Skattejag in ‘n grot

Aangesien ons hierdie week saam met Seegogga ‘n grot besoek het, vertel ek ook maar my grotstorie. Nie dat ek trots is daarop nie, inteendeel dit was eers later dat ek besef het ons het die “wishing well” van al sy geld gestroop.

Screenshot_2018-12-10-10-43-31-1

Ons het op Hermanus vakansie gehou en een oggend Gansbaai toe gery om die De Kelders drip cave te besoek. By die grot aangekom betaal ons ‘n ingangsfooi, word die geskiedenis van die grot vertel o.a dat Lady Ann Barnard die grot in 1798 besoek het, en gesê ons kan maar ingaan en op ons tyd deurloop.

Ons stap die grot met ons ses kinders binne, gaan staan op ‘n houtbruggie wat oor ‘n taamlike groot varswaterpoel gebou is. Die water is glashelder en dit lyk te mooi met ‘n liggie hier en daar wat ligkolle op die water gooi. Ons beweeg dieper die grot in. Alles heel interessant totdat ons op ‘n plek kom waar die vlêrmuise bankvas van die rotse bokant ons koppe afhang. Net daar gee ek my vlêrmuis gilletjie, trek my trui oor my hare en draai om. Daar is nie ‘n manier waarop jy my verder daardie grot sal binnekry nie.

Terug by die houtbrug is dit Marlé wat ‘n muntstuk tussen die klippe op die bodem van die poel sien lê. “En daar is nog een en nog een roep sy uit.” Ken en die kinders laat nie op hulle wag nie, klere word gestroop (swemkostuums was altyd onder klere aangetrek) en voordat jy kan sê “mes” is almal in die water, en die skattejag begin in volle swang. Met ons truie oor ons hare getrek stap ek en Marlé langs die poel en wys muntstukke uit. Op daardie oomblik het dit nie verkeerd gevoel nie; dit was ‘n heerlike avontuur….kompleet gevoel asof ons “Wonderland” binnegestap het met vlêrmuise as die boosdoeners.

Advertisements

14 gedagtes oor “Skattejag in ‘n grot

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s