Die Towerinne en Broodina

Dankie Perdebytjie vir ‘n pragtige toer. Lê net gou my eier voordat ek Kaap toe vertrek.

As daar nou een ding is wat die wilde perd in my binneste op sy agterpote laat staan en in rebellie laat uitbreek, is dit wanneer ek in ‘n boks gedruk word. Dus was my gemoedstoestand maar goed ontstuimig toe ons by die hotel stop. “Wie de swernoot dink Broodina is sy om ons te verhoed om in Dullstroom te stop. Ek het juis so uitgesien daarna. Nie eers die pragtige omgewing en rustige atmosfeer kon my laat bedaar nie. Die spa het wel gehelp…maar anders as gewoonlik het ek nie onder die strelende hande aan die slaap geraak nie, maar gelê en planne beraam.

Ek het Lorenzo in die swembad gekry, en hom van my plan vertel. Hy was eers huiwerig maar het ingestem as ek Hester kon oorreed om saam te gaan. Woordnoot wou in Dullstroom tjoklits koop, so sy en Trommeltjies het hulle “fly fishing,” vir eers gelos,  Una wat op ‘n bankie sit en droom het, het by die woord “winkels” dadelik opgestaan. Lorenzo moes haar hoeka daar gaan wegsleep want sy het sommer uit die bus geklim. Lekkervurig wat net so de vieste in is vir Broodina, was dadelik slaggereed. Toorts het geen keuse gehad as om saam te kom nie. Toe Bondels hoor van die plan was daar aan haar geen salf te smeer nie – al die Towerinne moet saamgaan. Perdebytjie het wal gegooi. “Fokus towerinne, fokus,” maar by nou was almal lus vir aksie en moes Perdebytjie maar instem.

Geklee in denims, stewels, hemde, en met cowboy hoedens op ons koppe ry ons dan ook ‘n ruk later terug Dullstroom toe. Nie almal was ewe gemaklik op ‘n perd se rug nie – party het vir lewe en dood geklou, maar almal was dit eens; Broodina gaan ons nie uit Dullstroom hou nie. So ry ons dan ook ‘n ruk later op die musiek van “The Good, the Bad, and the Ugly” – wat kliphard uit die luidspreker wat ek by my kleinseun geleen het, speel – die dorp binne. Koppe draai, mense staar, maar ons kyk voor ons met net een doel voor oë; Broodina moet weet ons is hier.

By die Milkshake Bar trek ons die leisels in, en die Towerinne klim…gly…of val van die perde af. Gelukkig het niemand seergekry nie. Dié wat stof geruik het, stof hulself af en dan stap ons die Milkshake Bar binne. Lorenzo maak solank vir ons die perde vas, en kom ‘n ruk later al kouend aan ‘n grashalm ingestap, en gaan sit langbeen op ‘n bank. Daar word milkshakes bestel, en almal is dit eens dat Perdebytjie nie oordryf het toe sy die milkshakes opgehemel het nie.

Broodina behoort nou enige oomblik haar verskeining te maak. Ek skakel die musiek aan. Hard en duidelik begin dit….

Just as long as that old river flows
The sun comes up and that north wind blows
Just as sure as these are guaranteed
Honey, you can depend on me

Voor in die bar neem ons, ons plekke in en begin met ‘n “line dance.”

This day and time, lovers come and go
When it seems, there’s no one left to hold
For so many, when the morning comes around
But girl, you can bet, this ol? boy can’t be found

Ons begin onsself so geniet dat ons amper van Broodina vergeet… maar dan staan sy in die deur. Sy gluur ons oor haar bril aan. Ons glimlag, lig ons hoedens en maak ‘n swierige draai. Lorenzo stap tot voor haar, hou sy hand na haar toe uit, en vra haar vir ‘n dans.  Sy klap sy hand weg, maar hy probeer weer. Vir ‘n sekonde haal sy haar oë van ons af en kyk na Lorenzo. Net daar verkrummel haar weerstand en sy laat toe dat hy haar “dansvloer,” toe lei. Met sy arm om haar demonstreer hy In sy skewe Engels wat sy moet doen. Dit is met moeite dat ons, ons lag bedwing. Ons loer onderlangs vir mekaar, knipoog maar dans ook ons harte uit.

Just as long as that old river flows
The sun comes up and that north wind blows
Just as sure as these are guaranteed
Honey, you…” en dan is daar die “flash” van ‘n kamera. Ons paparazzo het nie teleurgestel nie.

Broodina word na die werklikheid toe teruggeruk en gee ‘n kragwoord wat die toeskouers na hulle asems laat snak. Sy storm by die deur uit en verdwyn met die sypaadjie langs. Ek stop die musiek en onder applous verlaat die Towerinne al laggend die Milkshake Bar. Tannie Frannie bly agter om met die eienaar reg te maak. Buite wag die swart Harley.

Of Broodina verdere moeilikheid gaan maak sal ons maar moet sien. Die wete dat ons…of nee…die paparazzo ‘n afpersfoto van haar het is ‘n groot verligting. Miskien, net miskien laat sy ons nou met rus.

44 gedagtes oor “Die Towerinne en Broodina

      1. Bly ek kon jou bietjie opkikker. Ek sit weer hier tussen half gepakte tasse en medisyne. Was netnou gevra of ek van plan is om klaar te pak vandag 😑 want hy wil kar pak. Liewe die Towerinne smokkel met ‘n mens se kop.

