Wat is dit met die mans

Daar is iets wat vir my al meer verdag voorkom, en wil graag hoor of julle dieselfde ondervinding het.

Dit is nou al ‘n tydjie wat ek “Friend Requests,” van mans op Fb kry. Volgens my kan net vriende my Fb blad sien… so waar kom hierdie mans – veral van Amerika – aan my naam. Dis almal middeljarige mans, en soos dit vir my lyk enkellopend. Die een sê hy is die enkellopende pa van ‘n engel… bedoelende natuurlik sy kind. Gaan kyk jy na hulle profiele word jy niks wyser nie. Geen vriende, geen inligting, gewoonlik net sowat vier fotos van die persoon self waar hy ski, of saam met sy seun staan ens.

Ek “dismiss” natuurlik die versoeke maar nuwes bly kom. Enige voorstelle wat om te doen…. of sal ek hulle na julle toe verwys. (Net ‘n grappie.)

Advertisements

15 gedagtes oor “Wat is dit met die mans

      1. Kameel

        😁😁😁 Jammer jy is nie op Fb nie; sou Camilla gevra het om jou ‘n “Friend Request” te stuur sodat jy kan voel hoe dit voel.

        Like

  1. Het jy al opgelet hulle is almal engineers by groot maatskappye? Blêrrie nuisance. Jou facebook settings is heelwaarskynlik gestel dat “everyone” vir jou ‘n vriendskapsversoek kan stuur. Jy kan dit verander onder Settings > Privacy maar jou enigste ander keuse is “friends of friends” en dit is ook maar ‘n wye keuse.

    Liked by 1 person

  2. Ek het n rukkie terug ook gereeld sulke “kragpatsers”(Dis wat my ma sou sê) gekry. Ek kanselleer hul request en spam hul ook sommer sodat hul nie weer kan terug kom nie. Stem saam dat hul net n foto of twee plaas met niks verder nie. Op n ander noot, ek het laaste tyd n klom blog volgers gekry wat kosmakers of skoonheidsdeskundiges is. Dis die minste waarin ek belangstel en daar is niks in daardie lyn op my blog nie. Hoekom volg hul my? Jy moet maar daardie kansvatters net delete in in jou asblik gooi.

    Liked by 2 people

    1. Kameel

      Sou graag die mans self in die asdrom gooi 😁😁😁😁 Dink jy die kosmakers en skoonheidsdeskundiges probeer vir jou iets sê? Ag, hier gaan ek al weer met my gekskeerdery…. sorry. Nou hoe kan jy hulle van jou spoor afkry…. spam?

      Liked by 1 person

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s