe.
LikeLike
💖
LikeLike
Hannie Hoekom het my na hierdie blog gestuur.
Ou Kameel, ek was maar dom met die liefde, is steeds, daarom het ek nie eers’n Vakentynstorie om te skryf nie.
Net my een ou liefde in my lewe, my hele lewe lank. 😊❤️
Nou ja, koop daai treinkaartjie Kaap toe, ek sal jou kom kry daar, wou jou hoeka al in Knysna kom ontvoer het. ❤️
LikeLiked by 1 person
Sowaar net die een liefde ooit. Eintlik dink ek dis die beste….jy sit nie met ‘n klomp bagasie nie.
LikeLiked by 1 person
Dit het goed uitgewerk.
LikeLiked by 1 person
Jy laat my glimlag. Ek moet saamstem, daai nou treingangetjies en die oor en weer gekuier in kompartemente het menige romanse laat vlamvat. Kameel, jy vind darem die liefde nie nét op treine nie, maar op rolbalbane ook – by your own admission.
LikeLiked by 1 person
O jaaaaaa 😋
LikeLiked by 1 person
Daai meisiesskole! Ek was ook in een…dis seker die dat ek sulke dom keuses gemaak hettoe ek so jonk was….was skoon verskrik vir die spesie!
LikeLiked by 1 person
Het ek maar net meer wysheid gehad toe ek jonk was, was my lewe nie in so ‘n gemors later jare nie. Alhoewel my twee susters ook so streng grootgemaak is en hulle lewe het goed uitgedraai.
LikeLike
Ai toggie…as ons maar net ‘n randjie gehad het vir elke keer as ons daai wensie gewens het…dan het ons ten minste nou geld gehad!
LikeLiked by 1 person
A! Dit voel so bekend. My lot ook gewees. Behalwe dat seuns taboe was tot na skool.
LikeLiked by 1 person
Ons kon darem na 18 ‘n kêreltjie huistoe bring….maar geen Engelsman sal oor die drumpel toegelaat word nie…. en geen kêrel kuier na tien nie. Later is ek toe met ‘n Engelsman getroud.
LikeLiked by 1 person