        Liked by 1 person

      2. Klink of die huis darem die brande vrygespring het. So jammer om te dink daardie mooi wêreld is so verbrand. My boeke en kindle is in 😊 Hierdie klerekas wat ek vir drie maande moet pak is ‘n nagmerrie….nie lus om heeldag daar te gaan was en stryk nie.

        Liked by 1 person

      3. Rol op suster. JY kan dit gou uithang. Vat ‘n steamer saam, ‘n oulike reisgenoot. Ek rol my langbroeke en bloese en rokke in klein rolletjies. Jy kan nie glo wat jy alles gepak kry nie. Sterkte. Die raad is van ‘n jonger ek. Ek haat nou pak in die algemeen. Of te veel of te min. Beland meestal by die bestemming in die naaste Miladys of Woollies! 😉 Ek spaar byvoorbaat en pak min sodat die nuwe klere kan saam terugkom!

        Liked by 1 person

  1. Daai Broodina gaan haar nie laat onderkry nie, sy’s soos die kat wat weer kom.
    Ek is so beindruk met al die nuwe skills wat ek geleer het in hierdie kort tydjie, valskermspring, sing, perdry, wonder wat is volgende??

    Liked by 2 people

  2. Kameel, HOE het jy my op ń perd se rug gekry? Hopenlik het Perdebytjie hierdie petalje afgeneem, want ek waardeer perde net op prentjies. Ek is super beïndruk dat jy ń plan kon maak om ons in die dorp te kry en om Broodina ń les te leer.

    Liked by 2 people

    1. Het Lorenzo jou nie by die Whiskey winkel gekry nie Una? Miskien het dit die ding gedoen 😊 Jy was heel gemaklik daar op die perd se rug!! Dis Scrapy wat geklou het vir lewe en dood 😁😁😁😊

      Like

      1. Moet wees Kameel. Ek sit nie my mond aan whiskey nie, dis werklik sleg, maar soos ek geproe het en uitgespoeg het, kon dinge dalk handuit geruk het. Van op die perd klim onthou ek niks. Wel die sing en dans, dit was heerlik.

        Liked by 2 people

  3. Tien uit tien vir jou slim plan en jou skrywe. Onse Lorenzo is darem handig met sy mooie gelaat en sjarmante persoonlikheid. My eerste perd rit en line dance, mensig my “skills” lys word al hoe langer so met die toer saam.
    Una jy het dan soos ń wafferse cowboy gehie-ha en jou hoed geswaai op daai perd. Ons moes net keer want jy wou sommer toertjies doen.
    Daai tjoklits was nou spesiaal, praat nie eers van die melkskommel nie. Uit die boonste rakke.
    Broodina word nie so maklik uitgehaal nie, ek vermoed hier kom ń groot terug-betaal-ding.
    Wel Dullsyroom sal ook nooit weer dieselfde wees nie, hy is getowerin-coat nou.

    Liked by 2 people

    1. Ek verstaan ook nie dat Una nie kan onthou nie….moet maar daardie whiskey proery wees. Wanneer ons hier klaar is gaan ons geskool wees in baie baie dinge. Ek het laas as kind ‘n horrelpoot muil gery 😁😁😁 maar ons het soos wafferse cowgirls gelyk en dans.

      Liked by 1 person

  4. Kameelkameelkameel!!! Uitmuntend!!! Dit was so lekker al is my bamme seer van die gehop op die perd ek is mos nou nie so in ritme met my perd soos party van julle nie. Maar JOH was daai lyn dans lekker. Ek looooove dit. En die cowboy hoed en stewels was te spoggerig hoor. Lovely sê ek jou!!! Dankie vd uitstappie en die proeseltjie wipskie…

    Liked by 1 person

  5. Nee wat Kameel, volgende keer kry jy maar liewers n perdkar as net perde. Die agterstevoor ryery was gladnie goed vir my voorkant nie. Het met groot gesukkel darem kon omdraai in die gallop en toe moes ek net klou om bo te bly van pure paniek. Jy weet mos diere voel aan dat jy bang is. Die ou perdjie van my het behoorlik uitgehaal om my ongemaklik te laat voel. Mens is juis nie veronderstel om aan n perd se maanhare vas te hou nie. Ek hoop ou Broodina het bietjie genoeg van ons gehad. Ek wou dat daardie witkruisarend haar in sy kloue optel en sommer so op n eensame vlieg vakansie stuur. Sy moet geen genade kry nie sy voel vere vir ons. Geniet jou wegbreek. Hoop jul is al veilig by jul bestemming.

    Liked by 1 person

    1. Ek is heel trots op jou…bang of te nie jy het jou man gestaan, of eerder jy het jou perd gery en jou dans gedans. 😁😁😁😁 So jy dink Broodina moet i.p.v met vliegtuig in die kloue van ‘n arend gaan vakansie hou. Ek sien die prentjie 😂😂😂
      Ons is in Knysna….eergisteraand DOODMOEG hier aangekom. Soos ek hier lê en uitkyk vanaf my bed sien ek bome en hoor voëltjies.

      Like

      1. Gaan jy nie vir ons ‘n stukkie skryf oor jou ondervinding in Dullstroom saam met die Towerinne nie. Vandat ons Pta verlaat het voel dit die klomp het aan die slaap geraak.

        Like

  6. Terugklingel: Broodina, jaaaaa jong! – toortsie.com

Lewer kommentaar op Toortsie Kanselleer antwoord