Magriet versus Magrieta – Die Vreemdeling

Lê-jou-eier – Skryf Safari: Bondelsgedagtes, skryf die storie klaar

images (3)Magrieta het ‘n wesenlike probleem. Die vraag is nie wat die probleem is nie maar hoe dit gaan eindig!

Om die storie te verduidelik, moet ek eers die ” set up” verduidelik. Sy bly op ‘n plaas met twee woonhuise. Sy self bly in ‘n pragtige woonstel wat aan die een huis vasgebou is. Alhoewel die woonstel piepklein is, is dit pragtig en pas perfek by haar persoonlikheid en die seisoen in haar lewe. Sy is gelukkig en tevrede. Daar is niks in haar kleine huisie wat haar ontstel of pla nie. Daarvoor sorg sy en hou alle onnodige spanning en komplikasies uit die veilige hawe wat sy vir haarself geskep het. Indien sy geselskap nodig het, is dit binne bereikbare afstand. Andersins is sy heerlik privaat en op haar eie. Maar wag, hoor ek “Jaws”se doem doem doem doem….. in die verte? Of nee wag, eder ‘n gepiep piep piep, of wag ‘n miaaauuuuu?!?

Dis reg, ‘n rot. Nie ‘n muis nie, ‘n ROT! Genadelik is die eienares van die plot gaaf genoeg om ‘n kat vir haar te leen as teenvoeter. Dis haar beste muisvanger en sy bring dit sonder verwyl oor. Kat het egter die hele doel van die oefening gemis.

Magrieta is nie groot gemaak as diere liefhebber nie en veral nie van katte nie (Diereplesiere). Daar het egter al twee diere vir Magrieta die loef afgesteek. Alhoewel Magrieta nie net wil misbruik maak van die kat nie, wil sy eintlik maar haar afstand handhaaf. Net vir ingeval. Kat het egter haar eie prentjie en volg haar eie kat natuur. Sy is onder die wan indruk dat Magrieta spesiaal vir haar wat Kat is, se plesier daar. Kat dring haarself met mening op aan Magrieta. Waag Magrieta om te loop, is Kat daar. Tree vir tree, soveel so dat sy kort kort oor Kat struikel. Dis ‘n gepurrr en geskuur en getrap en wie weet wat mens al die manewales moet noem. Purrr jouself sê sy maar Magrieta se hart wil wil vermurwe. Waar sy op haar bed sit, laat sak sy kort kort haar hand en vryf Kat se kop. Kat is in die sewende hemel en trek Magrieta se hand nader met haar poot wanneer Magrieta ophou vryf. Daar is ‘n lastige gevoelentheid wat krap krap aan Magrieta se hart. Dit lyk egter of die kat oefening gewerk het omdat rot nie weer sy astrante opwagting gemaak het nie. Hopelik verkeer rot onder die wanindrukdat Kat ingetrek het, soos in permanent. Behoede my!!

Magrieta is baie bly. Met rot uit die pad, kan Kat ook verkas. Vir sy alewige gekerm en geskuurdery sien Magrieta ook net nie kans nie. Sy voeg ook dus daad by die woord en vat Kat terug na die Hoofhuis toe net die volgende oggend. “Terloops, wat is Kat se naam?”, vra Magrieta. “Magriet”, antwoord die eienares. Magrieta se oë rek so bietjie. Sy groet en loop net om te sien Magriet volg haar. Magrieta gaan staan stil en verduidelik vir Magriet dat sy moet bly. Magriet se kyk spreek boekdele. Iewers hoor Magrieta die klanke van “maaaaaaar die kat kom weer want …” en sy gee ‘n lang mismoedige sug.

Vroeg die volgende oggend (nog donker), terwyl Magrieta bietjie koester tyd met Abba geniet hoor sy ‘n baie onwelkome geluid. Eers probeer sy dit ignoreer maar dit word net dringender en sy spits haar ore. Jip, dit Magriet, die Kat. Miskien as ek stil sit en lank genoeg wag, gaan sy weg….

Magrieta se mercy hart kom in die pad en sy struikel. Dis koud buite sê haar hart, siestog arme Magriet (nogal soort van naam genoot). Maar ek bid en kat gaan pla, probeer Magrieta haarself verweer. Die geveg binne Magrieta is groot. Alle snoesige koesterende vrede het soos mis in die son verdwyn. Magrieta het nie komplikasies soos Katte in haar lewe nodig nie. Dis katkos en aandag en kathare orals en ‘n Pasela papegaai wat buite op sy hok sit wat toutrek met ‘n mercy hart. Magrieta probeer haar hart verhard en sê neeeeeeeee……..

Verbeel sy haar of is daar ‘n ligte klop aan haar voordeur. Magrieta stap voordeur toe en maak die deur versigtig oop. Haar oë rek toe sy die swartgeklede meisie, met haar blinkswart hare en geelgroen oë voor haar sien staan. “Hello,” groet die vreemdeling vriendelik, skuur by Magrieta verby en vlei haarself op die rusbank neer.

Magrieta staar asof versteend na die vreemdeling, maar voordat sy ‘n woord kan uiter vra die vreemdeling in ‘n fluweelsagte stem of Magrieta nie vir haar ‘n glas volroom melk het om te drink nie. Gedweë draai Magrieta om en stap kombuis toe. Terug in die sitkamer rek haar oë vir die tweede keer daardie oggend. Die vreemdeling sit met Pasella op haar vinger en vryf met haar ander hand oor sy kop. Dit is heel duidelik dat Pasella wat ‘n kanniedood aan vreemdelinge het, die aandag terdeë geniet. “Dis ‘n mannetjie hierdie,” lag die meisie “hy is soos klei in my hande. Kan hy gesels…. of nies hy net soos Baron Von Abrie s’n?” Sy hou haar hand uit vir die melk, laat Pasella daaraan proe, en sluk dan die res met lang teue weg. Met die agterkant van haar hand vee sy haar mond skoon, en sit die leë glas op die tafeltjie langs haar neer. Met grasieuse.bewegings rek sy haarself behaaglik op die bank uit. “Hierdie sonnetjie is heerlik,” sê sy, “n slapie sal nou lekker wees.”

Magrieta kry meteens lewe. “NEE… wie is jy en wat soek jy in my huis?” Aan haar stemtoon is dit duidelik dat sy gereed is om die vreemdeling aan haar blinkswart hare die huis uit te smyt. Die vreemdeling gee ‘n lui-lekker laggie; met haar een hand tik sy liggies op die bank langs haar. “Kom sit hier langs my dan vertel ek jou.” Daar is iets hipnotiserend aan.die sagte stem, maar Magrieta staan haar grond. “Wie is jy?” eis sy. “My liewe moeder sou nou al my name en dié van ons voorgeslagte met trots vir jou hier uitgelê het, want sien ek is van adelike afkoms…. maar een naam is vir my genoeg.” Sy hou haar hand na Magrieta toe uit, “Margaretha, tot U diens, of noem my sommer Magriet.”

Magrieta laat sak haar kop in haar hande. “Nie nog een nie,” kreun sy hardop. Magriet gee ‘n sagte laggie, “Kom sit hier by my,” en weer tik sy op die sitplek langs haar. Magrieta sak gedweë op die leë sitplek neer, en laat toe dat Magriet haar hand in hare neem. “Onthou jy die wilde katte in die stoor op jou oupa se plaas?” vra Magriet in haar sagte stem. Magrieta skud haar kop… hoe goed onthou sy nie die klomp katte wat sy pierings melk voor moes uitsit, maar nie mag bevriend het nie. “Hulle is wild, en daar om rotte te vang… nie vir troeteldiere nie,” het haar oupa gemaan. Sy konnie wegbly nie; sy het gedurig deur die stoorkamer se venster gekyk en gewens sy kon een van die katjies huistoe vat om te versorg en lief te hê. “Jy het later jou hart toegesluit Magrieta, maar jy kan hom weer oopsluit,” onderbreek Magriet, Magrieta se gedagtegang.

Magrieta maak haar oë oop. Sy kniel nogsteeds by die bank waar sy haar stilteyd gehou het. Sy moes aan die slaap geraak het. Deur die newels kyk sy na die rusbank waarop die son nou heerlik skyn. Sy glimlag skeef; Wat het sy verwag… om Magriet die meisie in haar swart klere en fluweelagtige stem daar te sien sit? ‘n Diep eensaamheid neem van haar besit. Dan hoor sy die nou oorbekende miaau by die voordeur, en sonder verdere huiwering staan Magrieta op, stap voordeur toe en draai die sleutel in die slot om Magriet in te laat.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=785036

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Advertisements

30 gedagtes oor “Magriet versus Magrieta – Die Vreemdeling

      1. As dit jou enigsens sal troos…daar is ‘n miswolk hier oor ons. Ek sien skaars die branders en dis vrek koud! Dis nou een ding van Swakopmund. My was goed was netnou nog in lieflike son, toe moet ek hardloop en alles inbring, want die mis kom sommer van nêrens af en maak alles nat! Ek kla nie hoor…ek geniet dit.Wil net hê jy moenie sleg voel nie.😉

        Liked by 2 people

      2. Kameel

        Dit sal darem kleinlik van my wees as ek jou nie eers jou see gun nie. Gedog dis nog warm in daardie wêreld… geniet jou see en uitsig 😊 en blogs!!!

        Liked by 1 person

  1. Dit het tyd gevat om jou storie behoorlik te lees. Terwyl ek lees hoes ek eers so BAIE seer lyf hoesse. My ribbekas kannie meer nie. Jou storie is te mooi en jy gee die swarthaar groenoog nooi toe my ten volle reggespelde naam.Ek is bly die “gesig” wat Magrieta gesien het het haar hart sag gemaak sodat sy tog maar die kat laat inkom het. Die sonnetjie klink soos n heerlike plek vir die tweetjies om te sit.

    Liked by 1 person

    1. Kameel

      Ag Scrapy ek dog jy is nou al beter!!! Ek sê sommer “eina” vir daardie seer borskas. Waar kom die Ineke vandaan…. of is daar twee van jou? Gesond word!!!

      Like

      1. Dit kom van my ander naam. G M Kruger! My ou “skelm” hoof het my altyd General Motors genoem As hy aandag gesoek het( kry sommer lag vir die stuitige ou man.) Ineke is verkleinwoord(naam) van Ina(as mens groot is) Ongelukkig het ek nooit “groot” geword nie ha ha. Nog steeds Ineke op my ouderdom!

        Liked by 1 person

      2. Kameel

        So, ek kan jou nou Scrapy, Ina, Ineke, Margaretha of General Motors noem. Daardie katmeisie het mos gesê sy het baie name 😀😀😀😀😀

        Like

Gesels met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s